Text in Afrikaans / Hierdie navorsing getiteld 'n Ontwikkelingsperspektief van vakleerlingskappe in Suid-Afrika: implikasies vir die onderwysstelsel ondersoek die wortels van die vakleerlingskap
stelsel sedert antieke tye, deur die koloniale tydperk in Suid-Afrika, die "armblankevraagstuk"1922-1960, voor-demokrasie 1950-1980, 1980-1993 en post-demokrasie
1994-2014. Die studie konsentreer op die kronologiese verloop van gebeure wat gelei
het tot die formalisering van die vakleerlingskapstelsel in Suid-Afrika in 1922 asook die
evolusie tot in sy huidige vorm. Spesifieke aandag is geskenk aan wetgewing, beide
provinsiaal en nasionaal, wat bygedra het tot die vorming van die stelsels.
Die vakleerlingskapstelsel van Amerika is ook ondersoek vanaf sy wortels tot die
huidige era met al sy vorme van tegniese beroepsonderwys asook vakleerlingopleiding.
Daar is gekyk na al die verskillende Amerikaanse kolleges en tegniese skoolstelsel.
‘n Vergelykende studie tussen Amerika en Suid-Afrika se vakleerlingskapstelsel is
gemaak met spesifieke aanbevelings vir die Suid-Afrikaanse stelsel. / This research, entitled A developmental perspective of apprenticeships in South Africa:
Implications for the education system, examined the origins of the apprenticeship
system from its roots in pre-history, through colonial time in South Africa, the "armblanke-vraagstuk" 1922-1960, pre-democracy 1950-1980, 1980-1993 and postdemocracy
1994-2014. This study concentrated on chronicling the events leading to the
establishment of formalized apprenticeship training in South Africa in 1922 and its
evolution to its present form. Particular attention was paid to the legislation, both
provincial and national, that provided for the establishment of the present system.
The apprenticeship system of the USA was also examined from its roots up to the
present time in all its forms of technical, vocational and artisan training. Looking at the
different college systems and technical training schools of the USA.
Comparisons between USA and South Africa‘s apprenticeship systems was made with
specific recommendations for South Africa‘s system. / Educational Foundations / M. Ed. (Vergelykende Opvoedkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18698 |
Date | 11 1900 |
Creators | Von Landsberg, John Lodewyk |
Contributors | Van Niekerk, Magdalena Petronella |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xx, 378 leaves) : illustrations (some color) |
Page generated in 0.0028 seconds