Thesis (MA (English))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: This thesis describes a qualitative investigation of the creative writing processes of
successful publishing authors in the South African context. Four successful South
African authors of fiction were interviewed with the intention of garnering current,
local insights into the creative writing process in order to nuance this field of
knowledge and to challenge reductive, undynamic ways of thinking about it. What
these creative writers say about their writing processes is discussed in the context of
previous empirical research on the writing process and the creative process in the
related fields of composition studies and psychology. The resulting theoretical
paradigm for the study was a flexible, recursive cognitive process model of the
writing process within the context of a particular domain and field, in opposition to a
stage model of writing or models of writing that are devoid of social and affective
context.
Interviews with Margie Orford, Imraan Coovadia, Lesley Beake and John van de Ruit
investigated how expert creative writers work in the South African context and
explored contributing factors to the writing process, from initial inspiration or
origination of ideas through to submission of completed manuscripts for publication.
The creative writers in question are experienced authors who have published more
than once as the intention was to discover what successful or established authors of
literary fiction do, with an eye to making a contribution to current international
attempts at theorising the field of creative writing. The results of this research
indicated clear support for most of the combined underlying theories and hypotheses
discussed in the literature study, with an indication of some areas that required further
refining and research, such as the impact of situational variables on the writing
process. Finally some suggestions are made as to how the theoretical models might be
improved through combination and comparison with one another and with more
extensive empirical research, and some of the implications of this research for
creative writing pedagogy and the development of novice writers are explored. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis beskryf ’n kwalitatiewe ondersoek van die kreatiewe skryfprosesse van
suksesvolle gepubliseerde outeurs in die Suid-Afrikaanse konteks. Onderhoude is met
vier suksesvolle fiksieskrywers gevoer met die doel om hedendaagse, plaaslike insig
in die kreatiewe skryfproses te verkry ten einde hierdie kennisgebied te nuanseer en
reduserende, ondinamiese denke daaroor aan te veg. Hierdie kreatiewe skrywers se
beskrywing van hul skryfproses word bespreek teen die agtergrond van vorige
empiriese navorsing oor die skryfproses en die kreatiewe proses in die verwante
gebiede van stylstudies en sielkunde. Die teoretiese paradigma vir die studie wat
hieruit gespruit het, was ’n buigsame, rekursiewe kognitiewe prosesmodel van die
skryfproses in die konteks van ’n spesifieke domein en gebied, in teenstelling met ’n
faseskryfmodel of skryfmodelle sonder enige maatskaplike en affektiewe konteks.
Deur middel van onderhoude met Margie Orford, Imraan Coovadia, Lesley Beake en
John van de Ruit is ondersoek hoe ervare kreatiewe skrywers in die Suid-Afrikaanse
konteks werk, en faktore wat tot die skryfproses bydra, is ondersoek. Sodanige proses
strek van aanvanklike inspirasie of die oorsprong van idees tot die inlewering van
voltooide manuskripte vir publikasie. Die betrokke kreatiewe skrywers is bedrewe
outeurs wat reeds meer as een keer gepubliseer het, aangesien die voorneme was om
uit te vind hoe suksesvolle of gevestigde outeurs te werk gaan met die oog daarop om
’n bydrae te maak tot huidige internasionale pogings om die gebied van kreatiewe
skryfwerk te teoretiseer. Die resultate van hierdie studie toon duidelike ondersteuning
vir die meeste van die gekombineerde onderliggende teorieë en hipoteses wat in die
literatuurstudie bespreek is, alhoewel daar ’n aanduiding is dat sommige gebiede
verdere verfyning en navorsing verg, byvoorbeeld die impak van situasionele
veranderlikes op die skryfproses. Laastens word enkele aanbevelings gemaak oor hoe
die teoretiese modelle verbeter kan word deur kombinasie en vergelyking met ander
modelle en deur meer omvattende empiriese navorsing, en die implikasies van hierdie
navorsing vir die pedagogie van kreatiewe skryfwerk en die ontwikkeling van
amateurskrywers word ook ondersoek.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5224 |
Date | 12 1900 |
Creators | MacRobert, Marguerite |
Contributors | Viljoen, Shaun, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of English. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 63 p. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0023 seconds