• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • Tagged with
  • 4
  • 4
  • 4
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

A systems analysis of the contribution of legume crops to energy conservation and a profitability in the corn cropping program /

Katz, Michael. January 1985 (has links)
No description available.
2

A systems analysis of the contribution of legume crops to energy conservation and a profitability in the corn cropping program /

Katz, Michael. January 1985 (has links)
No description available.
3

Effects of swine farrowing house air and mineral nutrition on Cucumis sativus, L.

Long, John Edward. January 1979 (has links)
Call number: LD2668 .T4 1979 L65 / Master of Science
4

Sonenergie as 'n plaasvervanger vir energie uit fossielbrandstof binne die landbousektor, op klein en medium skaal in die Noord-Kaap

Van Wyk, Gerrit 04 1900 (has links)
Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2015. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elektrisiteit is ʼn basiese bron van energie in hedendaagse huishoudings en besighede. Die behoefte na deurlopende elektrisiteit neem toe terwyl die huidige elektrisiteitsverskaffer, ESKOM, ook nie aan die huidige vraag na elektrisiteit kan voorsien nie. Verdere beperkings is die infrastruktuur. Die infrastruktuur is nie so ontwikkel dat elektrisiteit aan 100 persent van die bevolking verskaf kan word nie. Alle plase het nie toegang tot die huidige ESKOM roosterstelsel nie of dit is onprakties om ʼn dienslyn te bou vir die gerief van elektrisiteit. Gevolglik was die meeste boerderybedrywighede in die verlede afhanklik van dieselkragopwekkers. Die gebruik van sonenergie het egter aantrekliker geword en het moontlik meer ekonomies en prakties geword en bied ook ʼn deurlopende krag opsie. Sonstralingsvlakke in Suid Afrika is die hoogste in die wêreld. Die Noord-Kaap word ingesluit in daardie areas in SA wat uiters geskik is vir PV aanlegte. In lande soos Ethiopië en die VSA is sonenergie met PV-tegnologie met groot sukses aangewend in landbouomstandighede vir die voorsiening van elektrisiteit wat ook in SA met sukses aangewend kan word met die uiters geskikte sonbestralingsvlakke. Die grootste voordeel van sonenergie is die oorvloedige beskikbaarheid van die energiebron in SA. Verder is dit volhoubaar, omgewingsvriendelik, hernubaar en heeltemal gratis. Daar is geen bewegende onderdele nie, gevolglik is daar geen geraasbesoedeling nie en is die bedryfskostes van ʼn sonenergie stelsel baie laag. Die nadeel van sonenergie is dat PV-aanlegte slegs elektrisiteit kan opwek wanneer die son skyn. Energiebergingsisteme is nodig om hierdie nadeel te oorbrug of ʼn aanvullende energiebron soos wind moet gebruik word om die tekort aan te vul. Kapitaalspandering is die grootste hindernis in die oprigting van hernubare energiestelsels aangesien dit op een stadium spandeer moet word. Sonenergie is die gewildste energiebron binne die landbousektor in die Noord-Kaap en word deur 88.57 persent van die respondente gebruik terwyl slegs 28.57 persent van die respondente dieselkragopwekkers beskikbaar het as rugsteun fasiliteit vir elektrisiteitvoorsiening. Die belangrikste redes waarom daar oorgeskakel is na sonenergie, was om deurlopende elektrisiteit te verseker en die vermindering van tradisionele energieverbruik. Die studie toon dat sonenergie, oor ʼn 15 jaar leeftyd, ʼn derde van die koste van fossielbrandstowwe kos, alhoewel daar groter aanvanklike kapitaalspandering betrokke is wat as ʼn struikelblok gesien word. Die statistiek wat in die ondersoek versamel is dui daarop dat sonenergie suksesvol aangewend word om te voorsien aan die elektrisiteitbehoeftes van die respondente binne die Noord-Kaap geografiese gebied. Daar is egter geen twyfel dat sonenergie suksesvol, effektief, doeltreffend en ekonomies aangewend kan word as ʼn plaasvervanger vir energie uit fossielbrandstof, binne die landbousektor, op klein en medium skaal in die Noord-Kaap.

Page generated in 0.1403 seconds