Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Bruce Sherr, commodities research expert, asked the question: "What are the three things
that drive global agriculture today?" "China, China, China", he quoted in answering his
own question.
China has 1,2 billion people with tremendous purchasing power and has maintained an
economical growth rate of more than 8% over the past five years. All indications are that
this growth rate will be sustained in the immediate future. This naturally makes China an
export market worth considering.
The South African citrus industry underwent material changes during 1997, which lead to
the deregulation of a single marketing structure from the 1st of January 1998 that
previously forced citrus producers to deliver all their citrus for export to Outspan, now
Capespan. This caught the majority of citrus producers off-guard, as they suddenly had to
decide among numerous agents/buyers who joined the industry as role players. A few of
the smaller citrus producers even embarked on the direct marketing of their citrus to cut
out the "middle man" in an attempt to save costs and negotiate higher prices, with mixed
results. It is generally believed that better prices can be achieved by embarking on a
direct marketing strategy, but is the process really that simple?
This study will investigate the possible exportation of citrus to the People's Republic of
China (PRC) by analysing the Chinese market as citrus exports to China has yielded
acceptable returns in the past and is certainly an export market to consider. The analysis
of the Chinese market will be followed by the broad design of an export marketing plan
for citrus to the PRC using a medium sized citrus export company as an example.
In conclusion and as a summary certain important issues impacting specifically on the
export of South African citrus to the PRC will be addressed and the findings on the
viability of implementing an export strategy for citrus to the PRC recommended. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Bruce Sherr, 'n kenner op die gebied van navorsing van kommoditeite het eendag die
vraag gevra: "Watter drie dinge dryf die wêreldlandbou deesdae?" "China, China, China"
het hy self sy vraag geantwoord.
China beskik oor 1,2 biljoen inwoners met 'n ongelooflike koopkrag en handhaaf 'n
ekonomiese groeikoers van meer as 8% per jaar oor die laaste 5 jaar. Alle aanduidings is
dat hierdie groeikoers volhou sal word vir die afsienbare toekoms. Hierdie feite maak van
China 'n vanselfsprekende mark om te oorweeg vir die uitvoer van produkte.
Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf het geweldige veranderings ondervind gedurende 1997,
wat gelei het tot die afskaffing van 'n een-kanaalbemarkingstruktuur vir sitrus vanaf 1
Januarie 1998, wat voorheen sitrusprodusente verplig het om alle sitrus vir die
uitvoermark aan Outspan, nou Capespan, te lewer. Hierdie wysiging het die meeste
sitrusprodusente onkant gevang wat skielik 'n keuse moes maak tussen die menigte
agente/kopers wat tot die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf toegetree het. Sommige van die
kleiner sitrusprodusente het selfs hul hand aan direkte bemarking gewaag in 'n poging om
die "middelman" uit te skakel in 'n poging om koste te bespaar en hoër pryse te beding,
met gemengde welslae. Daar word algemeen geglo dat hoër pryse behaal sal kan word
deur 'n direkte bemarkingstrategie te volg, maar is die proses werklik so eenvoudig?
Hierdie studie sal die moontlike uitvoer van sitrus na die Peoples Republic of China
(PRC) ondersoek deur die Chinese mark te analiseer, aangesien sitrusuitvoere na China in
die verlede 'n aanvaarbare opbrengs gelewer het, wat dit sekerlik 'n uitvoermark maak
om te oorweeg. Die analise van die Chinese mark sal opgevolg word deur die breë
ontwerp van 'n uitvoerbemarkingsplan vir sitrus na die PRC deur 'n mediumgrootte
sitrusuitvoermaatskappy te neem as voorbeeld.
Ter afsluiting en opsomming sal sekere belangrike aspekte wat 'n invloed kan uitoefen op
die uitvoer van Suid-Afrikaanse sitrus na die PRC aangespreek word en sal daar 'n finale
bevinding gemaak word oor die lewensvatbaarheid van die implimentering van 'n
uitvoerbemarkingstrategie vir sitrus na die PRC.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52083 |
Date | 12 1900 |
Creators | Du Toit, Jacobus Stephan |
Contributors | Venter, J., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business . |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 77 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.002 seconds