Return to search

Die “beklee-” metafoor by Paulus : semantiese valensie en teologiese belang op weg na ’n gesprek oor die doop

Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the “clothe-” metaphor in the Pauline literature in terms of
its contribution toward a Pauline baptismal theology. The relevant “clothe-” terms
are identified via an analysis of the semantic domain of cloting, which are then
grammatically analysed for specific tendencies. This poses certain constraints to
the meaning of the metaphors on the way to exegesis. An exegetical study of
nine Scripture portions that are identified via the semantical study follows: Gal
3:19-29; Col 2:11-15; 3:8-17; Eph 4:22-25; 1 Cor 15:49,53-54; 2 Cor 5:2-4; Rm
13:12-14; 1 Thes 5:8 and Eph 6:11-15. These texts are analysed exegetically
with a specific focus on the theological meaning of the “clothe-” metaphors in
Pauline theology. The usage of the “clothe-” metaphor is also considered in the
non-Pauline and non-biblical texts, and the social and cultural context in which the
metaphors are employed. The main meanings of the “clothe-” metaphor that
emerges from the semantic, exegetical and contextual study, can be summarised
as follows: 1) it is mostly used in close connection with baptism, 2) it mainly has a
reciprocal function as a result of the middle voice in which it is typically used, and
functions within a theologically imperative context where the subject of the action
is personally and consciously involved, 3) it is used as a metaphor to resist evil, 4)
it is used in an eschatological context, 5) it is closely related to the actualisation of
the new identity in Christ, and 6) the socially participating character of the
baptismal candidate at baptism is constituted by the “clothe-” metaphor. The
meaning of the “clothe-” texts does not only contribute to a better understanding
of Paul’s baptismal theology, but also to a better understanding of baptism from
the perspective of the believer’s baptismal tradition. The suggestions towards the
discussion about baptism focus on the deeper theological meaning of baptism, a
better understanding of the points of departure in the respective baptismal
traditions, and the contribution that the study of the Pauline “clothe-” metaphors
make to the debate. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die “beklee-” metafoor in die Pauliniese literatuur met
die oog op die bydrae wat dit lewer tot ’n Pauliniese doopteologie. Die relevante
“beklee-” terme word geïdentifiseer deur ’n analise van die semantiese domein
van kleding, waarna dit grammatikaal ontleed word en sekere tendense uitgewys
word. Dit stel bepaalde grense aan die betekenis van die metafore op weg na
eksegese. Hierná volg ’n eksegetiese studie van nege skrifgedeeltes wat aan die
hand van die semantiese ondersoek geïdentifiseer is: Gl 3:19-29; Kol 2:11-15;
3:8-17; Ef 4:22-25; 1 Kor 15:49,53-54; 2 Kor 5:2-4; Rm 13:12-14; 1 Ts 5:8 en Ef
6:11-15. Hierdie teksgedeeltes word eksegeties ontleed met ’n spesifieke fokus
op die teologiese betekenis wat die “beklee-” metafore het in Paulus se teologie.
Die gebruik van die “beklee-” metafoor word ook oorweeg in buite-Pauliniese en
buite-Bybelse tekste, asook die sosiale en kulturele konteks waarin die metafore
gebruik word. Die vernaamste betekenisse van die “beklee-” metafoor wat vanuit
die semantiese, eksegetiese en kontekstuele studies na vore kom, kan soos volg
saamgevat word: 1) dit staan meestal in ’n noue verband met die doop, 2) dit het
meestal ’n wederkerige funksie as gevolg van die mediumvorm waarin dit
hoofsaaklik gebruik word, en figureer binne ’n teologiese imperatiewe konteks
waarby die subjek van die handeling persoonlik en bewustelik betrokke is, 3) dit
word gebruik as metafoor om weerstand teen die bose te bied, 4) dit word in ’n
eskatologiese konteks gebruik, 5) dit staan in ’n noue verband met die
aktualisering van die nuwe identiteit in Christus, en 6) die sosiaal deelnemende
karakter van die doopkandidaat tydens die doop word deur die “beklee-” metafoor
gekonstitueer. Die betekenis van die “beklee-” tekste lewer nie net ’n bydrae om
die doop by Paulus beter te verstaan nie, maar ook om die verstaan van die doop
vanuit die perspektief van die belydenisdoop-tradisie sterker toe te lig. Die
voorstelle wat gemaak word ten opsigte van die gesprek oor die doop fokus op
die dieper teologiese betekenis van die doop, ’n beter begrip vir die vertrekpunte
in die onderskeie dooptradisies, en die bydrae wat die studie van die “beklee-”
metafoor by Paulus tot die debat maak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17797
Date12 1900
CreatorsDu Toit, Philip la Grange
ContributorsPunt, Jeremy, Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Old and New Testament.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format136 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0151 seconds