Return to search

Terapie met kinders volgens die inkkladmetode : 'n sielkundig-opvoedkundige benadering

Text in Afrikaans / Deur hierdie ondersoek is gepoog om aan te toon dat die inkkladmetode
as uitvloeisel van die Rorschach, as projeksietegniek,
gebruik kan word vir diagnose en terapie.
Proj~ksie is 'n belangrike aspek in kinderterapie. Herhaalde
gebruik van projeksietegnieke verminder die effektiwiteit
daarvan. In haar werk met kinders van verskillende kulture, is
gevind dat bulle instaat is om projeksies vanuit inkkladde te
maak. Dit het aanleiding gegee tot huidige navorsing.
Dit word aanvaar dat deur die gebruik van die inkkladmetode:
* inligting wat versamel is deur ander projeksietegnieke, en
wat moontlik verlore gegaan het, weer versamel kan word;
* inligting aangaande psigiese struktuur van die kind vir
diagnose en terapie versamel kan word.
Bevindings word geverifieer deur die gebruik van bestaande
projeksietegnieke. Twintig leerlinge is gebruik tydens die
navorsing. Twee idiografiese studies en eksemplariese snitte
is ingesluit.
Dit is bevind dat die inkkladmetode as bykomende projeksietegniek
effektief in kinderterapie en diagnose gebruik kan
word. / This research is aimed at showing that the inkblot method with
reference to the Rorschach method - as projective technique, can
be applied for diagnosis and therapy.
Projection is important in child therapy. Repetative use of
projective techniques prejudices the effectivity thereof. In her
work with children of different cultures, the researcher found
that they were inclined to do projections from their inkblots.
This resulted in the present research.
Through the use of the inkblot method;
* information which was gathered through the use of other
projective techniques, and possibly lost, can be gained;
* information regarding the psychological structure of the
child for diagnosis and therapy, can be gathered.
These findings were verified by means of including existing
projective techniques. Twenty pupils were involved in two
idiographic studies and illustrative examples.
It was found that the inkblot method as additional projective
technique can be used effectively in child therapy and diagnosis. / Psychology of Education / M. Ed. (Spesialisering in Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16106
Date06 1900
CreatorsSteenkamp, Susanna Magdalena Petra
ContributorsGriesel, Marthinus Jacobus, 1940-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xi, 160 leaves)

Page generated in 0.0024 seconds