Return to search

Bakens op die weg : die bekeringsverhale van Augustinus en C.S. Lewis

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: Two literary conversion narratives with much historical detail, are compared in this thesis: the
Confessiones written by the renowned fourth century church-father, St. Augustine, and
Surprised by Joy written by the twentieth century writer and scholar, C.S. Lewis. In order to
understand St. Augustine's conversion to the Christian faith, Christian religion as a social
phenomenon in the Ancient World is discussed. As background for the discussion and
comparison of the two conversion narratives, a brief biography is given of St. Augustine and
of Lewis, as well as a description of each one's course of conversion. The research is
structured In terms of beacons that St. Augustine identified during the course of his
conversion: people who played a significant role, events that influenced his life, and inner
conflict that spurred him on his way. By means of an analysis regarding theme and content, it
is shown that there are clear similarities between the beacons identified by Augustine and
Lewis in their conversion narratives. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word twee literêre bekeringsverhale waarin die historiese werklikheid deur die
skrywers weergegee word, met mekaar vergelyk: die Confessiones van die vierde eeuse
kerkvader Augustinus, en Surprised by Joy van die twintigste eeuse skrywer en geleerde C.S.
Lewis. Om Augustinus se bekeringsverhaal histories te kan plaas teen die agtergrond waarin
hy geleef en tot bekering gekom het, word 'n uiteensetting gegee van die Christelike
godsdiens as 'n sosiale fenomeen in die Antieke Wêreld. 'n Kort lewensbeskrywing van
Augustinus en Lewis en 'n oorsig van die weg wat elkeen se bekering gevolg het, dien as
agtergrond vir die bespreking en vergelyking van die twee bekeringsverhale. Die navorsing
word gestruktureer aan die hand van bakens wat Augustinus op sy bekeringsweg uitgelig het:
persone wat 'n beduidende rol gespeel het, gebeure wat hom beïnvloed het, innerlike konflik
wat hom voortgedryf het. Die tesis toon deur 'n analise op grond van inhoud en tematiek aan
dat daar duidelike ooreenkomste is tussen die bakens op Augustinus se bekeringsweg en dié
op Lewis se bekeringsweg.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50286
Date12 1900
CreatorsSmit, Christine
ContributorsKotzé, A., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Ancient Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format81 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0022 seconds