Return to search

Die beginsels van proaktiewe polisiƫring met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse polisie

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / Misdaad is deesdae op almal se Iippe. Daar verloop nie 'n dag of die media lewer verslag oor een of ander vorm van misdaad wat plaasgevind het nie. Die vraag is nou wat gedoen kan word om die vlaag van misdaad in Suid-Afrika te stop en lewe en eiendom te beskerm. Feit is dat daar nie slegs 'n enkele stap is wat gedoen kan word om misdaad te voorkom nie. 'n Gesamentlike poging deur die hele gemeenskap is die
enigste wyse waarop misdaad voorkom kan word. Proaktiewe polisiering kan aileen slaag indien die gemeenskap kollektief verantwoordelikheid
vir misdaad aanvaar en daadwerklik optree om misdaad te voorkom. Die
polisie, as aktiewe vennoot in die voorkoming van misdaad, het 'n opvoedingstaak deur die gemeenskap in te lig oor hoe misdaad gepleeg word, wanneer en waar dit gepleeg word en wat gedoen kan word om kwesbaarheid te verminder. 'n Gesindheid van omgee vir mekaar moet dus by die gemeenskap (die passiewe vennoot) gekweek
word. Hieruit volg respek vir die lewe en eiendom van 'n ander en dit sal lei tot aktiewe optrede. Presipiterende polisiering deur die gemeenskap is 'n teken van geslaagde opvoeding. Dit word nie net ge"illustreer deur die verharding van die fisiese om9ewing nie, maar ook deur die betrokkenheid van die gemeenskap in die omgewing om dit
veilig en aangenaam vir almal te maak. Blywende sukses kan slegs verseker word indien die polisie en die gemeenskap ondersteuning
van ander departemente ontvang. Slegs wanneer die gemeenskap totale
samewerking van aile belanghebbendes ervaar sal hulle gemotiveerd wees en voortgaan om betrokke te bly. / These days crime is on everybody's lips. Not a day passes without the media reporting on some or other crime which has taken place. The question that arises is what can be done to stop the crime wave in South Africa and protect lives and property. The fact is, there is no one single step that can be taken to prevent crime. A joint effort by the community as a whole is the only way in which crime can be prevente. Proactive policing can be successful only if the community accepts collective responsibility for crime and makes a conscious effort to prevent crime. The police as an active partner in crime prevention should educate the community about how crime is committed, when and where it is committed and what can be done to decrease vulnerability to crime. An attitude of caring for each other must be cultivated in the community (the passive partner). This will result in respect for lives and property of
others and will lead to proactive conduct. Precipitating policing by the community is a sign of successful education. This is illustrated not only by the hardening of the physical environment, but also by the community's involvement in ensuring that the environment is a safe and pleasant place for all. Lasting success can only be ensured if the police and the community are supported by other departments. Only when the community has the full co-operation of all parties concerned, will members of the community be motivated to remain involved. / Police Practice / D.Litt. et Phil. (Police Practice)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/15703
Date08 1900
CreatorsOlivier, Nicolaas Jacobus Campher
ContributorsSmit, B. F. (Bernardus Francois), 1942-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 electronic resources (xi, 360 leaves)

Page generated in 0.0021 seconds