Return to search

Sonenergie as 'n plaasvervanger vir energie uit fossielbrandstof binne die landbousektor, op klein en medium skaal in die Noord-Kaap

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2015. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elektrisiteit is ʼn basiese bron van energie in hedendaagse huishoudings en besighede. Die
behoefte na deurlopende elektrisiteit neem toe terwyl die huidige elektrisiteitsverskaffer, ESKOM,
ook nie aan die huidige vraag na elektrisiteit kan voorsien nie. Verdere beperkings is die
infrastruktuur. Die infrastruktuur is nie so ontwikkel dat elektrisiteit aan 100 persent van die
bevolking verskaf kan word nie.
Alle plase het nie toegang tot die huidige ESKOM roosterstelsel nie of dit is onprakties om ʼn
dienslyn te bou vir die gerief van elektrisiteit. Gevolglik was die meeste boerderybedrywighede in
die verlede afhanklik van dieselkragopwekkers. Die gebruik van sonenergie het egter aantrekliker
geword en het moontlik meer ekonomies en prakties geword en bied ook ʼn deurlopende krag
opsie.
Sonstralingsvlakke in Suid Afrika is die hoogste in die wêreld. Die Noord-Kaap word ingesluit in
daardie areas in SA wat uiters geskik is vir PV aanlegte.
In lande soos Ethiopië en die VSA is sonenergie met PV-tegnologie met groot sukses aangewend
in landbouomstandighede vir die voorsiening van elektrisiteit wat ook in SA met sukses
aangewend kan word met die uiters geskikte sonbestralingsvlakke.
Die grootste voordeel van sonenergie is die oorvloedige beskikbaarheid van die energiebron in SA.
Verder is dit volhoubaar, omgewingsvriendelik, hernubaar en heeltemal gratis. Daar is geen
bewegende onderdele nie, gevolglik is daar geen geraasbesoedeling nie en is die bedryfskostes
van ʼn sonenergie stelsel baie laag.
Die nadeel van sonenergie is dat PV-aanlegte slegs elektrisiteit kan opwek wanneer die son skyn.
Energiebergingsisteme is nodig om hierdie nadeel te oorbrug of ʼn aanvullende energiebron soos
wind moet gebruik word om die tekort aan te vul.
Kapitaalspandering is die grootste hindernis in die oprigting van hernubare energiestelsels
aangesien dit op een stadium spandeer moet word.
Sonenergie is die gewildste energiebron binne die landbousektor in die Noord-Kaap en word deur
88.57 persent van die respondente gebruik terwyl slegs 28.57 persent van die respondente
dieselkragopwekkers beskikbaar het as rugsteun fasiliteit vir elektrisiteitvoorsiening. Die
belangrikste redes waarom daar oorgeskakel is na sonenergie, was om deurlopende elektrisiteit te
verseker en die vermindering van tradisionele energieverbruik.
Die studie toon dat sonenergie, oor ʼn 15 jaar leeftyd, ʼn derde van die koste van
fossielbrandstowwe kos, alhoewel daar groter aanvanklike kapitaalspandering betrokke is wat as ʼn
struikelblok gesien word. Die statistiek wat in die ondersoek versamel is dui daarop dat sonenergie
suksesvol aangewend word om te voorsien aan die elektrisiteitbehoeftes van die respondente
binne die Noord-Kaap geografiese gebied. Daar is egter geen twyfel dat sonenergie suksesvol, effektief, doeltreffend en ekonomies
aangewend kan word as ʼn plaasvervanger vir energie uit fossielbrandstof, binne die
landbousektor, op klein en medium skaal in die Noord-Kaap.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/97369
Date04 1900
CreatorsVan Wyk, Gerrit
ContributorsVolschenk, Jako, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxii, 65 pages : colour map
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds