Spelling suggestions: "subject:"afrikaans poetry"" "subject:"afrikaanse poetry""
1 |
Die ironie in enkele gedigte in Tristia van N P van Wyk LouwSmuts, Susanna Elizabeth January 1984 (has links)
This study is an investigation of the ironical attribute inherent in poems which appear in Tristia by N P van Wyk Louw. The thesis can be divided into two sections: the first is an attempt at describing and defining philosophical irony; while the second serves as an introduction to the method (principally Literary Semantic) applied in the in-depth analysis in Chapter 4. The first chapter is a brief description of the history of irony starting ,with Socratic irony. Chapter 2.1 gives an eclectic view of the metaphysical irony of Nietzsche and his view of art. Chapter 2.2 describes Soren Kierkegaard's concept of irony and his distinction between aesthetic and ethic irony. It should become apparent that the religious irony of Kierkegaard flows mainly from the counterdistinction of the human to the godlike. In Chapter 2.3 existential irony is defined with reference to Kierkegaard as father of existential irony. N P van Wyk Louw's statements on art and his philosophy is viewed in chapter 2.4 with reference to the theories of the above mentioned philosophers. Chapter 3 refers to the poem as a vehicle for various implication phenomena, and views irony as a specific implication phenomenon. This section uses as an analytical foundation J L Austin's Speech Act Semantics and F de Saussure's distinction of synchronic and diachronic linguistics. Some definitions of irony are evaluated. No alternative definition is provided but some assumptions are put forward on the function of irony as a form of implication. Chapter 4 comprises in-depth text analyses of selected poems in Tristia. The function of irony in these poems is investigated. Chapter 5 provides a general explanation for the use of irony in Tristia. Two vital poems in Tristia are looked at and it is concluded that poetry is the medium through which this poet identifies his ironical relationship to the universe.
|
2 |
Poësie in 'n Grensland-situasie : verkenning van die ontwikkeling van 'n tema en 'n houding in die Afrikaanse digkunsVorster, Jo-Anne January 1963 (has links)
From Introduction. In hierdie studie word 'n poging aangewend om 'n sekere aspek van, en 'n sekere ontwikkeling binne die Afrikaanse Poesie toe te lig. Onder Afrikaanse Poësie verstaan ons enige digwerk in Afrikaans, sy dit epies, liries of dramaties. Omdat ons o.m. belangstel in 'n sekere ontwikkeling, is ons uiteraard op 'n chronologiese indeling aangewys. Verskeie faktore (geskiedenis, kwaliteit van digwerk of gebrek aan kwaliteit, ens.) het daartoe bygedra dat ons in die Afrikaanse Poësie vyf groot periodes het wat vrywel onbestrede aanvaar word: die tydperk van die Genootskappers (vóór 1900); die tydperk van die Driemanskap (tussen 1900 en 1920); die insinking van die twintigerjare (1920 tot 1934); die vernuwing van Dertig (1934 tot 1945); die jongste tydperk (tot 1962). Hierdie algemeen aanvaarde indeling dien ons doel. Dit is egter noodsaaklik om dit onomwonde te stel dat die geesteshouding van die digter, soos ons dit uit die gedig leer ken, van groter belang is by ons studie as die ontstaansdatum van die gedig.
|
3 |
Die openingsgedig as programgedigVan Tonder, Wessel Johannes Arnoldus 13 October 2015 (has links)
M.A. (Afrikaans en Nederlands) / Please refer to full text to view abstract
|
4 |
Aspekte van die Afrikaanse poësie van die tagtigerjareBasson, Coenraad Hendrik 05 1900 (has links)
Text in Afrikaans / Die Afrikaanse poesie van die tagtigerjare toon 'n ryke verskeidenheid
deurdat ouer digters soos Eybers, Breytenbach, Cussons,
Stockenstrom en Ernst van Heerden voortdig en 'n groot aantal
nuwelinge na vore tree. Hoewel die groep digters die grense van
"generasie" ver oorskry, blyk dit dat hulle 'n baie
li tererbewuste groep kunstenaars is wie se poesie verskeie
gemeenskaplike trekke openbaar. Uit die groot verskeidenheid
blyk dat sekere temas, soos pyn, aftakeling, dood, liefde, godsdiens
asook sosio-kulturele en politieke aktualiteite steeds as
die gewildste onderwerpe figureer. 'n Deel van die studie word
daaraan gewy om aan te toon hoe hierdie temas in die jonger
Afrikaanse poesie vergestalting vind.
'n Terna wat 'n besliste vernuwende aspek in die Afrikaanse poesie
bring, is die homoerotiek. Die groter openheid oor homoseksualiteit
gee aanleiding tot eksplisiete homoerotiese verse,
veral by Joan Hambidge en Johann de Lange. As gevolg van die
terroristiese bedrywighede en militere optrede aan die landsgrense gedurende die sewentiger- en tagtigerjare beleef die Afrikaanse
literatuur die opkoms van die sogenaamde grensliteratuur
as 'n vernuwende aspek van die tema van oorlog en geweld wat van
die vorige dekade af oorspoel. Verder word aandag gegee aan die
verskynsel van inter(-)tekstualiteit, wat weens die omvang
daarvan in die kreatiewe en beskouende literatuur,
perspektiefverandering in die Afrikaanse poesie teweegbring. 'n Verdere vernuwende aspek wat aangetoon word, is die wegbeweeg
van die beoef ening van die loss er, vryer versvorm van die
sestiger- en vroee sewentigerjare na 'n strenger vormbeheer en -
dissipline. Die skryf van 'n meer tradisionele tipe poesie word
by verskeie digters aangetoon. Die bydrae van tydskrifte en
tydskrifverse tot die Afrikaanse poesie word ondersoek. Saam met
die verskyning van talle bundels populere poesie, waar die klem
veral op die volkskwatryn, sonnet en limerick val, speel die
tydskrifte 'n besondere rol om Afrikaanse poesie vir 'n breer
leserspubliek toeganklik te maak. Daar word tot die
gevolgt~ekking gekom dat die digters van die tagtigerjare die
"demokratisering" van die Afrikaanse letterkunde veel verder
gevoer het en dat die reikwydte van Afrikaans daardeur uitgebrei
is / The rich diversity of Afrikaans poetry of the eighties is displayed
by the fact that many of the older poets, such as Eybers,
Breytenbach, Cussons, Stockenstrom and Ernst van Heerden, have
continued writing poetry, while a large number of newcomers have
appeared on the scene. Although these poets far exceed the
"generation" boundaries, they are evidently a very literary-aware
group of artists, whose work has a number of traits in common.
Certain themes, such as pain, decadence, death, love and
religion, as well as socio-cultural and political realities,
remain popular topics. Part of this study is to show how these
themes are expressed in contemporary Afrikaans poetry.
A decidedly new aspect of Afrikaans poetry is homo-eroticism.
The more open approach to homosexuality gives rise to explicit
homo-erotic poems, especially those of Joan Hambidge and Johann
de Lange. As a result of terrorist activities and military
action on our borders during the seventies and eighties,
Afrikaans literature saw the beginning of the so-called border
literature as a renewal of the war and violence theme, a relic
from the previous decade. Inter(-)textuality is explored, which,
due to its influence on creative and reviewing literature, has
brought about a change in the perspective of Afrikaans poetry.
A further renewal highlighted, is the moving away from the
unstructured and freer verse form of the sixties and early
4
seventies to a stricter, controlled and disciplined form. The
more traditional type of poetry written by various poets is
discussed. The contribution by periodicals and poems in
periodicals to Afrikaans poetry is explored. Together with the
numerous volumes of popular poetry published, emphasizing the
national quatrain, sonnets and limericks, periodicals play an
important role in making Afrikaans poetry more accessible to a
broader reading public. The conclusion is reached that the poets
of the eighties promoted the "democratization" of Afrikaans
literature, thereby extending its influence / Afrikaans & Theory of Literature / D. Litt. et Phil. (Afrikaans)
|
5 |
Die voorstelling van die Noordweste as ruimte in George Weideman se digbundel 'n Staning onder sterre /Viviers, Marni. January 2008 (has links)
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2008. / Bibliography. Also available via the Internet.
|
6 |

literature, thereby extending its influence / Afrikaans and Theory of Literature / D. Litt. et Phil. (Afrikaans)
|
7 |
Die ouderdommetafoor in die Afrikaanse poësie : 'n kognitiewe ondersoekPauw, Marianne Alet 08 August 2012 (has links)
M.A. / Old age is a universal experience. Poets in general and Afrikaans poets in particular use imagination and metaphor to understand and make sense of the experience of old age and nearing death. To understand one domain of experience in terms of another we need metaphor that unites reason and imagination. Language is based on cognition. According to cognitive semantics we mentally group together similar, but disparate, entities and transformations of image schemas. A conceptual domain consists basically of interrelated entities emanating from universal experiences. The purpose of this study is to give an account of various (mainly cognitive) theories on metaphor and to use the cognitive approach to disclose the main conceptual domains which act as source domains and are projected onto the target domain. The resulting metaphors describe the experience of old age and its physical and psychological infirmities and decay. By analysing various examples of metaphor it is argued that image schemas are different patterns of recurring bodily experiences that emerge from our perceptual understanding of actions and events in the world. The examples illustrate that image schemas/domains do not exist as single entities, but are often linked together to form relationships through different image schemata transformations. The poet as abstract author, but also the reader, creatively and imaginatively recognize a schema in a new situation and contrive metaphorical connections between various conceptual structures. Thus a metaphorical expression links two or more domains of experience. Metaphor is the means by which we project structure across categories to establish new connections. Structure from two or more input mental spaces is projected onto a separate "blended" space, which inherits partial structure from the inputs, and has emergent structure of its own. It is argued that creativity shows rationality and structure. In metaphorical projection, blending from different conceptual domains plays an important role in the process of creating meaning. The examples in this study reveal that metaphors are a reflection of the ecological, cultural and ideological background of the language community. Metaphors based on image schemata for path, time, cycle, container, balance and verticality are discussed by means of examples from the poetry of selected Afrikaans poets. Special attention is given to the works of poets who are themselves experiencing old age. This study arrives at the conclusion that language is inextricably entrenched in our cognitive make-up, as illustrated by the various metaphors conveying the experience of old age. The examples reveal that the path-, cycle- and time domains are the more important source domains for the old age metaphors. The metaphors not only describe the authors' emotions on experiencing old age, but also create emotions in the reader.
|
8 |
Aantekeninge by Skakering (1991) : 'n omgewingsopvoedingsbenadering tot die gedigteks.Motaung, Ruth Mathomane. January 2001 (has links)
This article has as focus an environmental education analysis of ten selected poems
from the book Skakering (Opperman and Coetzee 1991) to associate the problem of
environmental education with the teaching of a humanities subject like Afrikaans, and
specifically in the light of the poem as text. It has as its aim the teaching of a genre, to
relate in this regard the single text (the poem text) to the environment and
environmentally associated problems. In this respect an approach which is aimed at
selected texts in Skakering (Opperman and Coetzee 1991) shall possibly accentuate
both teachers and pupils' relationship with nature. This article will concentrate on the
following: a definition of environmental education as phenomenon which links up the
concept ecology, general overview of the important and relevant sources, a theoretical
explanation of the concept environmental education, a brief discussion of existing
studies that pays attention to the environment and environmental education in the
literature, the analysis of the contents of poems that represent certain environmental
problems, and an awareness of the pedagogical implications for the teacher. OPSOMMING
Hierdie artikel het as fokus 'n ' omgewingsopvoedingsanalise van tien geselekteerde
gedigte uit die bundel Skakering (Oppenman en Coetzee 1991 ) om die probleem van
omgewingsopvoeding in verband te bring met die onderrig van 'n geesteswetenskaplike
vak 5005 Afrikaans. en spesifiek aan die hand van die gedigteks. Oit het as doel die
onderrig van 'n genre, om in die verband die enkelteks (die gedigteks) in verband te
bring met die omgewing en omgewingsverwante probleme. In hierdie opsig sal 'n
benadering wat op geselekteerde tekste in Skakering (Opperman en Coetzee 1991 )
gerig is, beide ondervvysers en leerlinge se verhouding met die natuur aksentueer. In
hierdie artikel word op die volgende gekonsentreer: die omskrywing van
omgewingsopvoeding as verskynsel wat aansluit by die konsep ekologie, In oorsig van
die belangrike en retevante bronne, 'n toeretiese uiteensetting van die konsep
omgewingsopvoedingsbenadering, 'n kortlikse bespreking van bestaande studies wat
aandag gee aan die omgewing en omgewingsopvoeding in die letterkunde, 'n analise
van die inhoud van gedigte wat bepaalde omgewingsopvoedingsprobleme representeer,
en 'n bewustheid van die pedagogiese implikasies vir die onderwyser. / Thesis (M.A.)-University of Natal, Durban, 2001.
|
9 |
Variante in die poesie van Ina RousseauKleyn, Shane Jean 03 1900 (has links)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012 / ENGLISH ABSTRACT: “A verse might be complete, but then I fiddle with it again and it is not complete anymore,” Ina Rousseau says in an interview. When one compares poems from her Versamelde gedigte 1954-1984 and Die stil middelpunt with their predecessors in magazines and in her volumes of poetry, one sees that Rousseau often made revisions. Over the years her poetry has come into being like a “living organism”. It reminds one of the rewritings of Martinus Nijhoff. This study aims to discuss the variants in the poetry of Ina Rousseau, by means of a variant system that unlocks the printing history of all 253 published poems. My discussion focuses on 17 poems (at least one from each volume of poetry) that is printed in full in the variant edition. I’ve used supplement material and reception texts to give the reader a perspective on Rousseau as poet, and the involvement of other roll players. By bringing in these secondary texts I aim to situate the poem discussions and try to show that theme and textgenesis should not be viewed as separate entities. / AFRIKAANSE OPSOMMING: “’n Vers kan miskien afgerond wees en dan gaan peuter ek weer aan hom en dan is hy nie meer afgerond nie,” sê Ina Rousseau in ’n onderhoud. Wanneer ’n mens dan gedigte uit haar Versamelde gedigte 1954-1984 en Die stil middelpunt vergelyk met vroeër weergawes in tydskrifte en in bundels, sien ’n mens dat sy lief was daarvoor om veranderinge aan te bring. Haar poësie, wat deur die jare soos ’n “lewende organisme” tot stand gekom het, herinner aan die verbete herdigtings van Martinus Nijhoff. Hierdie studie het ten doel om die variante in die poësie van Ina Rousseau van naderby te beskou aan die hand van ’n variante-apparaat wat die volledige drukgeskiedenis van 253 gedigte ontsluit. My bespreking fokus op 17 gedigte (minstens een uit elke bundel) wat volledig in ’n variante-edisie afgedruk staan. Ek gebruik ook aanvullende materiaal en resepsietekste om die leser ’n perspektief op Rousseau se digterskap en die betrokkenheid van ander rolspelers te gee. Deur die byhaal van hierdie sekondêre bronne probeer ek om die gedigbesprekings te situeer en te toon dat tematiek en teksontwikkeling nie losmaaklik van mekaar is nie.
|
10 |
Ruimte en identiteit na aanleiding van D.J. Opperman se digbundel, Komas uit 'n bamboesstok (1979) = Space and identity pertaining to D.J. Opperman's volume of poetry, "Komas uit 'n bamboesstok" (1979).Lyons, Jacques. 05 May 2014 (has links)
Hierdie studie is ʼn ondersoek na die rol wat ruimte en identiteit speel in D.J. Opperman se digbundel Komas uit ʼn bamboesstok (1979). Die studie maak gebruik van ʼn kommunikatiewe benadering wat die leser in staat stel om op ’n geïntegreerde wyse verslag te doen oor die hele proses wat plaasvind tussen die sender en ontvanger, deur middel van die gedrukte teks. Die teoretiese kennis sal hoofsaaklik op Opperman se digbundel toegepas word, asook tekste vanuit die Afrikaanse letterkunde wat daarby aansluit. Hierdie verhandeling sal verder ook klem plaas op hoe Opperman se digbundel sy persoonlike ruimte en identiteit aan die leser oordra, asook hoe die uitbeelding aansluit by die vorming van die identiteit van die leser/mens. Die struktuur van die studie sal bestaan uit vier hoofstukke:
Hoofstuk een is ʼn kort inleiding waarin fokus geplaas word op die navorsing en redes vir die ondersoek. Die hoofstuk sal verder ook die nodige struktuur van die studie uiteensit, asook verskeie sleutelbegrippe wat deel sal vorm van die studie en sal bydra tot die leser se begrip van dit wat in die studie verduidelik of uitgebeeld word.
In hoofstuk 2 word ’n kort oorsig van die Afrikaanse literatuur, met klem op die geskiedenis agter die ontwikkeling van Afrikaanse verhalende literatuur tot en met die publikasie van Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok gegee. Daar sal verder ook gekyk word na die literêre veranderings wat plaasgevind het in die Afrikaanse digkuns, met klem op ’n kommunikatiewe benadering tot literatuur, asook ’n Russiese Formalistiese bydrae daartoe. Die eksplisiete en implisiete motiewe en temas wat binne die Afrikaanse literatuur bestaan, en so ook dié van Opperman, sal verken word. Laastens sal twee aspekte, naamlik teorieë verbonde aan ruimte en identiteit, asook hoe die genoemde teorieë sigbaar en/of geïntegreer is in Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok (1979) bespreek word.
Hoofstuk drie van hierdie studie verleen aandag aan Opperman as skrywer en legende, asook sy digbundel Komas uit ’n banbloesstok. Klem word geplaas op biografiese inligting van D.J. Opperman en agtergrondsinligting oor sy digbundel Komas uit ’n bamboesstok. ’n Diepgaande bespreking van Opperman se digbundel, d.w.s. die voorblad, die titelblad, kerngebeurtenisse en
figure in Opperman se digbundel, motiewe en temas, geselekteerde gedigte vanuit die genoemde bundel, ensovoorts, sal dan volg.
In die laaste hoofstuk wat deel sal vorm van die studie, hoofstuk vier, sal daar tot ʼn slotsom gekom word en klem geplaas word op hoe Opperman se digbundel Komas uit ’n bamboesstok (1979) bygedra het tot vernuwing in die Afrikaanse digkuns. / Thesis (M.A.)-University of KwaZulu-Natal, Pietermaritzburg, 2013.
|
Page generated in 0.0682 seconds