Return to search

The role of a cultural analysis in a global business strategy of South African companies

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This study explores the role of the cultural analysis component in an international
strategy of South African companies. It highlights general and country-specific cultural
trends that emerged from the research. It also provides a basic cultural analysis
framework that can be used as a general guideline for companies planning
international expansion.
The research methodology included both primary and secondary data analysis. The
primary data were gathered through face-to face interviews; the secondary data
examined journals, articles, the Internet and case studies. The interviews used a mix of
open and closed questions to extract the most accurate responses from interviewees.
Trompenaars' "Seven Dimensions Framework" served as a basis for the design of the
interview questions, as well as for the analysis of the responses.
Seven South African companies, spanning across different industries were interviewed.
They included Engen Petroleum Limited in the petrochemical industry, Dole South
Africa in the fruit export industry, Nando's International in the restaurant industry,
Dimension Data in the information technology industry, Denel (Ply) Ltd in the anms and
weaponry industry, SABMiller pic in the beer industry and Barloworld Limited in the
brand management industry. Countries that were discussed with each of these
companies respectively were: Southern Africa, Middle East, Malaysia & Indonesia,
United States of America, Poland & Hungary, The Czech Republic and Russia. Several general trends leading to a successful international expansion emerged from
the research. Along with the long-term focus, flexibility and commitment that are
required, relationship-building proved to be the most essential ingredient for creating a
successful international venture. Relationship-building was achieved when the
internationalisation team demonstrated cultural sensitivity, respect, humility and
patience, all attributes that are needed when interacting cross-culturally.
The research also identified specific country cultural trends. For example, in Southern
Africa, a developmental focus on the part of the internationalisation party is crucial to
future success. In the Middle East, acknowledging rank was important. Recognising the
communitarian philosophy and strict hierarchy in Malaysia and Indonesia was a key
aspect of an effective strategy. In the United States, clarity, confidence and
decisiveness proved important. Poland, Hungary, The Czech Republic and Russia
required that logic be the basis on which business is conducted.
The basic cultural analysis framework presented in the research follows a step-by-step
approach. Step one requires that basic information about the country be gathered e.g .:
population size, language, etc. Step two entails visiting the target country to gather
additional data. Step three involves deciding on the best strategy to enter the target
country e.g.: partnerships, jOint ventures, strategic alliances. The final step includes
deciding who will manage the foreign operation e.g. locals versus ex-patriats. In conclusion, for businesses interested in expanding internationally. the role of cultural
analysis cannot be over-emphasised. It is the one component of an internationalisation
strategy that is the most essential, yet the least understood. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die rol van die kulturele analiseringskomponent van Suid-Afrikaanse
maatskappye se internasionale strategie. Dit lig uit algemene en besondere
kulturele tendense wat eie is aan 'n spesifieke land, soos wat dit uit die navorsing na
vore gekom het. Dit verskaf ook 'n basiese analiseringsraamwerk wat benut kan word
as 'n algemene riglyn vir maatskappye wat internasionale uitbreiding beplan.
Die navorsingsmetodologie sluit in die analisering van beide primere en sekondere
data. Die primere data is ingewin deur direkte onderhoudvoering, terwyl die sekondere
data die bestudering van vaktydskrifte, artikels, die Internet en gevallestudies behels
het. Tydens onderhoude is beide oop en geslote vrae gestel ten einde die mees
akkurate antwoorde van die respondente te verkry. Trompenaars se "Sewe Dimensies
Raamwerk" het gedien as grondslag vir die ontwerp van die onderhoudsvrae, sowel as
vir die analisering van die antwoorde.
Daar is onderhoude gevoer met sewe Suid·Afrikaanse maatskappye wat verskillende
industriee verteenwoordig . Dit sluit in: Engen Petroleum Beperk in die petrochemiese
industrie; Dole Suid-Afrika in die vrugte·uitvoerbedryf; Nando's Internasionaal in die
restaurantberyf; Dimension Data in die inligtingstegnologiebedryf; Denel (Edms) Bpk.
in die wapentuigbedryf; SABMiller plc in die bierbedryf en Barloworld Beperk in die
handelsmerk-bestuursbedryf. Lande wat afsonderlik met elkeen van hierdie
maatskappye bespreek is, het ingesluit: Suidelike Afrika, die Midde-Ooste, Maleisie en Indonesia, die Verenigde State van Amerika, Pole en Hongarye, die Tsjeggiese
Republiek en Rusland.
Verskeie algemene tendense wat tot 'n geslaagde internasionale uitbreiding lei, het uit
die navorsing na vore gekom. Saam met die langtermyn fokus, buigsaamheid en
toegewydheid wat vereis word, is daar bewys dat die opbou van goeie verhoudings die
mees noodsaaklike bestanddeel is vir die daarstelling van 'n geslaagde internasionale
onderneming. Die opbou van goeie verhoudings is verkry toe die
internasionaliseringspan kulturele sensitiwiteit, respek, nederigheid en geduld aan die
dag gelê het - eienskappe wat nodig is wanneer daar oor kultuurgrense heen verkeer
word.
Die navorsing het ook kuturele tendense geidentifiseer wat eie is aan 'n spesifieke
land. In Suidelike Afrika is byvoorbeeld 'n fokus op ontwikkeling deur die
internasionaliseringspan gebiedend noodsaaklik vir toekomstige sukses. In die Midde Ooste
was die erkenning van posrang belangrik. Die erkenning van die filosofie van
gemeenskaplikheid en strenge hiarargie in Maleisie en Indonesia was 'n sleutelaspek
vir 'n doeltreffende strategie. In die Verenigde State was duidelikheid, selfvertroue en
beslistheid belangrik. Pole, Hongarye, die Tsjeggiese Republiek en Rusland het vereis
dat logika die grondslag moet wees waarvolgens sake bedryf behoort te word.
Die basiese kulturele analiseringsraamwerk wat in hierdie navorsing aangebied word,
volg 'n stapsgewyse benadering. Die eerste stap vereis dat basiese inligting oor 'n
land ingesamel moet word , byvoorbeeld: bevolkingsgrootte, taal, ens. Die tweede stap behels 'n besoek aan die teikenland om bykomstige data in te samel. Die derde stap
behels die besluitneming oor die geskikste strategie waarmee sake aangepak kan
word, byvoorbeeld: vennootskappe, gesamentlike ondernemings, strategiese
bondgenootskappe. Die laaste stap sluit in die besluitneming oor wie die buitelandse
onderneming gaan bestuur, byvoorbeeld plaaslike beheer teenoor bestuur deur
buitelanders.
Ten slotte, die rol van kulturele analise kan nie oorbeklemtoon word in daardie
besighede wat in internasionale uitbreiding belangstel nie. Dit is die een komponent
van 'n internasionaliseringstrategie wat uiters noodsaaklik is, maar wat tog die minste
begryp word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53677
Date12 1900
CreatorsWatkins, Eserick Tanchwel
ContributorsDe Blois, L., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format111 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0034 seconds