• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Die Boerevrou 1919-1931 : ‘n kultuurhistoriese studie oor die eerste Afrikaanse vrouetydskrif (Afrikaans)

Van Rensburg, Jeanette 27 April 2013 (has links)
AFRIKAANS: In die bronne van bewysmateriaal vir Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis is daar sporadiese verwysings na die bestaan van ‘n vrouetydskrif, getiteld Die Boerevrou. Dit was die eerste, en tot en met die staking daarvan, die enigste Afrikaanse vrouetydskrif. Die tydskrif is in Pretoria van Maart 1919 tot Desember 1931 maandeliks onder die redakteurskap van die eienaar, Mabel Malherbe, uitgegee. Hoewel dit al as ‘n ryk skat van inligting oor die Afrikanervrou en haar leefwyse beskryf is, is daar min inligting oor die tydskrif beskikbaar. Dit is ook in vergelyking met ander tydgenootlike Afrikaanse publikasies soos Die Huisgenoot, baie min vir primêre navorsing gebruik, hoewel oorspronklike versamelings daarvan vandag nog redelik maklik bekombaar is. Gevolglik is Die Boerevrou aan kultuurhistorici betreklik onbekend. Met hierdie studie is daar gepoog om te bepaal of Die Boerevrou as ‘n gesaghebbende primêre bron vir kultuurgeskiedenis beskou kan word en waarom dit nie as sodanig benut word nie. Aangesien daar min sekondêre bronne oor tydskrifstudies bestaan, kan die ontwikkeling van ‘n wetenskaplike werkswyse vir die onderneming van dergelike studies as een van die bydraes van hierdie proefskrif beskou word. Die kultuurhistoriese konteks en ekonomiese omstandighede waarbinne die tydskrif verskyn het, is bestudeer en inligting oor die redaksie, medewerkers, beleid en sirkulasie van Die Boerevrou is ingewin. Dit alles het as agtergrond gedien om afleidings te maak om die navorsingsvraag te beantwoord. Daar is bevind dat die tydskrif van hoë joernalistieke gehalte getuig vir die tydperk waarin dit verskyn het. As vrouetydskrif het dit ‘n wye verskeidenheid onderwerpe van kultuurhistoriese belang gedek. Die studie het ook lig gewerp op die leesgebruike en -voorkeure van die Afrikanervrou in die vroeë twintigste eeu. Dit is duidelik dat kultuur en die media in ‘n baie komplekse verhouding staan en mekaar wedersyds sterk beïnvloed. Die lesers van Die Boerevrou is nie net deur die tydskrif gelei en beïnvloed nie, soos talle ander studies bevind het die geval met die pers in die ontwikkelingsjare van Afrikanernasionalisme was nie. Boerevrou-lesers het ook aktief meegedoen aan die skryf van die teks van die tydskrif omdat hulle ‘n sosiale netwerk gevorm het wat ontvanklik en gereed was vir die assimilasie en verspreiding van ‘n nasionalistiese identiteit. Die Boerevrou is ‘n gesaghebbende primêre bron vir kultuurgeskiedenis en sal in die toekoms met groot vrug in studies oor die Afrikanervrou van 1919 tot 1931 benut kan word. Die feit dat die tydskrif as bron onderbenut word, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan twee aspekte: Die meeste studies oor vrouetydskrifte tot op datum is ideologiese analises met ‘n feministiese inslag wat die persepsie by navorsers skep dat vrouetydskrifte problematiese en onbetroubare studiemateriaal is en gevolglik vermy behoort te word; verder is die wetenskaplike bestudering van vrouetydskrifte nog ‘n relatiewe jong studieveld. ENGLISH: Die Boerevrou was the first, and until the termination thereof, the only Afrikaans women's magazine. This monthly periodical was published in Pretoria from March 1919 to December 1931 under the editorship of the owner, Mabel Malherbe. Although it is a rich treasure of information about Afrikaans women and their way of life, there is little known about the magazine. Compared to other contemporary Afrikaans publications, such as Die Huisgenoot, it is also very little used for primary research. This study attempts to determine whether Die Boerevrou can be viewed as an authoritative primary source for cultural history and why it is not utilised as such. Since there are few secondary sources on magazine studies, the development of a scientific methodology for undertaking such studies is considered to be one of the contributions of this thesis. The historical context and economic conditions within which the magazine has been published was determined and information was obtained about the editors, staff, policies and circulation of Die Boerevrou. All have served as a background to make conclusions relevant to the research question. It was found that the magazine is of high journalistic quality for the period in which it was published and reviews a wide variety of topics of interest to women. The study also shed light on the reading practices and preferences of Afrikaans women in the early twentieth century. The relationship that exists between culture and the media is clearly very complex. The readers of Die Boerevrou were not only led and influenced by the magazine, as many other studies have found to be the case with the media during the formative years of Afrikaner nationalism. Boerevrou readers also actively participated in writing the text of the magazine. They formed a social network which was receptive and ready for the assimilation and dissemination of a nationalist identity. Die Boerevrou is an authoritative primary source for cultural history and can be utilised with great success for studies on Afrikaans women from 1919 to 1931. The fact that the magazine is underutilised as a resource is mainly due to two aspects: Most studies of women's magazines are ideological analyses with a feminist slant that create the perception that this genre offers problematic and unreliable study material and should therefore be avoided; The scientific research of women's magazines is furthermore still a relatively young field of study. / Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2013. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
2

“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted

Page generated in 0.2601 seconds