Return to search

Alice se avonture in Afrikaans : 'n vertaalteoretiese beskouing van geskiktheid, aanvaarbaarheid en gepastheid

Thesis (MPhil (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Lewis Carroll’s classic children’s tale Alice’s Adventures in Wonderland, as well as
its sequel, Through the Looking-Glass and What Alice Found There, have the
reputation of being the most quoted and translated texts of all time, after the Bible
and Shakespeare. The status of the Alice books as timeless classics is confirmed by
the numerous translations and adaptations of the texts that have already been made
and is still being made. In this study, a descriptive investigation of André P. Brink’s
Afrikaans translation of Carroll’s classic children’s books is undertaken in order to
investigate whether the translation is still suitable for Afrikaans readers today. Brink’s
Afrikaans translation of Alice’s Adventures in Wonderland was published in 1965,
and his translation of Through the Looking-Glass and What Alice Found There in
1968.
Firstly, an overview of the most important theoretical contributions to translation
studies since the nineteen-eighties is given to provide a foundation for the
investigation and description of translations. Relevant terminology, such as
adequacy and acceptability, will be explained. Emphasis will especially be placed on
the interaction between the theoretical contributions, which will serve as a basis for
the conclusion drawn regarding the suitability of the translation. The conclusion will
be based on an application where the translation will be investigated.
The translation is studied from a theoretical point of view on macrostructural as well
as microstructural level. In the macrostructural analysis, references to the title, cover
pages, illustrations, chapter titles, and the (in)visibility of the translator will be made.
The microstructural analysis comprises an investigation of how Brink dealt with
translation problems that arose during the particular translation. As a result of the
investigation of the translation, conclusions can be drawn regarding the suitability of
the translation for current readers. A recommendation on the possibility of a
retranslation is also offered. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Lewis Carroll se klassieke kinderverhaal Alice’s Adventures in Wonderland en die
opvolg Through the Looking-Glass and What Alice Found There, het die reputasie as
die tekste wat, naas die Bybel en Shakespeare, die meeste aangehaal word en
vertaal word van alle tekste. Die status van die Alice-verhale as tydlose, klassieke
verhale word bevestig deur die verskeie vertalings en verwerkings daarvan wat
reeds gedoen is en steeds onderneem word. In hierdie studie word ’n beskrywende
ondersoek van André P. Brink se Afrikaanse vertaling van Carroll se verhale
onderneem om vas te stel of die vertalings vir huidige lesers steeds gepas is. Brink
se Afrikaanse vertaling van Alice’s Adventures in Wonderland is reeds in 1965
gepubliseer en die vertaling van Through the Looking-Glass and What Alice Found
There in 1968.
’n Oorsig oor die vernaamste vertaalteoretiese bydraes sedert die tagtigerjare word
eerstens gebied as gronding vir die bestudering en beskrywing van vertalings.
Relevante terminologie, waaronder geskiktheid en aanvaarbaarheid, kom ook aan
bod. Daar word veral klem gelê op die interaksie tussen die teoretiese bydraes, wat
gesamentlik dien as ’n grondslag vir die gevolgtrekking wat gemaak word oor die
gepastheid van die vertaling. Die oordeel oor die gepastheid, al dan nie, van die
vertaling word gegrond op ’n toepassing waar die vertaling bestudeer word.
Die vertaling word vanuit ’n vertaalteoretiese oogpunt op makro- sowel as mikrovlak
bestudeer. Op makrovlak word daar onder andere verwys na die titel, voorblaaie,
illustrasies, hoofstuktitels en die (on)sigbaarheid van die vertaler. Die bestudering
van die vertaling op mikrovlak behels ’n ondersoek na Brink se hantering van
vertaalprobleme wat in die betrokke vertaalsituasie ontstaan. Na aanleiding van die
bestudering van die vertaling kan daar afleidings gemaak word oor die gepastheid
daarvan vir huidige lesers en word ’n aanbeveling gemaak oor die moontlikheid van
’n hervertaling.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4307
Date03 1900
CreatorsDe Roubaix, Lelanie
ContributorsFeinauer, A. E., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatviii, 196 p. : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0022 seconds