Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: One of the biggest problems facing businesses in the future will be the
conservation of the environment. The purpose of this study is to determine
how a company can implement a socially responsible ecological strategy
successfully, and more specific the companies listed on the Johannesburg
Stock Exchange.
The study consists of two sections, namely an in-depth theoretical literature
study into the implementation of a socially responsible ecological strategy and
secondly an empirical study on the implementation of such a strategy.
The focus is on the different stages in the strategic implementation process,
namely the formulation and planning phases, the implementation phase and
the exercising of control over the implementation process. An attempt is
made to bring the strategy implementation process into relation with the
implementation of a socially responsible ecological strategy which will ensure
the successful implementation of the strategy.
Aspects surrounding the environmental issues were also integrated in this
study, namely green activism in South Africa, current legislation and the
influence of the green consumer on the welfare of companies.
The results indicated that almost two thirds (66,67 %) of the companies in this
study are following a socially responsible ecological strategy. These companies
who do follow a socially responsible ecological strategy are also more
strategic orientated than companies who do not follow a socially responsible
ecological strategy. Companies are well aware of the influence that the green
consumer can have on their businesses, but green activism has not yet
gathered momentum in South Africa to put companies under pressure
ensuring to follow a socially responsible ecological strategy. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die bewaring van die omgewing is een van die grootste aktuele vraagstukke
van die toekoms wat ondernemings in die gesig staar. Die doel van hierdie
studie is om te bepaal hoe 'n sosiaal verantwoordelike ekologiese strategie
suksesvol geïmplementeer kan word, met spesifieke verwysing na maatskappye
genoteer op die Johannesburgse Aandelebeurs.
Die studie bestaan uit twee gedeeltes, naamlik 'n indiepte teoretiese
literatuurstudie na die implementering van 'n sosiaal verantwoordelike
ekologiese strategie en tweedens 'n empiriese ondersoek na die
implementering van sodanige strategie.
Daar word gefokus op die verskillende stadia in die strategiese implementeringsproses,
naamlik die formulerings- en beplanningsfase, die implementeringsfase
en die uitoefening van doeltreffende beheer oor die
implementeringsproses. Verder word gepoog om die strategie implementeringsproses
in verband te bring met die implementering van 'n sosiaal
verantwoordelike ekologiese strategie wat die suksesvolle implementering van
die strategie sal verseker.
Ondersoek is ook ingestel na faktore rondom die omgewingskwessie, naamlik
groen aktivisme in Suid-Afrika, huidige wetgewing en die invloed van die
groen verbruiker op die welvaart van die onderneming.
Die resultate toon dat feitlik twee derdes (66,67 %) van die ondernemings in
hierdie studie wel 'n sosiaal verantwoordelike ekologiese strategie volg.
Hierdie ondernemings wat 'n sosiaal verantwoordelike ekologiese strategie
volg is ook meer strategies georiënteerd as ondernemings wat nie 'n sosiaal
verantwoordelike ekologiese strategie volg nie. Ondernemings besef die
invloed van die groen verbruiker op die welvaart van hulondernemings, maar
groen aktivisme het nog nie inslag gevind in Suid-Afrika om ondernemings onder druk te plaas om 'n sosiaal verantwoordelike ekologiese strategie te
volg nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51705 |
Date | 03 1900 |
Creators | Greeff, Josua Petrus |
Contributors | Du Toit, M. A., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 184 leaves. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds