Return to search

Assessing poverty alleviation in Botswana in terms of the Copenhagen Declaration

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: Botswana is one of the signatories of the Copenhagen Declaration, which was
promulgated in Denmark in 1995. The Declaration, among others, called for
signatories to eradicate poverty through decisive national actions and
international cooperation as an ethical, social, political and economic imperative
of humankind. This study, which takes the form of a policy systems analysis,
seeks to establish the implementation path followed by the Government of
Botswana in its endeavour to bring into effect its commitment to poverty
alleviation, using the Copenhagen Declaration as a benchmark. The main
methodology that informs this study is a comparative literature review of existing
documentary sources, which include research reports and policy documents.
This data is supplemented by interviews with some top officials involved in the
planning, formulation and monitoring of poverty alleviation programmes. In
addition, the author's experience of working as an Assistant District Officer in the
Central District greatly supplements collected data.
After presenting the background to the study and the research methodology that
was followed, the study discusses the Copenhagen Declaration. It then explains
the poverty situation at a global level. The picture is then narrowed to sub-
Saharan Africa after which a more specific picture of the poverty situation in
Botswana is explored.
The findings of this study indicate that poverty alleviation policies and
programmes implemented by the Government of Botswana are in line with the
requirements of the Copenhagen Declaration. The most notable limiting factor
affecting proper implementation of the commitments is lack of monitoring and
evaluation, hence the study recommends that the Government put in place
proper monitoring and evaluation mechanisms among others. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Botswana is een van die ondertekenaars van die Kopenhaagse Verklaring wat in
1995 in Denemarke uitgevaardig is. Die Verklaring het, onder andere, 'n beroep
aan ondertekenaars gerig om die uitwissing van armoede deur middel van
indringende nasionale aksies en internasionale samewerking as eties, sosiaal,
polities en ekonomies gebiedend vir die mensdom aan te spreek. Hierdie studie,
wat in die vorm van 'n analise van beleidsstelsels aangepak is, poog om vas te
stel watter implementeringsweg deur die Regering van Botswana gevolg is om
uiting te gee aan die verbintenis tot die verligting van armoede, met die
Kopenhaagse Verklaring as maatstaf. Die vernaamste metode wat gevolg is om
aan die studie gestalte te gee, is 'n vergelykende letterkundige oorsig van
bestaande dokumentêre bronne, wat navorsingverslae en beleidsdokumente
ingesluit het. Hierdie inligting is aangevul met behulp van onderhoude met
sommige hoogstaande amptenare wat betrokke is by die beplanning, formulering
en monitering van programme om armoede te verlig. Hierbenewens is die
versamelde inligting tot 'n groot mate aangevul uit die ondervinding wat die
skywer deur haar werk as 'n Assistent Distriks Offisier in die Sentraal distrikte
opgedoen het.
Die agtergrond tot die studie en die navorsingsmetodologie wat gevolg is, word
eers aangebied en gevolg deur 'n bespreking van die Kopenhaagse Verklaring.
Daarna word die stand van armoede op globale vlak verduidelik. Vervolgens
word die blik vernou tot die gebied in Afrika suid van die Sahara en uiteindelik is
daar 'n meer spesifieke ondersoek om 'n spesifieke indruk van die stand van
armoede in Botswana te verkry.
Die bevindinge van die studie toon dat beleidsbesluite en programme vir die
verligting van armoede wat deur die Regering in Botswana geïmplementeer is,
by die vereistes van die Kopenhaagse Verklaring aansluit. Die mees opvallende
beperkende faktor wat die behoorlike implementering van die verbintenis tot die verklaring affekteer, is 'n gebrek aan monitering en evaluering en die studie stel
dus voor dat die Regering behoorlike meganismes vir monitering en evaluering
opstel.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52702
Date03 1900
CreatorsChepete, Maipelo
ContributorsDavids, I., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format90, [22] p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds