Spelling suggestions: "subject:"postfundamentele"" "subject:"postfondamentele""
1 |
‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektiefAckermann, Theunis C. January 2017 (has links)
Hierdie studie fokus op hoe persone wat van dwelms afhanklik is of was, hulle identiteit sien. Daar is ’n bekende diskoers wat sê: “Een keer ’n verslaafde, altyd ’n verslaafde.” Hierdie diskoers impliseer dat afhanklikheid deel van ’n persoon se identiteit word. In my studie poog ek om hierdie diskoers te dekonstrueer.
Die AA (Alkoholiste Anoniem) se twaalf-stap-program word bestudeer. In hulle eerste stap word daar van persone wat van ’n chemiese stof afhanklik is, verwag om te erken dat hy/sy ’n afhanklike is. Hierdie erkenning van die AA se eerste stap, het ’n direkte invloed op persone wat van dwelms afhanklik is of was. Saam met die medenavorsers, word daar gepoog om ’n alternatiewe manier te vind om na afhanklikheid en identiteit te kyk. Hiermee saam speel die Christendom en ’n persoon se Godsbegrip ’n groot rol. Die Christendom het verskillende sieninge oor afhanklikheid en sonde.
Hierdie studie poog nie om die sondebegrip van die Nuwe Testament te bestudeer nie, aangesien hierdie nie ’n Nuwe-Testamentiese studie is nie. Hoe God en die medenavorsers sonde verstaan, speel ’n rol in die begrip van hulle identiteit.
Die narratiewe benadering maak van metafore gebruik. Hierdie studie gebruik die metafoor van ’n draak. Aanvanklik is dit ’n gevreesde draak wat persone wat afhanklik van dwelms is of was, wil verslind en ’n direkte impak het op hulle identiteit. ‘n Nuwe metafoor het ontwikkel. Die animasiefilm, “How to train your dragon,” is as vertrekpunt gebruik om ’n nuwe metafoor te ontwikkel waar die draak steeds gevaarlik is, maar getem kan word. Deur sekere aanpassings te maak, kan persone wat afhanklik is of was van dwelms, die draak beheer. Hierdie nuwe metafoor gee ook ’n nuwe identiteit aan die persoon wat afhanklik is of was van dwelms. Afhanklikheid word nie meer as deel van ’n persoon se identiteit beskou nie aangesien die hantering van die draak ’n nuwe perspektief in die lewe van hierdie persoon gee.
In my studie maak ek van kwalitatiewe navorsing gebruik en beweeg ek vanuit die oogpunt van ’n postfundamentele Praktiese Teologiese benadering. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2017. / Practical Theology / PhD / Unrestricted
|
2 |
Vyf dogters van Eva skilder ‘n engel : die gebruik van terapeutiese kuns in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou (Afrikaans)Strydom, Marina 28 April 2010 (has links)
AFRIKAANS: In die tyd waarin ons leef is daar 'n wêreldwye oplewing in spiritualiteit. Mense raak al meer bewus van die feit dat hulle ook spirituele wesens is. Desnieteenstaande vind baie mense, veral Christene, dit moeilik om hul spiritualiteit uit te leef, aangesien tradisionele geestelike dissiplines nie noodwendig hul behoefte genoegsaam aanspreek nie. In hierdie studie is daar ondersoek ingestel na die gebruik van terapeutiese kuns as geestelike dissipline in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou. Terapeutiese kuns, wat as 'n hibried van tradisionele kunsterapie beskou kan word, het anders as kunsterapie 'n estetiese eindproduk ten doel nie, maar sou ook terapeuties van waarde kon wees. Die effek van 'n estetiese eindproduk op die skepper van die werk kan nie onderskat word nie. Estetika kan 'n belangrike element wees in die ervaring van God. Die estetiese aard van terapeutiese kuns staan daarom in diens van die uitlewing van spirituele identiteit. Dit is juis hierdie blootstelling aan skoonheid en ander estetiese ervarings wat 'n persoon se emosies kan transendeer en blootstel aan die groter, aangrypende realiteit van God. Die teologiese vertrekpunt waarvan hierdie navorsing uitgaan is gegrond in postfundamentele teologie met klem op bemagtigende, profeties-bevrydende, feministies-kontekstuele praktiese teologie. Die werkswyse wat die navorsing onderlê is die narratiewe benadering wat tuiskom binne sosiaal konstruksionisme. Daar word spesifiek gefokus op kwalitatiewe, feministiese, deelnemende navorsingsmetodologie. Die navorsing handel oor die verhaal van die Vyf Dogters van Eva, ek en vier mede-navorsers, wat deur die gebruik van terapeutiese kuns gesoek het na 'n manier om kuns in te span in die uitlewing van ons spirituele identiteit. Die waarde van hierdie navorsing is veral geleë in die feit dat dit gehandel het oor die werklike lewensverhale van vyf vroue en hul belewenis van terapeutiese kuns in die uitlewing van hul spiritualiteit. Die uitkoms van die navorsing is dus allesbehalwe 'n blote hipotese. Dit is "ervaarde werklikheid", wat hopelik ook vir ander van waarde sal kan wees. Alhoewel dit in hierdie studie duidelik word dat kuns en spirituele identiteit allesbehalwe onversoenbare terme is, bestaan daar steeds die persepsie in die kerk dat daar spanning tussen die kerk en kuns bestaan. Om hierdie rede word daar aandag gegee aan die verhaal van kuns in die kerk sedert die vroegste tyd, om sodoende te probeer verstaan waar hierdie spanning vandaan kom. Daar word ook gesoek na nuwe maniere om die verhouding tussen kuns en die kerk te beskou. Die veld van kunsterapie word ondersoek en daar word ondersoek ingestel na die treffende verband tussen kunsterapie en die narratiewe benadering. Daar word ook aandag gegee aan die vrou se unieke belewenis van haar spiritualiteit en geloofsontwikkeling, asook na spirituele identiteit, om sodoende verdere Iig te werp op die potensiele verhouding tussen kuns en geloof. Die belang van die ontwikkeling van 'n unieke simboolsisteem vir elke individu bestaande uit simbool, metafoor en ritueel in die beoefening van kuns as geloofsdissipline geniet ook aandag. ENGLISH: Recently there has been a worldwide revival in spirituality. People increasingly perceive themselves as spiritual beings. Yet lots of people, especially Christians, find it difficult to realise their spirituality. Traditional spiritual disciplines do not address this need sufficiently. In this research the use of therapeutic art as spiritual discipline in the realisation of spirituality in the young adult woman has been investigated. Therapeutic art, which can be seen as a hybrid of traditional art therapy, differs from art therapy in that it aims to achieve an aesthetic end product - yet it can be experienced as therapeutic. Although therapeutic art underlines the importance of aesthetics, it does not undermine the therapeutic process. The effect of an aesthetic end product on its creator can not be under estimated. Therapeutic art enhances the realisation of spiritual identity as its aesthetic quality serves as a means of experiencing God. It is this exposure to beauty and other aesthetic experiences that transcends an individual's emotions and exposes him/her to the greater, poignant reality of God. The theological basis of the research is grounded in postfoundational theology, focusing on empowering, prophetic-liberating, feministic-contextual practical theology. The research method is rooted in the narrative approach as found in social constructionism. Specific emphasis is placed on qualitative, feministic and participatory action research methodology. The research tells the story of the Five Daughters of Eve, myself and four co¬researchers, who use therapeutic art in search of the realisation of our spiritual identity. The research is not aimed at generalising outcomes. The outcome of the research is of specific value, due the fact that the true life stories of five women and their experience of therapeutic art in the realisation of their spirituality is highlighted. The outcome of the research is not only a hypothesis - it is based on 'experienced reality' that aims to serve as a contextual framework for others in search of the realisation of their spiritual identity. Research findings clearly support the fact that art and spiritual identity are not irreconcilable ideas. The relationship between the church and art are often perceived as strenuous. As point of departure, it is attempted to create an understanding for the narrative of the church and art. A common basis of understanding is required to fully comprehend the reason for this tension. As far as the relationship between the church and art is concerned, a search is undertaken towards new ways of understanding. The art therapy field is examined and used as basis for explanation. Research focuses on the connection between art therapy and the narrative approach. The unique experience of women's spirituality and faith development, as well as spiritual identity in relation to the potential relationship between art and faith are exposed. Inquiry is conducted in the importance of a unique system of symbols, consisting of symbol, metaphor and ritual in the pursuit of art as spiritual discipline. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Practical Theology / unrestricted
|
3 |
“Ek het 'n roeping” : vrouepredikante se toelating in die Nederduitse Gereformeerde Kerk : 'n kerkhistoriese en prakties-teologiese studie (Afrikaans)Buchner, Elsje Petronella 27 August 2008 (has links)
In hierdie navorsing word die toelating van vrouepredikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanuit ’n kerkhistoriese en prakties-teologiese hoek bestudeer. Die navorsingswaardes wat in die sosiaal-konstruksionisme geld, naamlik dat sodanige navorsing ’n deelnemende en verhalende proses is, dat die invloed van diskoerse bestudeer word en dat die belangrikheid van taal in ag geneem word, is in die navorsing verreken. Vanuit ’n post-fundamentele teologiese posisionering is van ’n paar van die bewegings in ’n postfundamentele prakties-teologiese metodologie gebruik gemaak om na die belewing van agt vroueproponente en -predikante deur die loop van die proses van toelating, én daarna, te luister en saam met hulle te interpreteer. Daar is van die volgende bewegings gebruik gemaak: Die beskrywing van die verskillende kontekste waarteen die roepingsverhale en loopbane van vrouepredikante afgespeel het; die aanhoor en beskrywing van die kontekstuele ervarings van die betrokke vroue; die interpretasie van en betekenisgewing aan die verhale in samewerking met die vroue wat as medenavorsers geag word en die beskrywing van en refleksie oor die ervaring van God se teenwoordigheid in hulle roepingsverhale en bedieninge as proponente en predikante. Hierdie postfundamentele prakties-teologiese metodologie is inherent narratief van aard en sluit ook nou aan by die denklyne wat in die sosiaal-konstruksionisme geld. Deur hierdie metodologie is daar probeer om ’n bydrae te lewer tot die ontwikkeling en uitbou van mondelinge geskiedenis. Die beskrywing van vroue se verhale is terselfdertyd ook vrouegeskiedenis wat poog om vroue meer hoor- en sigbaar in algemene geskiedenis, maar spesifiek ook kerkgeskiedenis te maak. Die metodologie pas ook binne ’n meer postmoderne benadering tot geskiedenis in. Aan die hand hiervan is die breër landkaart en historiese konteks waarteen die roepingsverhale van vrouepredikante en kerklike vergaderings oor ’n tydperk van bykans 107 jaar afgespeel is, in breë trekke en deur middel van tydlyne beskryf. Die ontwikkeling en uitbouing van die volksmoederdiskoers oor die dieselfde tydperk is van nader beskou. Daar is verder gekyk na die invloed wat die breër konteks en die volksmoederdiskoers op vroue gedurende die twintigste eeu gehad het, hoe vroue oor die algemeen hulleself in bepaalde vroueruimtes soos vroue-organisasies uitgeleef het en of Afrikanervroue se stemme in die openbaar gehoor is al dan nie. Teen hierdie agtergrond is die verloop van die kerklike debat oor die toelating van vroue tot die besondere ampte, naamlik diakens, ouderlinge en vrouepredikante, beskryf. Hierdie debat kan in drie tydperke opgedeel word. Die eerste tydperk wat van 1966-1978 strek kan as ’n tyd van nadenke beskryf word. Vanaf 1982 tot 1990 is die debat deur ’n sterk verskil in Skrifbeskouing gekenmerk. Die laaste tydperk wat vanaf 1991 tot 2007 strek, beskryf hoe die praktyk stadig pos gevat het en hoe die gesprek uiteindelik na gendersake uitgebrei het. Die vroueproponente en -predikante se roepingsverhale, hulle belewenis van God in die pad wat hulle moes loop en eerste treë in die bediening is weer deurgaans teen die agtergrond van die breër landkaart, volksmoederdiskoers en die NG Kerk se verskillende sinodes aangehoor, beskryf en in samewerking met hulle geïnterpreteer. Bykomend tot die groep persoonlike verhale is twee verhale van vroue wat reeds voor 1950 teologie studeer het en nie meer vandag leef nie, opgeteken. In al die gesprekke het die belangrikheid van vrouepredikante se roepingsverhale, hulle positiewe en negatiewe belewenisse in die kerk, die impak van oorwegend manlike kerktaal op vroue, die gemis en impak van rolmodelle, die frustrasies rondom proponentskap en hulle belewing van God onder andere na vore gekom. Dit is ook opmerklik dat vrouepredikante oor die algemeen nie aktief aan die debat deelgeneem nie en dat die meeste van die medenavorsers in hierdie studie ’n bepaalde stuk ongemak met gendersake en feminisme beleef. Hulle laat net soos in die volksmoederdiskoers die praatwerk aan ander oor. / Thesis (DD)--University of Pretoria, 2008. / Church History and Church Policy / unrestricted
|
Page generated in 0.0542 seconds