Return to search

Poësie in 'n Grensland-situasie : verkenning van die ontwikkeling van 'n tema en 'n houding in die Afrikaanse digkuns

From Introduction. In hierdie studie word 'n poging aangewend om 'n sekere aspek van, en 'n sekere ontwikkeling binne die Afrikaanse Poesie toe te lig. Onder Afrikaanse Poësie verstaan ons enige digwerk in Afrikaans, sy dit epies, liries of dramaties. Omdat ons o.m. belangstel in 'n sekere ontwikkeling, is ons uiteraard op 'n chronologiese indeling aangewys. Verskeie faktore (geskiedenis, kwaliteit van digwerk of gebrek aan kwaliteit, ens.) het daartoe bygedra dat ons in die Afrikaanse Poësie vyf groot periodes het wat vrywel onbestrede aanvaar word: die tydperk van die Genootskappers (vóór 1900); die tydperk van die Driemanskap (tussen 1900 en 1920); die insinking van die twintigerjare (1920 tot 1934); die vernuwing van Dertig (1934 tot 1945); die jongste tydperk (tot 1962). Hierdie algemeen aanvaarde indeling dien ons doel. Dit is egter noodsaaklik om dit onomwonde te stel dat die geesteshouding van die digter, soos ons dit uit die gedig leer ken, van groter belang is by ons studie as die ontstaansdatum van die gedig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3638
Date January 1963
CreatorsVorster, Jo-Anne
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format118 leaves, pdf
RightsVorster, Jo-Anne

Page generated in 0.0021 seconds