Return to search

Die vestiging van 'n leerkultuur in 'n kinderhuisskool

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to research the establisment of a culture of learning in a
childcare school.
The appeal by the government of the establisment of a culture of learning, serves as
background to this study. This appeal implies a change of attitude by both learners
and educators with regard to the learning and teaching process. The objective of this
change is to prioritize learning and teaching in schools. This will enable learners to
effectively develope intelectually, personally and socially. The feasibility to
transform the school to a learning organization , is being researched. In a learning
organization , learning is being internalised. Transformation to a learning
organization will ensure that the school keeps pace with, and make the neccesary
adjustments relative to the change. In achieving the transformation to a learning
organization, such a school can be sure that learning and teaching will remain a top
priority.
This study is a situational analysis of a childcare school, which requested to remain
anonymous. This analysis clearly expose the lack of a culture of learning at this
school, due to the cultural bagage of the learners, which are manifested in serious
behavioral problems, and which in turn prevent an effective learning prosess.
The behavioral problems impede an the educators abillity to teach effevtively. It
leads to high stress levels and a low morale. It is very clear that this situation can only be remedied if the behavioral problems of the learners are effectively dealt
with.
The study begins with identifying the problems and setting the questions for research.
In the ensuring chapters, a study of the literature, a situational analysis and proposed
programme to establish a culture of learning, follows.
The proposed programme, amongst others, put forward a strategy to eliminate the
behavioral problems of learners as well as reducing the stress-levels of the educators.
It uniformaly focusses on the role of the prinicipal in obviating the said
encumbrances, and the transformation to a learning organization. The programme
includes a comprehensive discussion of strategic planning as an instrument In
establishing a culture of learning and transformation to a learning organization.
The programme can possibly serve as a guideline for schools which accommodate
large numbers oflearners with serious behavioral problems. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die vestiging van 'n leerkultuur in 'n kinderhuisskool is in hierdie studie ondersoek.
Die studie is onderneem teen die agtergrond van die regenng se oproep om 'n
leerkultuur in ons skole te vestig. Hierdie oproep impliseer 'n verandering in leerders
en onderwysers se ingesteldheid ten opsigte van leer en onderwys. Hierdie
verandering het dit ten doel dat leer en onderrig prioriteit in skole sal geniet. Die
moontlikheid om die skool in 'n lerende organisasie te transformeer word ondersoek.
In 'n lerende organisasie word leer geïnternaliseer. Transformasie na 'n lerende
organisasie sal verseker dat die skool tred hou met verandering en die nodige
koersaanpassings maak. Indien 'n skool daarin kan slaag om tot 'n lerende organisasie
te transformeer sal dit verseker dat leer en onderrig altyd prioriteit by die skool sal
bly.
Hierdie studie is 'n situasie-analise van 'n kindershuisskool, wie op versoek anoniem
wil bly. Vanuit die situasie-analise blyk dit duidelik dat daar nie 'n leerkultuur in die
skool aanwesig is nie. Die leerders se kulturele bagasie, wat uitdrukking vind in
ernstige gedragsprobleme, verhoed dat effektiewe leer plaasvind. Die
gedragsprobleme kortwiek die onderwysers se werkverrigting aangesien dit
aanleiding gee tot hoë stresvlakke en dus 'n lae moraal. Dit blyk baie duidelik dat dit
slegs moontlik sal wees om 'n leerkultuur te vestig indien die leerders se
gedragsprobleme effektief aangespreek kan word.
Die studie begin deur die probleem en navorsingsvrae te stel. Die volgende
hoofstukke behels 'n studie van die literatuur, die situasie-analise en 'n voorgestelde
program om 'n leerkultuur in die skool te vestig.
Die voorgestelde program doen, onder andere, strategieë aan die hand om die leerders
se gedragsprobleme te elimineer en om die onderwysers se stresvlakke te laat daal.
Dit fokus deurgaans op die prinsipaal se rol in die uitskakeling van bogenoemde
hindernisse en sy rol in die vestiging van 'n leerkultuur en die transformering na 'n
lerende organisasie. Die program sluit 'n volledige bespreking van strategiese
beplanning as instrument in die vestiging van 'n leerkultuur en die transformering na
'n lerende organisasie in.
Die program kan moontlik as riglyn dien vir skole wie groot getalle leerders met
gedragsprobleme huisves.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52801
Date03 1900
CreatorsArendse, Abraham John
ContributorsPrinsloo, N. P., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format133 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0328 seconds