Return to search

Johannese perspektiewe oor inklusiwiteit en eksklusiwiteit van verlossing / Johannine perspectives on inclusivity and exclusivity of salvation

Die Johannese geskrifte (Evangelie en Briewe) word veralgemenend binne
die Christendom gelees en die uniekheidsbeklemtoninge ten opsigte van
Jesus as enige Verlosser word ook so verstaan.
Hierdie hoofsaaklik sosiaal-wetenskaplike ondersoek was gefokus op Johannes
se aansprake ten opsigte van Jesus en is gedoen om bewus te maak
van die sosiaal-kulturele onderbou van die geskrifte. As sodanig is dit bedoe!
om heuristies in te werk ten einde bestaande hermeneuse beter te dien
sodat die boodskap van die Nuwe Testament effektiewer oorgedra kan
word. Dit is ook gepoog om bevindinge uit die studie deur te trek na die gesekulariseerde
samelewing en pluralistiese religieuse standpunt wat te Iande
bestaan.
Die teksgedeeltes wat eksegeties ondersoek is, bevat die aspekte van aanvaarding
of verwerping van Jesus as die unieke Godsagent wat ewige /ewe
meedeel. Dit het geblyk dat die begrip in Johannes nie net op oneindigheid
in die hiemamaals dui nie, maar veral op kwaliteit in die hede. Johannes se
postulaat is dat Jesus konstant hierdie lewe meedeel aan hulle wat in Hom
glo.
Die vraag na relevansie van 'n religie uit Judaistiese oorsprong in 'n AfroWesterse
samelewing en kultuur is vanuit die aspekte van kulturele relatiwisme
en relatiwiteit hanteer. Dit word aanvaar dat die ingrype van God
deur Jesus Christus binne die Israelitiese volksmilieu en Mediterreense kultuur
plaasgevind het, maar dat dit wat Johannes aan sy lesers herbevestig
het, vir aile mense relevant is. Jesus is die unieke Godsagent wat ewige
lewe meedeel, wat, as sodanig, nie menslike sterflikheid negeer nie, maar
dit transendeer. / The social-scientific research for this treatise concentrated on John's assertion of Jesus'
uniqueness. The selected Scripture portions for exegesis contain the aspects of receiving
or rejecting Him as God's Agent who bestows eternal life. Eternal lifo in John
does not so much denote never ending life, but rather excellent quality of life in the present.
The relevancy of a religion from a Judaistic origin in an Afro-Western cultural society
was treated on the aspects of cultural relativism and cultural relativity. The conclusion
accedes to the fact that God's interaction with man in the person of Jesus Christ took
place within an Israelite national milieu and Mediterranean culture, but what John reasserted
is relevant for all time- the life that Jesus bestows does not negate mortality,
but transcends it. / New Testament / M. Th. (Nuwe Testament)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17641
Date06 1900
CreatorsRousseau, Pieter Abraham
ContributorsLombard, Hermanus Adriaan, Botha, J. Eugene
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (v, 154 leaves)

Page generated in 0.0046 seconds