Return to search

Die evaluering van die rektoraatsomsendskrywes as kommunikasiekanaal aan die Universiteit van Suid Afrika

Text in Afrikaans / Die Rektoraatsomsendskrywe word binne die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa)
gebruik as mondstuk vir die Bestuur, maar ook terselfdertyd om inligting van
en/of oor Departemente, Afde lings en Institute aan ander Departement, Afde lings
en Institute oor te dra. Veral inligting betreffende personeelaangeleenthede,
departemente le aange l eenthede, gel eenthede aangebi ed deur 'n Departement,
verandering in diensvoorwaardes, die beleid van Unisa, die eksterne publieke
van Unisa en die verbetering van die algemene welstand van die personeel word
versprei.
Die vraag het ontstaan in welke mate hierdie kommunikasiekanaal effektief funksioneer.
Daar wil ook vasgestel word hoe belangrik die Rektoraatsomsendskrywes
as kommunikasiekanaal beskou word in die totale kommunikasiesisteem van Unisa.
1.3 PROBLEEMFORMULERING
Die doel van hierdie studie is om die Rektoraatsomsendskrywe as
kommunikasiekanaal binne Unisa te evalueer.
1.4 AANNAMES
Die volgende aannames ten opsigte van die huidige status van die Rektoraatsomsendskrywe
as kommunikasiekanaal aan Unisa gaan geverifieer en vergelyk word
met die riglyne soos wat dit onder punt 3 uiteengesit word.

Die Rektoraatsomsendskrywe word beskou as die belangrikste kommunikasiekanaal
waardeur die Bestuur vinnig met alle Personeel gelyktydig kan
kommunikeer.
Die Rektoraatsomsendskrywe funksioneer nie optimaal nie.
Personeel verkies Rektoraatsomsendskrywe in ten minste Afrikaans en Engels.
Die uitleg van die Rektoraatsomsendskrywe voldoen nie aan die behoeftes van
die personeel nie.

3
Te veel Rektoraatsomsendskrywe het gedurende 1995 verskyn, dit wil se
oorlading het voorgekom.
Die gedrukte formaat Rektoraatsomsendskrywe word verkies bo die
Rektoraatsomsendskrywe in elektroniese formaat.
Die verspreiding van sekere reekse Rektoraatsomsendskrywe aan sekere
teikengroepe het tot gevolg dat inligting wat van toepassing is op alle
personeel, slegs aan sekere groepe personeel gestuur word.
Daar is nie konsekwentheid in die tipe inligting wat aan die verskillende
teikengroepe gestuur word nie. / Communication Science / Unknown

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15599
Date01 1900
CreatorsNel, H. I.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
Format1 online resource (various leaves, 319 leaves : ill.)

Page generated in 0.0034 seconds