Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Business-to-business services relating to physical asset management are playing
an increasingly important role in industry. This is in the midst of the current
pressures which asset owning organisations are experiencing in realising optimal
value from their assets. The pursuit of understanding and complying with asset
management standards such as ISO 55000 as well as the potential value to be
gained from successful and sustainable business relationships contributes towards
the importance of these services.
The problem is that there is little or no evidence regarding the critical success
factors for collaborating successfully in asset management services. The study
identi es these critical success factors and demonstrates how the factors can di er
between role players, industries, global regions and service types. A decision support
model is developed providing the asset management community with access
to the critical success factors for decision-making purposes. Based on the synthesis from internationally conducted Delphi- and survey studies
it is found that the continued and sustained commitment from the asset owning
organisation's senior management in support of the asset management service is the
most critical factor for a successful asset management service partnership. Open
and e ective communication is also highlighted as being critical, while it is important
to have a process in place to improve the service continuously. Laboratory
and eld testing con rm the validity of the decision support model for facilitating
the decision-making process to improve asset management services, and in addition
it also formalises the commercial and contracting processes relating to these
services. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Besigheid-tot-besigheidsdienste met betrekking tot siese batebestuur speel 'n toenemende
belangrike rol in die industrie. Dit is te midde van die druk wat batebesittende
organisasies tans ondervind om optimale waarde uit hul siese bates te
verkry. Die strewe na beter begrip en om te voldoen aan batebestuurstandaarde
soos ISO 55000, asook die potensiële waarde wat verkry kan word uit suksesvolle en
volhoubare besigheidheidsvennootskappe, dra by tot die belangrikheid van hierdie
dienste.
Die probleem is daar bestaan min of geen bewyse rakende die kritiese suksesfaktore
vir suksesvolle samewerking in batebestuurdienste. Die studie identi seer
die kritiese suksesfaktore en toon aan hoe hierdie faktore kan verskil tussen rolspelers,
industrieë, wêreldstreke en dienstipes. 'n Besluitnemingsmodel is ontwikkel
wat die batebestuurgemeenskap toegang gee tot die kritiese suksesfaktore vir besluitnemingsdoeleindes. Gebaseeer op die sintese van internasionale Delphi- en opnamestudies is daar
bevind dat die mees kritieke faktor vir 'n suksesvolle vennootskap in batebestuurdienste
die voortgesette en volgehoue toewyding deur die bate-besittende organisasie
se senior bestuur, ter ondersteuning van die batebestuurdiens, is. Doeltre ende
en openhartige kommunikasie is ook uitgewys as krities, terwyl dit belangrik is om
'n proses te volg om die diens voortdurend te verbeter. Laboratorium- en praktyk
toetsing het bevestig dat die besluitnemingsmodel geldig is vir die fasilitering van
die besluitnemingsproses om batebestuursdienste te verbeter asook vir die formalisering
van die kommersiële en kontraktuele prosesse wat verband hou met hierdie
dienste.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/95875 |
Date | 12 1900 |
Creators | Jooste, Johannes Lodewyk |
Contributors | Vlok, P. J., Schutte, C. S. L., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Department of Industrial Engineering. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xvii, 405 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0019 seconds