Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Policies made by the government of a democratic country affect the lives of all
citizens whether directly or indirectly. Policies should therefore represent the values
of a democratic society. Since South Africa's transition to democracy in 1994, policymaking
processes have promised to be everything that those in the past were not. The
new government's ruling policy has promised to maximize opportunities for political
participation, especially in terms of citizens being able to influence governmental
decision making in cases where it affects their lives. The Tobacco Products Control
Amendment Act of 1999 is regarded by many as one of the world's most controversial
and regulated tobacco control policies. What makes this case exceptional is the fact
that the policy process thereof seems to have caused some concern with regard to
issues such as transparency, participation and consultation. The study, therefore,
aims to establish the degree of political participation and consultation that one could
observe in the making of the new tobacco law. It also gives an overview of what the
policy-making process in general is like in South Africa; this is then compared with
the case of the Tobacco Amendment Act. The study also focuses on broader aspects of
the policy process such as the role of public policy with regard to the problems of the
society. This research assignment is intent on describing the nature of the policy
process of the Tobacco Amendment Bill and, by doing this, to promote the principles
of democracy such as transparency, accountability and legitimacy, to which so many
South Africans have dedicated their lives / AFRIKAANSE OPSOMMING: Openbare beleid en die daarmee gepaardgaande besluite wat deur die regering van
'n demokratiese land gemaak word, affekteer die lewens van elke burger direk of
indirek. Beleid moet dus so geformuleer word dat dit die waardes van 'n demokratiese
samelewing reflekteer. Sedert Suid-Afrika se oorgang tot demokrasie in 1994, was die
nuwe regering se belofte dat beleidmaking meer inklusief sal wees as die van die
verlede. Die nuwe bedeling se regeringsbeleid sou daarvolgens optimale geleenthede
vir politieke deelname en seggenskap in belangrike beleidsbesluite skep.
Die Wysigingswetontwerp op Tabakprodukte van 1999 word deur vele beskou as een
van die mees kontroversiële en streng beheerde tabak beleide in die wêreld. Wat die
geval so besonder maak, is die feit dat daar diegene is wat meen dat kwessies soos
deursigtigheid, politieke deelname en konsultasie in die parlementêre beleidsproses
agterweë gelaat is. Hierdie studie beoog dus om die mate van politieke deelname en
konsultasie in die beleidsproses van die Wysigingswetontwerp op Tabakprodukte
ondersoek. Die studie verskaf ook 'n oorsig oor hoe die algemene beleidsproses in
Suid-Afrika daar uitsien. Dit word dan vervolgens vergelyk met die beleidsproses van
die nuwe Tabakwet. Verder fokus dit ook op wyer aspekte van die beleidsproses soos
die rol wat openbare beleid in die aanspreek van publieke probleme speel. In geheel,
poog dit dus om die aard van die beleidsproses van die Wysigingswetontwerp op
Tabakprodukte te beskryf en sodoende die beginsels van demokrasie, onder andere
deursigtigheid, verantwoordbaarheid en legimiteit, waaraan so baie Suid-Afrikaners
hul lewens toegewy het, te bevorder.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52554 |
Date | 12 1900 |
Creators | Swartz, Dominique Sheronica |
Contributors | Kotzé, H., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Political Science. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 96 p. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0028 seconds