Return to search

Die invloed van werknemerbemagtiging op skofwerkers se werknemerdoeltreffendheid en hul persepsies van die gehalte van hul werklewe

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Die doel van hierdie navorsing was om te bepaal of betekenisvolle verskille bestaan tussen
werknemerdoeltreffendheid en persepsies van gehalte van werklewe van bemagtigde en niebemagtigde
skofwerkers in die Suid-Afrikaanse petrochemiese bedryf.
Skofwerknavorsing het gedurende die afgelope dekade internasionaal toegeneem. Hiermee
gepaardgaande het verskeie intervensies ontstaan om die doeltreffendheid van skofwerkers en hulle
gehalte van werklewe te bevorder. Deur gebruik te maak van 'n gekombineerde vraelys ("Standard
Shiftwork Index") en werklike data ten opsigte van afwesigheid en prestasiebeoordelings, is 'n
steekproef van 102 gevalle geanaliseer. 'n 90 persent betroubaarheidinterval is gebruik om waardes
ten opsigte van elke veranderlike te bepaal. Daar is bevind dat werknemerbemagtiging
weinig invloed het op skofwerkers se werkbywoning. Daar is ook gevind dat werknemerbemagtiging
nie lei tot 'n meer positiewe persepsie, by toesighouers, van skofwerkwerkers se algemene
werkprestasie nie. Daar is egter bevind dat skofwerkers se persepsies van hulle gehalte van
werklewe, ten opsigte van werkdissatisfaksie, chroniese vermoeidheid en tevredenheid met sosiale
omstandighede, wel positiefbelnvloed word deur werknemerbemagtiging.
Aanbevelings is gemaak ten opsigte van die aanwending van werknemerbemagtiging, as intervensie
in skofwerkomgewings, asook vir verdere skofwerknavorsing in Suid-Afrika. / The purpose of this research was to determine if significant differences exist between employee
effectiveness and perceptions of quality of working life of empowered and non-empowered
shiftworkers in the South-African petrochemical industry.
By using the Standard Shiftwork Index and real absenteeism and appraisal data, a sample of 102
cases was analysed. A 90 percent confidence interval was used to determine t-values for variables. It
was found that empowerment has little influence on the work attendance of shiftworkers and that
empowerment does not lead to more positive perceptions of general work performance of
shiftworkers, among their supervisors. It was, however, found that shiftworkers' perceptions of their
quality of working life are improved by empowerment in respect of work dissatisfaction, chronic
fatigue and satisfaction with social circumstances.
Suggestions were made concerning the use of empowerment, as an intervention, in shiftwork environments and for future shiftwork research in South-Africa. / Industrial and Organisational Psychology / M.Comm. (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/15784
Date11 1900
CreatorsPieterse, Ferdinandus Lukas Johannes Bartholomeus, 1959-
ContributorsDe Koker, T. H.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiv, 105 leaves)

Page generated in 0.0021 seconds