Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: One of the objectives of corporate reporting is the communication of
information on a company's performance to all stakeholders. The traditional
financial statements (balance sheet, income statement and the cash flow
statement) do not sufficiently meet all of the above requirements. In view of
this, the study project acknowledges the need for corporate reporting beyond
the traditional conventional financial reports. This therefore necessitated the
use of a Value-Added Statement (VAS) as one of the financial statements that
is regarded to have the ability to enhance corporate reporting.
A VAS is based on an economic concept and, therefore, a contribution of a
specific company towards the Gross Domestic Product (GOP) can be directly
measured. Although a VAS does not solely disclose all of the information
pertaining to the economic performance of business enterprise, it is believed
that the statement can assist interested parties in making well-informed
economic decisions. However, the publication of a VAS is still not a statutory
regulation in South Africa.
The findings indicate some limitations in the manner in which a VAS is
published. The format is not statutory and is not audited, but there are
opportunities for further research and improvement. This aspect has
unfortunately led some users to mistrust the statement. For example, it almost
always indicates that the labour component takes most of the value added
(Hird, 1983).
Statistical tests (e.g. Shapiro-Wilk's W Spearman R Test, histograms) have
been conducted. These tests show a weak negative relationship between
change in number of employees and change in value added by each
employee. This suggests that value added per employee is not the only factor
that contributes to productivity. There is therefore not enough evidence to
conclude that companies that reduce the number of employees improve
productivity. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Een van die doelwitte van korporatiewe verslaggewing is om inligting oor die
prestasie van 'n maatskappy aan alle belangegroepe te kommunikeer. Die
tradisionele finansiële state (balansstaat, inkomstestaat en kontantvloeistaat)
voldoen nie heeltemal aan bogenoemde vereistes nie. In die lig hiervan erken
die studieprojek die behoefte aan korporatiewe verslaggewing bo en behalwe
die tradisionele finansiële verslae. Dit het dus die gebruik van die
toegevoegdewaardestaat (TWS) genoodsaak as een van die finansiële state
wat daartoe kan bydra om korporatiewe verslaggewing te verbeter.
'n TWS is gebaseer op 'n ekonomiese konsep. Daarom kan 'n bydrae van 'n
spesifieke maatskappy tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) direk gemeet
word. Hoewel 'n toegevoegdewaardestaat nie op sy eie al die inligting oor die
ekonomiese prestasie van 'n besigheidsonderneming blootlê nie, kan dit
belangstellende partye help om ingeligte ekonomiese besluite te neem. Die
publikasie van 'n toegevoegdewaardestaat is egter nog nie 'n statutêre
regulasie in Suid-Afrika nie.
Die bevindinge dui op 'n aantal beperkinge in die wyse waarop 'n TWS
gepubliseer word. Die formaat is nie statutêr nie en word nie geouditeer nie,
maar daar is geleenthede vir verdere navorsing en verbetering. Hierdie aspek
het ongelukkig daartoe gelei dat sommige gebruikers die staat wantrou.
Byvoorbeeld: Die VAS dui feitlik altyd aan dat die arbeidskomponent die
meeste van die toegevoegde waarde opneem (Hird, 1983).
Statistiese toetse (bv. Shapiro-Wilk se W Spearman R Toets, histogramme) is
uitgevoer. Hierdie toetse dui op 'n swak negatiewe verhouding tussen
verandering in die aantal werknemers en verandering in die waarde wat deur
elke werknemer toegevoeg word. Dit dui daarop dat die waarde wat per
werknemer toegevoeg word nie die enigste faktor is wat bydra tot
produktiwiteit nie. Daarom lewer dit nie genoegsaam bewys om tot die
gevolgtrekking te kom dat maatskappye wat hul aantal werknemers verminder
terselfdertyd produktiwiteit verhoog nie.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50069 |
Date | 03 1900 |
Creators | Gogotya, Ntombizodwa Wonkie |
Contributors | Hamman, W. D., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. Graduate School of Business. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 362 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds