Return to search

Die objek van outeursreg

Thesis (LLM)--Stellenbosch University, 1989. / ENGLISH ABSTRACT: English abstract not available / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele opvatting was dat Outeursreg gemoeid is met die beskerming van die materiele vorm waarin idees vasgele is. Sedertdien het die klem egter verskuif na die beskerming
van die idee self mits dit egter in stoflike vorm vervat is.
In hierdie tesis word ondersoek ingestel na wat presies die
objek van Outeursreg is en watter rol stoflike aanbieding in
Outeursreg sped.
Ter aanvang word gekyk na die ontstaan en ontwikkeling van
Outeursreg. Daar word gekyk na die pick wat Outeursreg in
die regsisteem beklee met spesifieke verwysing na die
tradisionele indeling van subjektiewe regte. Dit blyk
hieruit dat Outeursreg, as bestaandeel van Immaterieel
goedereg, 'n onstoflike regsobjek het nl. die produk van die
outeur se geestesarbeid of dan sy idee.
Die verwysing na die vereiste van stoflike aanbieding van
idees verg egter nadere ondersoek. Die Wet op Outeursreg 98
van 1973 word ontleel met betrekking tot die aard van
beskermde werke; vereistes vir Outeursregbaskerming;
definisies van terme soos "outeur" en "maak" asook die van
die onderskeie werke; die eiendomsregterminologie en
skendingshandelinge. Regsvergelykend word oorsigtelik ook na
die Amerikaanse Reg verwys. Uit hierdie ontleding blyk
stoflikheid vir doeleindes van die tradisionele
Outeursregwerke te verwys na tasbare aanbieding daarvan, mar dat sb 'n eng definisie nie gehandhaaf kan word ten opsigte van moderne tegnologiese ontwikkelings soos uitsendings en programdraende seine nie, aangesien hierdie
werke van sä 'n aard is dat tasbare vasle:gging daarvan nie
noodwendig altyd plaasvind nie. Onder die skrywers wat
hierdie probleem bespreek is professors Copeling en Van der
Merwe wat aan stoflikheid 'n alternatiewe, wyer betekenis
toedig nl. kommunikeerbare of sintuiglik waarneembare
aanbieding. 'n Botsing tussen die tradisionele en aanbevole
definisie van stoflikheid in die regspraak word ook
uitgewys. Ten einde tegnologie te akkommodeer word die wyer
definisie van stoflikheid in hierdie tesis voorgehou.
Die implikasies van hierdie wyer definisie van stoflikheid
is egter verreikend. Professor Copeling bevestig dan ook dat
dit die moontlikheid van Outeursreg in mondelinge
kommunikasies inhou. Gevolglik word daar veral gekyk waarom
idees as sulks beskerm word deur Onregmatige Mededinging,
maar nie deur Outeursreg nie - 'n vraag wat beantwoord word
met verwysing na die invloed van moderne tegnologie op die
tradisionele indelings van die Immaterieel goederereg. Uit
hierdie ondersoek blyk dit dat Onregmatige Mededinging berus
op die Immaterieel goederereg in plaas van die Deliktereg.
Die uitgebreide definisie van stoflikheid veroorsaak dat die
bestaande indelings van Immaterie61 goedereregte versmelt.
Dit ruim ook die huidige konflik rondom die vereiste van
stoflikheid in die Wet op Outeursreg 93 van 1973 uit die weg.
Laastens word kortliks gewys op die drastiese veranderinge in die spelreels vir inligtingsprodukte wat nodig sal wees om die balans tussen die aansprake van Outeursreghebbendes en die gemeenskap te handhaaf indien die uitgebreide
definisie van stoflikheid aangewend word.
Uiteindelik dien stoflikheid ook in sy uitgebreide vorm
steeds die tradisionele doe om die werk af te skei van die maker se persoonlikheid en dit sodoende buite die mens gelee te maak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/66768
Date03 1900
CreatorsHanekom, H. L. D. (Hendrik Lodewyk Deetlefs)
ContributorsJordaan, H. A., Stellenbosch University. Faculty of Law. Department of Mercantile Law
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatix, 117 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds