Return to search

The blurred lines between war and crime : the case of Colombia

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: This research assignment deals with the breakdown in the Clausewitzian concept of
the modern trinitarian structure of war. Martin Van Creveld in his book entitled, “The
Transformation of War” written in 1991, discusses ‘Future War’ and the way in which
wars will be fought. It will not be the highly technical interstate kind of war the West
has been preparing for, but rather low intensity conflict where the lines between state,
soldier and civilian become blurred, society becomes a war zone and the conflict
becomes a more direct experience for the people.
Colombia is a prime example of where this is occurring and the most salient
manifestation of the low intensity conflict is the blurring of the lines between war and
crime. There are left wing guerrillas fighting for social justice for the dispossessed
population, but their tactics resemble crime and the government views them as
terrorists. They run a self-sufficient organisation, one of the most profitable insurgent
groups in the world largely funded through kidnap ransom payments. The right-wing
paramilitaries are on a quest to cleanse Colombian society of the guerrillas and
assassinate suspected guerrilla sympathisers. To complicate issues, both insurgent
groups are involved in the drug trafficking trade, whether it be directly or by way of
taxing land on which coca is grown.
In this situation, war and crime have become inextricably linked and a distinction
between the two is impossible on both practical and conceptual levels. However, if it
is not crime and it is not war, but a complicated melange of the two, a new framework
for analysis is required in order to attempt a solution. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingsprojek gaan oor die ineenstorting van die Clausewitziaanse begrip
van die moderne Trinitariese oorlogstruktuur. In sy boek, getiteld "The
Transformation of War" wat in 1991 geskryf is, bespreek Martin van Creveld die
'toekomstige oorlog' en die wyse waarop oorloë gevoer staan te word. Dit sal nie die
hoogs tegniese interstaatlike soort oorlog wees waarvoor die Weste hom voorberei
nie, maar eerder 'n lae intensiteitskonflik waar die lyne tussen die staat, soldaat en
burgerlike ineenvloei; die gemeenskap word 'n oorlogsone en die konflik word 'n
direkte ervaring vir die bevolking.
Kolombië is 'n goeie voorbeeld van waar dit besig is om plaas te vind en die mees
kenmerkende manifestasie van die lae intenstiteitskonflik is die vervloeiing van die
skeidslyne tussen oorlog en misdaad. Daar is linksgesinde guerrillas wat om sosiale
geregtigheid veg namens die onteiende bevolking, maar hul taktiek kom voor soos
misdaad; en die regering beskou hulle inderdaad as misdadigers. Hulle beheer 'n
selfversorgende organisasie, een van die winsgewendste versetsgroepe in die wêreld
wat tot 'n groot mate gefinansier word by wyse van ontvoering van mense, met die eis
van lospryse vir vrybetaling. Die regsgesinde paramilitêre groepe is op 'n sending om
die Kolombiaanse gemeenskap te suiwer van die guerrillas en bring vermeende
guerrilla simpatiseerders om die lewe. Om sake te kompliseer, is albei opstandsgroepe
betrokke in die dwelmsmokkelhandel, hetsy direk, of indirek by wyse van belasting
op die grond waarop coca gekweek word.
In hierdie situasie het oorlog en misdaad onteenseglik verweefd met mekaar geraak en
is dit nie moontlik om enige onderskeid tussen hulle te tref op hetsy die praktiese of
die konseptuele vlakke nie. Indien dit dan nie oorlog is nie en ook nie misdaad nie,
maar wel 'n ingewikkelde verweefdheid van die twee, dan word 'n nuwe analitiese
raamwerk vereis om te poog om 'n oplossing te vind.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16509
Date12 1900
CreatorsWenger, Mireille Mary
ContributorsDu Toit, P. V. D. P., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Political Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds