Return to search

Die Boerevrou 1919-1931 : ‘n kultuurhistoriese studie oor die eerste Afrikaanse vrouetydskrif (Afrikaans)

AFRIKAANS: In die bronne van bewysmateriaal vir Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis is daar sporadiese verwysings na die bestaan van ‘n vrouetydskrif, getiteld Die Boerevrou. Dit was die eerste, en tot en met die staking daarvan, die enigste Afrikaanse vrouetydskrif. Die tydskrif is in Pretoria van Maart 1919 tot Desember 1931 maandeliks onder die redakteurskap van die eienaar, Mabel Malherbe, uitgegee. Hoewel dit al as ‘n ryk skat van inligting oor die Afrikanervrou en haar leefwyse beskryf is, is daar min inligting oor die tydskrif beskikbaar. Dit is ook in vergelyking met ander tydgenootlike Afrikaanse publikasies soos Die Huisgenoot, baie min vir primêre navorsing gebruik, hoewel oorspronklike versamelings daarvan vandag nog redelik maklik bekombaar is. Gevolglik is Die Boerevrou aan kultuurhistorici betreklik onbekend. Met hierdie studie is daar gepoog om te bepaal of Die Boerevrou as ‘n gesaghebbende primêre bron vir kultuurgeskiedenis beskou kan word en waarom dit nie as sodanig benut word nie. Aangesien daar min sekondêre bronne oor tydskrifstudies bestaan, kan die ontwikkeling van ‘n wetenskaplike werkswyse vir die onderneming van dergelike studies as een van die bydraes van hierdie proefskrif beskou word. Die kultuurhistoriese konteks en ekonomiese omstandighede waarbinne die tydskrif verskyn het, is bestudeer en inligting oor die redaksie, medewerkers, beleid en sirkulasie van Die Boerevrou is ingewin. Dit alles het as agtergrond gedien om afleidings te maak om die navorsingsvraag te beantwoord. Daar is bevind dat die tydskrif van hoë joernalistieke gehalte getuig vir die tydperk waarin dit verskyn het. As vrouetydskrif het dit ‘n wye verskeidenheid onderwerpe van kultuurhistoriese belang gedek. Die studie het ook lig gewerp op die leesgebruike en -voorkeure van die Afrikanervrou in die vroeë twintigste eeu. Dit is duidelik dat kultuur en die media in ‘n baie komplekse verhouding staan en mekaar wedersyds sterk beïnvloed. Die lesers van Die Boerevrou is nie net deur die tydskrif gelei en beïnvloed nie, soos talle ander studies bevind het die geval met die pers in die ontwikkelingsjare van Afrikanernasionalisme was nie. Boerevrou-lesers het ook aktief meegedoen aan die skryf van die teks van die tydskrif omdat hulle ‘n sosiale netwerk gevorm het wat ontvanklik en gereed was vir die assimilasie en verspreiding van ‘n nasionalistiese identiteit. Die Boerevrou is ‘n gesaghebbende primêre bron vir kultuurgeskiedenis en sal in die toekoms met groot vrug in studies oor die Afrikanervrou van 1919 tot 1931 benut kan word. Die feit dat die tydskrif as bron onderbenut word, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan twee aspekte: Die meeste studies oor vrouetydskrifte tot op datum is ideologiese analises met ‘n feministiese inslag wat die persepsie by navorsers skep dat vrouetydskrifte problematiese en onbetroubare studiemateriaal is en gevolglik vermy behoort te word; verder is die wetenskaplike bestudering van vrouetydskrifte nog ‘n relatiewe jong studieveld. ENGLISH: Die Boerevrou was the first, and until the termination thereof, the only Afrikaans women's magazine. This monthly periodical was published in Pretoria from March 1919 to December 1931 under the editorship of the owner, Mabel Malherbe. Although it is a rich treasure of information about Afrikaans women and their way of life, there is little known about the magazine. Compared to other contemporary Afrikaans publications, such as Die Huisgenoot, it is also very little used for primary research. This study attempts to determine whether Die Boerevrou can be viewed as an authoritative primary source for cultural history and why it is not utilised as such. Since there are few secondary sources on magazine studies, the development of a scientific methodology for undertaking such studies is considered to be one of the contributions of this thesis. The historical context and economic conditions within which the magazine has been published was determined and information was obtained about the editors, staff, policies and circulation of Die Boerevrou. All have served as a background to make conclusions relevant to the research question. It was found that the magazine is of high journalistic quality for the period in which it was published and reviews a wide variety of topics of interest to women. The study also shed light on the reading practices and preferences of Afrikaans women in the early twentieth century. The relationship that exists between culture and the media is clearly very complex. The readers of Die Boerevrou were not only led and influenced by the magazine, as many other studies have found to be the case with the media during the formative years of Afrikaner nationalism. Boerevrou readers also actively participated in writing the text of the magazine. They formed a social network which was receptive and ready for the assimilation and dissemination of a nationalist identity. Die Boerevrou is an authoritative primary source for cultural history and can be utilised with great success for studies on Afrikaans women from 1919 to 1931. The fact that the magazine is underutilised as a resource is mainly due to two aspects: Most studies of women's magazines are ideological analyses with a feminist slant that create the perception that this genre offers problematic and unreliable study material and should therefore be avoided; The scientific research of women's magazines is furthermore still a relatively young field of study. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2013. / Historical and Heritage Studies / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/24176
Date27 April 2013
CreatorsVan Rensburg, Jeanette
ContributorsProf F Pretorius, jeanette@growingeagles.com
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 2012 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0025 seconds