Return to search

Diens as kommunikasievoertuig van die evangelie in 'n post-apartheid samelewing

Text in Afrikaans / Apartheid is verby. Die nuwe Suid-Afrika het gekom. Maar met die koms van die nuwe Suid-Afrika het die oue nie verdwyn nie. Die oue van die apartheidsverlede is nog met ons. Ons is die erfgename van apartheid en dra die letsels van apartheid nog saam met ons. Armoede, werkloosheid, behuisingsnood en geweld en misdaad is deel van die post-apartheid samelewing en kan nie weggewens word nie. Die kerk is geroep om die evangelie in die samelewing aan alle mense te kommunikeer. In hierdie kommunikasie moet die evangelie in 'n post-apartheid samelewing gesien en ervaar kan word in dade van diens. Daarom staan dade van diens in hierdie studie sentraal. Hierdie studie handel dus oor die diens van gelowiges wat 'n kommunikasievoertuig is van die
evangelie in 'n post-apartheid samelewing. Vanuit die nood en behoeftes van mense in die post-apartheid samelewing is twee dade van diens geidentifiseer wat sentraal staan in die kommunikasie van die evangelie. Dit is
bemagtiging en versoening. Omdat 'n groot dee! van die samelewing in die verlede geen mag op ekonomiese en politieke terreine gehad het nie, is dade van diens wat mense bemagtig noodsaaklik. In hierdie bemagtiging speel ekonomiese-, sosiale- en psigologiese bemagtiging 'n groot rol. En omdat mense deur die verlede van apartheid op grond van velkleur van mekaar geskei en geisoleer is, vra dit dat mense met mekaar versoen word. In die proses om versoening tussen mense te bewerkstellig speel verantwoordelikheid, erkenning van apartheidskuld, restitusie, regstellende aksie, die luister na mense se stories en vergifnis 'n baie belangrike rol. Vanuit 'n geloofsperspektief is die <liens van die gelowige in 'n post-apartheid samelewing in verband gebring met Jesus Christus se di ens wat Hy as voorbeeld voorgehou het vir al sy navolgers. Omdat gelowiges navolgers is van Christus is alle gelowiges die subjekte van diens aan mense in die samelewing. Vir hierdie diens in die samelewing word die gelowige in die geloofsgemeenskap (of gemeente) deur gemeenskap (koinonia) opgebou en deur die geestelike leiers toegerus om diensbaar aan mense in die samelewing te wees. / Apartheid is a thing of the past. The new South Africa has dawned. But that does not mean that the "old" South Africa has disappeared. The "old" South Africa is still present. We are the inheritors of apartheid and have to live with the scars of apartheid. Poverty, joblessness, a shortage of housing and violence and crime are an integral part of the post-apartheid society and cannot be wished away. The church is called upon to communicate the gospel to all people in society. In a post-apartheid society it is important that in this process of communication, the gospel is seen and experienced in deeds of service. Deeds of service are thus central in this study. This study
entails service of believers as communication vehicles of the gospel in a post-apartheid society. Derived from the needs of people in the post-apartheid society two deeds of service are identified which are essential in the communication of the gospel. These are empowerment and reconciliation. A large part of the society previously had no power on the economical and political fronts - therefore deeds of service that cultivate empowerment are essential. In this process economic, social and psychological empowerment plays an important role. And
because people were separated and isolated on the ground of skin colour, people need to be reconciliated. In the process of establishing reconciliation among people, it has to be recognised that responsibility, confession of guilt, restitution, affirmative action, listening to people's stories and forgiveness have an important role. From a Christian perspective the service of the believer in a post-apartheid society is orientated to the service of Jesus Christ. His service serves as an example to all his followers. Because believers are followers of Christ, they are all his instruments of service. For this service believers are edified in their local churches by community (koinonia) and equipped by the spiritual leaders to be of service to people in the society. / Philosophy, Practical & Systematic Theology / D. Th. (Praktiese Teologie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17141
Date06 1900
CreatorsKruger, Johannes Stephanus
ContributorsHeyns, L. M. (Louis Michiel), 1934-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xiii, 276 leaves)

Page generated in 0.0019 seconds