Thesis (PhD (Conservation Ecology and Entomology))--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: Shifts in species ranges are an important consequence of climate change, and
can affect the composition, structure and functioning of ecosystems. Generally, in
response to rising temperatures, species have increased their altitudinal and latitudinal
distributions along their cooler boundaries, although there has been large variation
between species. However, in addition to climatic factors, species range limits are also
sensitive to biotic interactions. Therefore, interspecific interactions may be able to
influence the impact of climate change on species distributions. In this thesis climate
change, range shifts and spatial variation in plant-plant interactions are documented to
examine the potential for biotic interactions to mediate climate-driven altitudinal
range shifts on sub-Antarctic Marion Island.
The climate on Marion Island changed considerably between 1949 and 2003,
with significant trends in biologically-relevant parameters encompassing average
climatic conditions, variability in climate parameters and extreme weather events.
Combining these trends showed that while environmental conditions have ameliorated
for some species, they have become more abiotically stressful for others (e.g.
hygrophilous species). Concurrent with changes in the island’s climate, there have
been rapid changes in the elevational distribution of Marion Island’s native vascular
flora. On average species ranges expanded upslope (as predicted in response to the
warming experienced on the island), although individual range expansion rates varied
greatly. As a result of the idiosyncratic expansion rates, altitudinal patterns of species
richness and community composition changed considerably. Therefore, both speciesand
community-level changes occurred in the flora of Marion Island, demonstrating
the community’s sensitivity to climate change.
To determine the potential for interspecific interactions to have mediated these
changes in species elevational ranges, spatial variation in the balance of positive and
negative plant-plant interactions were examined. Increasing spatial association
between four dominant species along an altitudinal severity gradient suggested that
the intensity of facilitation, relative to the intensity of competition, is greater under
more severe conditions. While, interaction strength varied between species pairs, the
nature of relationship was consistent across the species. At a broader spatial scale, the
performance of the grass Agrostis magellanica was compared in the presence and in the absence of the cushion plant Azorella selago along the entire altitudinal range of
both species. The influence of the cushion plant on A. magellanica switched from
negative to positive with increasing environmental severity, reaching a positive
asymptote under extreme environmental conditions. Therefore, on Marion Island the
spatial variation in the nature of biotic interactions is related to environmental
severity, and facilitative interactions can be strong under extreme environmental
conditions.
These results show that positive biotic interactions are important at higher
elevations on Marion Island, and could thus accelerate upslope range expansions in
response to climate change. Nonetheless, competitive inhibition of upslope species
movement, especially in areas of dense vegetation (i.e. mid or low altitudes), could
have the opposite result, acting antagonistically with the effect of rising temperatures.
This research highlights the importance of considering interspecific interactions when
examining the biotic implications of climate change, both for affecting the rate at which species ranges change and the extent of species distributions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die verskuiwing van spesies se verspreidingspatrone is ‘n belangrike gevolg
van klimaatsverandering en kan die samestelling, struktuur en funksionering van
ekosisteme affekteer. Oor die algemeen, in reaksie op verwarming, kom spesies op
hoër hoogtes bo seespieël en hoër breedtegrade voor, alhoewel daar groot verskille
tussen spesies in hierdie aspek is. Behalwe vir klimatologiese faktore, is spesies se
verspreidingslimiete ook sensitief vir biotiese interaksies met ander spesies. Daarom
kan interaksies tussen spesies die effek van klimaatsverandering op spesiesverspreiding
verder beïnvloed. In hierdie verhandeling word klimaatsverandering,
verandering in verspreiding van spesies en geografiese variasie in plant-plant
interaksies ondersoek. Dit word gedoen ten einde die moontlikheid te toets dat
biotiese interaksies die verandering in verspreidingspatrone van klimaat gedrewe
spesies op sub-Antarktiese Marion Eiland beïnvloed.
Marion Eiland se klimaat het aansienlik tussen 1949 en 2003 verander, met
betekenisvolle neigings in biologies-relevante parameters, insluitend gemiddelde
klimaatstoestande, variasie in klimaat en uiterste weerstoestande. As die veranderinge
saam beskou word, wys dit dat, terwyl omgewingstoestande vir sommige spesies
verbeter het, toestande vir ander spesies abioties meer ongunstig geword het (bv.
akwatiese plantsoorte). Tesame met die veranderinge in die eiland se klimaat, het die
hoogte bo seespieël verspreiding van Marion Eiland se inheemse vaatplante vinnig
verander. Gemiddeld het spesies-verspreiding se hoogte bo seespieël na hoër hoogtes
verskuif (soos voorspel in reaksie op verwarming), alhoewel die tempo van
verskuiwing na hoër hoogtes tussen spesies verskil het. As gevolg van hierdie
idiosinkratiese reaksies, het die aantal en samestelling van plant spesies op
verskillende hoogtes op die eiland aansienlik verander. Die sensitiwiteit van Marion
Eiland se flora ten opsigte van klimaatsverandering word deur hierdie verandering
gedemonstreer.
Om te bepaal of die interaksies tussen spesies verspreidingspatrone kan
beïnvloed, is die geografiese variasie in die balans van positiewe en negatiewe
interaksies ondersoek. Vier dominante vaatplante het meer geassosieerd geraak hoe
hoër hulle bo seespieël voorgekom het. Dit is ‘n aanduiding dat die sterkte van die positiewe interaksies (fasilitering), relatief tot die sterkte van die negatiewe reaksie
(kompetisie), groter onder uiterste omgewingstoestande is. Die sterkte van die
interaksie het verskil tussen spesies pare, maar die verhouding tussen
omgewingstoestande en die sterkte van die interaksie was dieselfde vir alle spesies.
Op ‘n breër geografiese vlak is die opbrengs van die gras Agrostis magellanica in die
teenwoordigheid en afwesigheid van die polsterplant Azorella selago op alle hoogtes
waar die plante saam voorkom vergelyk. Die invloed van A. selago op A. magellanica
was negatief op lae hoogtes bo seespieël, maar het meer positief geraak met ‘n
toename in hoogte bo seespieël, tesame met omgewingshardheid. Die invloed van die
polsterplant op die gras het ‘n positiewe asimptoot onder uiterste omgewingstoestande
bereik. Dus, op Marion Eiland is die geografiese variasie in biotiese interaksies
verwant aan omgewingstoestande, en positiewe interaksies kan selfs onder die uiterste
omgewingstoestande sterk wees.
Hierdie resultate wys dat positiewe biotiese interaksies tussen plante belangrik
is by hoër hoogtes bo seespieël op Marion Eiland. Die interaksies kan dus die
opwaartse verspreiding van spesies in reaksie op klimaatsverandering versnel.
Nogtans kan negatiewe interaksies die teenoorgestelde effek hê aangesien kompetisie
tussen plante, veral in plekke met digte plantegroei (d.w.s. lae of middel hoogtes bo
seespieël) opwaartse verskuiwing van spesies kan verhinder. Hierdie navorsing dui
aan hoe belangrik dit is om interaksies tussen spesies in ag te neem, aangesien die
interaksies die tempo en omvang van veranderinge in verspreiding kan beïnvloed.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/3186 |
Date | 12 1900 |
Creators | Le Roux, Peter Christiaan |
Contributors | McGeoch, Melodie A., Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Conservation Ecology and Entomology. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | English |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0032 seconds