Return to search

Gebruikersperspektief in die Afrikaanse leksikografie

288 leaves single sided printed, preliminary pages and numbered pages 1-275. Includes bibliography. Digitized using a Bizhub 250 Scanner to pdf format (OCR). / Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 1999. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate the user perspective in Afrikaans
lexicography. Placing the user and his needs first, research was done to determine
the user-friendliness of Afrikaans dictionaries. In order to conduct such research
user target groups had to be identified. This was problematic, since until now,
almost no research on Afrikaans dictionary users had been done. An overview of
the research on the user perspective is given in the first chapter.
Since the teaching of dictionary use in schools forms a substantial part of the user
perspective, the present state was investigated. As a result the necessity of
teaching of dictionary use in schools has been emphasized and some improvements
in this regard have been suggested.
The following Afrikaans dictionaries were studied to determine their userfriendliness:
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) and
Verklarende Afrikaanse Woordeboek (VAW), Basiswoordeboek van Afrikaans (BA),
Reader's Digest Afrikaans-Engelse Woordeboek/English-Afrikaans Dictionarv (RD)
and Groot Tesourus van Afrikaans (GT). These dictionaries were investigated with
regard to their functions, textual segments and transfer of information. Some more
user-friendly models for dictionaries have been suggested.
The study is aimed at the metalexicographer, since it has been approached from a
theoretical point of view, but also at the practical lexicographer because practical
dictionary use has been investigated. Ultimately, it is hoped that this study will
contribute towards more user-friendly dictionaries that put the user first. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om die gebruikersperspektief in die Afrikaanse
leksikografie na te vors. In die studie word die gebruiker en sy behoeftes sentraal
gestel en daar word nagevors in watter mate Afrikaanse woordeboeke hul
gebruikers ter wille is. Vir so 'n studie moet gebruikersgroepe geidentifiseer word
en dit op sigself is problematies, aangesien daar feitlik geen navorsing oor
Afrikaanse woordeboekgebruikers tot op hede onderneem is nie. 'n Oorsig oor
navorsing oor die gebruikersperspektief in die Afrikaanse leksikografie word in die
eerste hoofstuk verskaf.
'n Wesenlike deel van die gebruikersperspektief is 'n studie van die stand van
woordeboekonderrig in Suid-Afrikaanse skole. Die noodsaaklikheid van
woordeboekonderrig in skole word beklemtoon en die huidige stand van sake word
ondersoek. Etlike voorstelle word gemaak om woordeboekonderrig in skole te
verbeter.
Die gebruikersvriendelikheid van verskeie Afrikaanse woordeboeke, te wete
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en Verklarende
Afrikaanse Woordeboek (VAW), Basiswoordeboek van Afrikaans (BA), Reader's
Digest Afrikaans-Engelse Woordeboek/English-Afrikaans Dictionary (RD),
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en Groot Tesourus van Afrikaans (GT)
word getoets aan die hand van hul funksies, tekstuele segmente en ontsluiting van
inligtingstipes. Verder word gebruikersvriendeliker modelle van woordeboeke
voorgestel.
Hierdie studie is gerig op die metaleksikograaf, aangesien dit vanuit 'n teoretiese
perspektief onderneem is, maar ook op die praktiese leksikograaf, aangesien die
praktiese gebruik van woordeboeke bestudeer is. Die oogmerk van die studie is om
'n bydrae te lewer tot die skep van meer gebruikersgerigte woordeboeke waarin die
gebruiker en sy behoeftes sentraal gestel word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4613
Date03 1900
CreatorsFouche-Van der Merwe, Michele
ContributorsGouws, R. H., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format275 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0111 seconds