Return to search

Hulle wil dit so hê : ontologiese anargie en die rewolusie van die verbeelding

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012. / ENGLISH ABSTRACT: This study comprises a philosophical investigation into the development of a non-representational
resistance against the State, with specific focus on the role of the imagination in both repression and
the struggle for freedom. Using Deleuze & Guattari’s non-representasional ontology, the researcher
argues that Deleuze and Guattari’s ontological system can be described as an ontological anarchy,
which supplies us with tactics of resistance that strongly deviates from traditional Representational or
Revolutionary models of resistance. Building on a discussion of Situationism and Hakim Bey’s T.A.Z,
the argument is made that these non-representasional resistive tactics could ‘open’ the category of art
up to a whole network of creative and life practices – a transformation that has the ability to free art as
well as the everyday. In stead of refecting back on a supposed ‘background’ Reality, this resistance
relies on the ontologically anarchic practice of reality production. The idea of the non-ordinary or
peak experience, assosiated with sorcery, plays a crucial role in this production process, and the
argument is made for the use the of these experiences to create a lasting peak experience, ultimately
constituting a shared level of peak intensity between people that the researcher calls ‘the revolution of
the imagination’.
Key words: ontology, anarchy, anarchism, the State, resistance, revolution, imagination, complexity,
ontology of art, poststructuralism, Representation, non-representationality, peak experience, sorcery,
the everyday, Situationism, psychogeography, geophilosopy, phenomenology. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is ʼn filosofiese ondersoek na die ontwikkeling van ʼn nie-representasionele weerstand
teen die Staat, met besondere klem op die rol van die verbeelding in die onderdrukking van, sowél as
die stryd om vryheid. Deur middel van Deleuze & Guattari se nie-representasionele ontologie word
daar tussen Representasie, wat met die Staat as komplekse en gesamentlik geproduseerde sosiale
konfigurasie verband hou, en nie-representasionaliteit, wat met anargisme saamhang, onderskei. Die
navorser voer aan dat Deleuze & Guattari se ontologiese sisteem as ʼn ontologiese anargie beskryf kan
word wat ons van weerstandstaktieke voorsien wat sterk van tradisionele Representasionele of
Rewolusionêre weerstandsmodelle afwyk. Na aanleiding van ʼn bespreking van Situasionisme en
Hakim Bey se T.A.Z word daar betoog dat hierdie nie-representasionele weerstandstaktieke, die
kategorie van kuns kan ‘oopmaak’ tot ʼn hele netwerk van ander kreatiewe en lewenspraktyke – ʼn
transformasie wat terselfdertyd kuns én die alledaagse kan bevry. In plaas daarvan om terug te kaats
op ʼn veronderstelde ‘agtergrond’- Werklikheid, gaan dié stryd om die ontologies anargiese praktyk
van werklikheidsproduksie. Die idee van nie-gewone ervaring, of die spitservaring, wat met towery
geassosieer word, speel ʼn sentrale rol in hierdie produksie, en daar word aangevoer dat dit gebruik kan
word om van álle ervarings ʼn verlengde spitservaring te maak – ʼn gedeelde vlak van intensiteit onder
mense wat die navorser ‘die rewolusie van die verbeelding’ noem.
Trefwoorde: ontologie, anargie, anargisme, die Staat, weerstand, rewolusie, verbeelding,
kompleksiteit, ontologie van kuns, poststrukturalisme, Representasie, nie-representasionaliteit,
spitservaring, towery, die alledaagse, Situasionisme, psigogeografie, geofilosofie, fenomenologie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/71800
Date12 1900
CreatorsFoster, John-Henry Edward
ContributorsKaden, Marthie, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Visual Arts.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format158 p. : col. ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0026 seconds