Return to search

Lewenssin van Suid-Afrikaanse sakelui : 'n Bedryfsielkundige perspektief

Afrikaans text / Die doel van hierdie navorsing is om lewenssin soos dit binne die leefwereld van die

gesitueerde Suid-Afrikaanse sakepersoon van toepassing is, teoreties te omlyn, te operasionaliseer
en die belewenis daarvan op fenomenologiese wyse te beskryf.


Lewenssin, met lewenssinvolheid en lewenssinloosheid as twee pole op 'n kontinuum, is
ondersoek deur te fokus op lewensorientasie, lokus van gedrag, waardes, spiritualiteit, groei,
ontwikkeling, transendering, vervreemding, 'n kortstondige en fatalistiese ingesteldheid,
konformisme, kollektivisme, fanatisme, en die strewe na mitiese sukses.


In die literatuurondersoek, wat die eksistensiele, humanistiese en holistiese paradigmas as
vertrekpunte neem, is operasionele definisies van lewenssinvolheid en lewenssinloosheid
gekonstrueer. Die profiel van die Suid-Afrikaanse sakepersoon met so 'n belewenis is aan
die hand van sy/haar paradigma, kenmerke
en gedrag gekonstrueer. 'n Proses van meaning making word voorgehou, terwyl

lewenssin as integrasie van teenoorgesteldes gekonstrueer word.



Daar word gepostuleer dat die sakepersoon met 'n belewenis van lewenssinvolheid die landskap van
sy/haar psige relasioneel bewoon. Daarteenoor openbaar 'n belewenis van Jewenssinloosheid 'n
nie-relasionele orientasie, paradigma en bewoning van die wereld.


In die fenomenologiese ondersoek is gebruik gemaak van die onderhoud om die fenomeen, lewenssin,
te laat ontvou. Die steekproef het bestaan uit getroude sakelui, dertig jaar en ouer, en
woonagtig in Gauteng. Heterogeniteit in terme van geslag, geloofsoortuigings en korporatiewe
opset is ook verreken.
Uit die ondersoek ontvou ses temas wat sentreer om ruimtelikheid, basiese stemming,
beliggaming en bewoning, asook die teenwoordigheid van die psige, andere en die wereld (wat
die aarde en 'n transpersoonlike entiteit insluit). Dit blyk dat die Suid-Afrikaanse sakepersoon
sy/haar landskap vera! nie-relasioneel bewoon. Elemente van relasionele bestaan is wei aanwesig.
Tog word die begeerte aan 'n meer relasionele bestaan in die behoeftes en versugtinge van die
betrokke sakelui verwoord.


Die gevolgtrekking word gemaak dat gebrekkige relasies in verband gebring kan word met 'n
nie-relasionele paradigma wat lewenssinloosheid tot gevolg het. Op 'n kontinuum van lewenssin
word bevind dat Suid-Afrikaanse sakelui nader aan die pool van lewenssinloosheid le, met 'n
behoefte aan 'n beweging na die teenoorgestelde pool, naamlik lewenssinvolheid.
Om lewenssinvolheid, lewenskwaliteit, en optimaliteit te bevorder, word aanbeveel

dat die relasionele paradigma as vertrekpunt dien by remedierende ingrepe. / The purpose of this research is to theoretically outline and operationalise meaning in

life as it applies to the life-world of situated South African businesspersons, and to describe
phenomenologically their experience of that phenomenon.

integration of opposites.



It is posited that the businessperson experiencing life as meaningful, inhabits the landscape of
his/her psyche in a relational way. In contrast, the person experiencing life as meaningless,
displays a non-relational orientation, paradigm and being-in-the­ world.


The phenomenological investigation made use of interviews to allow the phenomenon, meaning in
life, to unfold. The sample consisted of married business persons, thirty years and older, and
residing in Gauteng. Heterogeneity (in terms of gender, religious convictions and
corporate circumstances) was also taken into account.

Meaning, with meaningfulness and meaninglessness as its two extremes on a continuum,
was examined, focusing on life orientation, engagement style, values, spirituality, growth,
development, transcending, alienation, transitoriness and fatalism, conformism,
collectivism, fanaticism, and aspiring to mythical success.


In the literature investigation, which was based on existential, humanistic and holistic
paradigms, operational definitions of meaningfulness and meaninglessness were construed. The
profile of the South African businessperson experiencing the phenomenon, was construed with
reference to his/her paradigm, characteristics and conduct. A meaning making process is
proffered, while meaning is construed as an
Six themes unfold from the investigation, centring around spatiality, basic mood, human bodiliness
and being-in-the-world, as well as the presence of the psyche, other people and the world
(including the earth and a transpersonal entity). The South African businessperson appears to
inhabit his/her landscape in a mainly non­ relational manner. There are some elements of
relational existence, but the needs and heart's desires voiced by the businesspersons concerned
point to a longing for a more relational existence.


In conclusion: Deficient relations can be associated with a non-relational paradigm, which causes
an experience of life as meaningless. A meaning continuum shows South African businesspersons as
figuring closer to meaninglessness, and needing to move towards the opposite pole, namely
meaningfulness.
To promote meaningfulness, quality of life and optimal functioning, the relational paradigm is
recommended as point of departure in remedial intervention. / Industrial and Organisational Psychology / DCom (Bedryfsielkunde)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17938
Date06 1900
CreatorsCronjé, Maretha
ContributorsCilliers, Frans
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xxiv, 517 leaves)

Page generated in 0.003 seconds