• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • No language data
  • Tagged with
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • 1
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Towards a legal history of white women in the Transvaal, 1877-1899

Grobler, Marelize 05 August 2010 (has links)
This dissertation creates a background for studying white women in the Transvaal between 1877 and 1899. Legal documents are used as primary sources, as they are invaluable for researching women’s history, in that they provide a new perspective. When writing women’s history, it must be grounded in theory, as, especially when it comes to history in court cases, concepts like ‘history as performance’ and ‘occasionalism’ are significant. Of course, an eye must also firmly be held on concepts such as ‘gender’ and ‘deconstruction’, since it dictates how one should approach one’s sources. A history of the Transvaal is necessary, for when studying the court cases one must be able to position the women within a framework of their lives, and what type of living they made. Therefore, part of the dissertation is a political, but also social and economic, history of the Transvaal, written with specifically white women in mind. Sources for the socio-economic historical framework include literary accounts and secondary works on the period. The framework for the court cases further includes creating a legal stage on which to position women, which is accomplished by using legal sources like law reports, but also laws and resolutions. It is only once a detailed framework has been created that one can scrutinise court cases for issues surrounding white Transvaal women’s legal position, and agency. AFRIKAANS : Hierdie verhandeling skep die agtergrond vir ‘n studie van wit vroue in Transvaal tussen 1877 en 1899. Regsdokumente word as primêre bronne gebruik, aangesien dit van onskatbare waarde is in die ondersoek van vrouegeskiedenis, deurdat dit ‘n nuwe perspektief bied. Die skryf van vrouegeskiedenis moet in teorie gegrond wees, aangesien konsepte soos ‘history as a performance’ en ‘occasionalism’ belangrik is, veral wanneer dit kom by geskiedenis in hofsake. ‘n Ferm blik moet natuurlik ook gehou word op konsepte soos ‘gender’ en ‘dekonstruksie’ aangesien dit bepaal hoe die bronne benader moet word. ‘n Geskiedenis van Transvaal is nodig, want dit moet moontlik wees om vroue te posisioneeer binne die raamwerk van hulle lewens en die tipe bestaan wat hulle gevoer het. ‘n Gedeelte van die verhandeling behels derhalwe ‘n politieke, maar ook ‘n sosiale en ekonomiese geskiedenis van Transvaal, geskryf spesifiek met wit vroue in gedagte. Bronne vir die sosio-ekonomiese historiese raamwerk sluit verder in die skep van ‘n regsverhoog waarop die vroue geposisioneer kan word. Dit word daargestel deur gebruik te maak van regsbronne soos wetsverslae, asook wette en besluite. Eers wanneer so ‘n uitvoerige raamwerk gekonstrueer is, kan die hofsake bestudeer word vir kwessies rondom wit Transvaalse vroue se regsposisie, en hulle betrokkenheid by hulle eie agenda. Copyright / Dissertation (MHCS)--University of Pretoria, 2009. / Historical and Heritage Studies / unrestricted
2

“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)

Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted

Page generated in 0.0415 seconds