Return to search

n Ondersoek na waarom konstruksieprojekte van munisipale dienste dikwels laat voltooi word, alhoewel dit met behulp van die beskikbare tegnieke geskeduleer is

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2000. / Page 62 of digitised copy may appear cut off and pages 63-64 missing due to the condition of the original hard copy. / ENGLISH ABSTRACT:
Modern management planning and control systems dates back to World War I in 1915.
The development of the bar chart during that time by Henry L. Gantt was a drastic
improvement on previous methods. The size, complexity and risks associated with
modern technical sophisticated projects has required the development of new methods.
This led to the development of the critical path method which was developed in the
United States of America during the period 1956 to 1958. Since then various methods
have been developed with the aim of meeting special requirements.
The extent of achieving success for construction projects, varies drastically according
to the application of project scheduling techniques. This statement is confirmed by
various studies conducted in an attempt to analyse the scheduling and controlling of
construction projects, but due to the complexity of the time-cost-problem which is
coupled to construction projects, problems are still being experienced with the
successful or timeous completion of construction projects. Regarding the problems
being experienced to complete construction projects timeously, this investigation will
attempt to find underlying reasons for these problems and to determine proper
solutions. This investigation will therefore focus on the reasons why deviations from
the schedules occur so frequently, and what can possibly be done to prevent it. From
the aforementioned the following can be concluded:
An investigation into the reasons why construction projects making use of municipal
services are often completed late, although it was scheduled with the help of network
techniques.
The procedure that was followed for the investigation was firstly the formulation of
goals and study area. Thereafter a literature study was done that covered the following
aspects of the study:
• background of project management, network techniques, time and cost
management;
• identification of factors that could possibly contribute to the late completion of
construction projects;
• description of factors in terms of the following:
definition and meaning of factors in context of project management;
possible reasons why it occurs;
consequences in the event of it occurring;
possible solutions.
Further follows the gathering, processing, analysing of the data and finally the
conclusion and summary. With reference to this data, table i contains a list of factors
that can possibly lead to the late completion of construction projects. All the factors
that, according to the study, have a real contribution to the late completion of
construction projects, are marked with an X in the remarks column of table i. When a
project is thus initiated, it would be advisable to take note of the possible influences
that the factors marked X in the remarks column of table i could have. This information
is applicable to all projects in the study area irrespective of its characteristics. This
information is also processed further so that conclusions can be drawn for projects with
certain characteristics. This study shows that the average additional costs incurred for
the late completion of a project are between 13,2 percent and 18,9 percent of the
tender price, depending on the extent of the project. By focusing on critical factors,
significant sums of money can thus be saved.
The writer is of the opinion that the goals of the study regarding the actual subject
were achieved. The results are highly applicable to the realities in practice and
implementation thereof can certainly have significant results. Considering that no
previous studies have been done on this subject, the focus of the study was wider than
expected because the unknown is so much greater. With the study completed, further
studies can now focus on the relevant aspects of the subject. This should lead to the
refining of the aspects, resulting in a more practical implementation of the results. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Moderne bestuursbeplanning en kontrolestelsels dateer sedert die Eerste Wêreldoorlog
vanaf 1915. Henry L. Gantt het in dié tyd die strepieskaart ontwikkel, wat 'n drastiese
verbetering op vorige metodes was. Die grootte, kompleksiteit en risiko's wat
geassosieer word met hedendaagse, tegnies gesofistikeerde projekte, het vereis dat
nuwe metodes ontwikkel moes word. Dit het gelei tot die ontwikkeling van die kritiekepad-
metode, wat gedurende die tydperk 1956 tot 1958 in die Verenigde State van
Amerika ontwikkel is. Sedertdien is verskeie metodes ontwikkel wat daarop gemik is
om spesifieke behoeftes aan te spreek.
Die mate van tydige voltooiing van konstruksieprojekte varieer drasties na gelang van
die toepassing van projekskeduleringstegnieke. Hierdie stelling word bevestig deur
verskeie studies wat geloods is om die skedulering en kontrolering van
konstruksieprojekte te ontleed, maar vanweë :die komplekse tyd-koste-probleem wat
gepaard gaan met konstruksieprojekte, word nog steeds probleme ondervind met die
suksesvolle of tydige voltooiing van konstruksieprojekte. Met verwysing na die
probleme wat ondervind word om konstruksieprojekte tydig te voltooi, gaan daar met
dié ondersoek gepoog word om onderliggende redes daarvoor te soek en oplossings aan
-,--..::.:.~.:.:"
die hand te doen. Die ondersoek gaan dus-fokus op die redes waarom daar dikwels
afgewyk word van skedules, en wat gedoen kan word om die afwykings te voorkom.
Vandaar dan die onderwerp, wat as volg lui:
'n Ondersoek na die redes waarom konstruksieprojekte van munisipale dienste in baie
gevalle laat voltooi word, alhoewel dit met behulp van netwerktegnieke geskeduleer is.
Die prosedure wat gevolg is met die ondersoek, is eerstens die formulering van die
doelwitte en studiegebied. Daarna volg 'n literatuurstudie, wat die volgende aspekte
van die studie hanteer:
• agtergrond van projekbestuur, netwerktegnieke en die bestuur van tyd en koste;
• identifisering van faktore wat moontlik kan bydra tot die laat voltooiing van
konstruksieprojekte;
• beskrywing van die faktore in terme van die volgende:
definisie en betekenis van faktor in konteks van projekbestuur;
moontlike redes waarom dit voorkom;
gevolge indien dit sou voorkom;
moontlike oplossings.
Verder volg die insameling, verwerking en analisering van die data en laastens die
gevolgtrekkings en samevatting. Met verwysing na die data, toon Tabel ii 'n lys van die
faktore wat geïdentifiseer is wat moontlik kan bydra tot die laat voltooiing van
konstruksieprojekte. Alle faktore wat volgens die studie 'n wesenlike bydrae lewer tot
die laat voltooiing van konstruksieprojekte, is in die opmerkingskolom van Tabel ii met
'n X gemerk. Wanneer 'n projek van stapel gestuur word, sal dit raadsaam wees om ag
te slaan op die moontlike invloed van die faktore wat gemerk is met In X in die
opmerkingskolom van Tabel ii. Die inligting is van toepassing op alle projekte in die
studiegebied, ongeag die kenmerke van die projekte. Die inligting is ook verder verwerk
sodat gevolgtrekkings gemaak kan word vir projekte met sekere kenmerke. Die studie
toon aan dat die gemiddelde addisionele kostes as gevolg van die laat voltooiing van 'n
projek, tussen 13,2 persent en 18,9 persent van die tenderbedrag beloop, afhangende
van die omvang van die projek. Deur dus te fokus op die kritieke faktore, kan
aansienlike bedrae geld bespaar word.
Die skrywer is van mening dat die doelwitte van die studie aangaande dié aktuele
onderwerp bereik is. Die resultate is hoogs van toepassing op die realiteite in die
praktyk, en die toepassing daarvan kan beslis noemenswaardige resultate tot gevolg hê.
Aangesien daar nie voorheen studies gedoen is oor die onderwerp nie, was die fokus
van die studie breër as wat verwag is, omdat die onbekende soveel groter is. Met die
studie voltooi, kan daar nou deur verdere studies gefokus word op die relevante aspekte
van die onderwerp. Dit behoort te lei tot 'n verfyning van die aspekte, en gevolglik 'n
meer praktiese toepassing van die resultate.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51854
Date12 1900
CreatorsEsterhuyzen, T. J.(Theunis Jacobus)
ContributorsBrown, C. J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format222 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds