Return to search

Die rol van die Franse ministeriele cabinet : 'n vertolking

Text in Afrikaans / In die politieke en administratiewe stelsel van Frankryk bestaan die ministeriele
cabinet as 'n instelling eiesoortig aan Frankryk, met die doel om ministers
individueel in stoat te stel om die politieke wil van die regering ten uitvoer te
bring. Die gesag van die cabinets is kontroversieel en word enersyds geprys en
andersyds gekritiseer.
Die Franse ministeriele cabinet neem die plek in van 'n permanente
departementshoof. en bestaan uit 'n groep persoonlike personeel wot aan
elke minister verbonde is. Sy funksie is om horn te ondersteun en te adviseer
sodat hy 'n ingeligte oordeel kan fel voordat hy besluite neem, en ook om te
verseker dot sy beleid geformuleer, verduidelik en uitgevoer word.
Die ministeriele cabinet was oorspronklik 'n politieke instelling wot in die
algemeen uit politieke bondgenote van die minister bestaan het. In die Vyfde
Republiek het dit egter ontwikkel tot 'n formele instelling. Dit het 'n
onontbeerlike rol begin speel om die skakeling van die politieke stelsel met die
administratiewe stelsel te bewerkstellig en ko6rdinering te verseker.
Net soos die ministers, funksioneer die cabinets op daardie kruispunte waar
verskeie politieke en administratiewe instellings met mekaar skakel. Hulle vervul
gevolglik 'n sleutelrol om skakeling te fasiliteer en samewerking te bewerkstellig.
Ministeriele cabinets verbind dus die politieke partye, die Parlement,
belangegroepe en drukgroepe met ministeries (staatsdepartemente) as
uiNoerende instellings.
In hierdie proefskrif word die funksionering van die cabinets ontleed en hulle
besondere rol in die Franse politieke en administratiewe stelsel vertolk.
Die skrywer het bevind dot, waar cabinets effektief funksioneer, hulle
doelmatige en doeltreffende meganismes is om die verhouding tussen die
politieke en administratiewe stelsel in die bree te versterk tot voordeel van goele
regering. Cabinets wot egter nie effektief funksioneer nie, lei tot 'n verswakking
in die verhoudinge in en tussen ministeries met nadelige gevolge vir die regering.
Voorts is bevind dot die cabinets 'n belangrike rol vervul om die kloof tussen die
minister en die amptenare in sy ministerie te oorbrug. 'n Cabinet kan dus 'n
minister se loopbaan bevorder of benadeel. / The French political and administrative system includes the ministerial cabinet,
a uniquely French institution that exists with the purpose of enabling individual
ministers to execute the political will of the government. The authority of the
cabinets is either praised or criticised.
The French ministerial cabinet substitutes for a permanent head of a
deportment, and consists of a group of personal staff serving each minister. Its
function is to support and advise him, in order to enable him to make informed
judgements before taking decisions, and also to ensure that his policy is
formulated. clarified and executed.
In its original form the ministerial cabinet was a political institution, generally
consisting of political allies of the minister. However. in the Fifth Republic it was
transformed into a formal institution. It acquired an indispensable role in
effecting liaison and co-ordination of the political system with the administrative
system.
The cabinets, like the ministers, function at the intersections of political and
administrative institutions. Thus they play a key role in facilitating liaison. Hence.
ministerial cabinets link the political parties, Parliament, interest groups and
pressure groups, with the ministries (state deportments) as executive institutions.
This thesis consists of an analysis of the functioning of cabinets, and interprets
their particular role in the French political and administrative system.
The author has found that where cabinets function as efficient and effective
mechanisms, they strengthen the relationship of the political and administrative
systems in general to the advantage of good governance. Ineffective cabinets,
however. impair the relations within and among ministries to the disadvantage
of the government. It has also been established that cabinets play an
important role in bridging the gap between the minister and the officials in his
ministry. A cabinet can thus improve or damage a minister's career. / Public Administration and Management / D. Litt. et Phil. (Publieke Administrasie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18023
Date06 1900
CreatorsAuriacombe, Christelle Jeanette
ContributorsFourie, Deon Francois Schonland
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xix, 389 leaves)

Page generated in 0.0026 seconds