Return to search

Huweliksvoorbereiding : 'n teologiese praktykteorie

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Hierdie proefskrif het ontstaan uit die behoefte aan 'n bruikbare huweliksvoorbereidingsprograrn wat
op 'n teologiese praktykteorie gebaseer is.
Die proefskrif word in die praktiese teologie gedoen waar die interaksie tussen teorie en praktyk met
verwysing na die huwelik bestudeer is. Hieruit is 'n teologiese praktykteorie vir huweliksvoorbereiding
opgestel.
In die definiering van 'n program vir huweliksvoorbereiding moet die vraag gevra word waarvoor die
paartjie voorberei moet word. 'n Ander wyse om die vraag te stel, is bloot dit: Wat is 'n huwelik? Die
probleem is dat daar nie huweliksvoorbereidingsprogramme bestaan met 'n teologiese basis wat gebruik
kan word in die voorbereiding van paartjies vir hul huwelik nie. Daar is heelwat programme wat met
verskillende vraelyste en formules byvoorbeeld kommunikasie kan verbeter; maar daar is nie programme wat geformuleer is vanuit 'n teologie van die huwelik nie. 'n Definisie vir die huwelik is saamgestel uit die beoordeling van bestaande definisies en die analisering
van huweliksmodelle en -vorms. Daarna is 'n definisie vir huweliksvoorbereiding geformuleer. Hierdie
definisie is saamgestel uit 'n literatuurstudie en evaluering van bestaande definisies en omskrywings en
'n beoordeling van die geskiedenis van huweliksvoorbereiding in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Die definisie vir huweliksvoorbereiding word in hoofstukke 4 en 5 verduidelik en in hoofstuk 6 word
'n teologiese praktykteorie geformuleer. In hoofstuk 7 word praktiese riglyne vir die implementering van
die program gegee.
In die definisie word die noodsaaklikheid van interaktiewe kommunikasie tussen pastor en paartjie
verduidelik en die betrokkenheid van die pastor, die gemeente en die kerk by die aanbieding van huweliksvoorbereidingsprograrnme word beklemtoon.
Verder plaas die definisie die huwelik binne vier teologiese konsepte, naamlik roeping (die paartjie
moet geroepe wees om die ouerhuis te verlaat om in die huweliksverhouding bevestig te word);
verbond (die begin van 'n nuwe verhouding); sakrament (die huwelik wat as kerk in die kleine moet
funksioneer); en liefdesgemeenskap (die stimulering van die inherente groeipotensiaal van die paartjie). / This thesis originated from the need for a pragmatic pre-marital counselling program based on
a theological theory of practice.
The research was done in practical theology where the interaction between theological theory
and praxis with regard to marital life was studied. Out of this work a theological theory of practice for pre-marital counselling and enrichment was formulated.
In defining a program for pre-marital counselling the question is "What to prepare the couple
for?'' In other words, the question "What is a marriage?" arises. The problem is that no premarital
counselling program based on a sound theological theory of practice (theology of
marriage) currently exists that can be used as a program to prepare couples for their marriage. A definition of marriage was compiled from existing definitions and formulations which were
analyzed and evaluated in terms of models and forms of marriage. Thereafter a defintion for
pre-marital counseling was developed. This defintion was compiled from a study of literature;
an evaluating of existing definitions and formulations; and the history of pre-marital
counselling in the Dutch Reformed Church.
This definition is explained in chapter 4 and 5 in chapter 6 a theological theory of practice is
formulated. In chapter 7 a program is presented with practical guidelines for implementation.
In the definition the necessity of interaction between pastor and couple is explained as well as
the need for the pastor, congregation and the church to participate in adininistering counselling
programs.
Finally, the definition places marriage in four theological concepts namely, vocation (the
calling to leave home and enter a marrital relationship); covenant (commencing a new
relationship); sacrament (the marriage as church personified); and community (stimulating the
growth potential of the couple). / Philosophy, Practical and Systematic Theology / Th. D. (Praktiese Teologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15823
Date11 1900
CreatorsPretorius, Willem Abraham
ContributorsDe Jongh van Arkel, Jan
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvi, 238 leaves)

Page generated in 0.0018 seconds