• Refine Query
  • Source
  • Publication year
  • to
  • Language
  • 2
  • 2
  • Tagged with
  • 5
  • 5
  • 5
  • 4
  • 4
  • 4
  • 4
  • 3
  • 3
  • 3
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • 2
  • About
  • The Global ETD Search service is a free service for researchers to find electronic theses and dissertations. This service is provided by the Networked Digital Library of Theses and Dissertations.
    Our metadata is collected from universities around the world. If you manage a university/consortium/country archive and want to be added, details can be found on the NDLTD website.
1

Vyf dogters van Eva skilder ‘n engel : die gebruik van terapeutiese kuns in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou (Afrikaans)

Strydom, Marina 28 April 2010 (has links)
AFRIKAANS: In die tyd waarin ons leef is daar 'n wêreldwye oplewing in spiritualiteit. Mense raak al meer bewus van die feit dat hulle ook spirituele wesens is. Desnieteenstaande vind baie mense, veral Christene, dit moeilik om hul spiritualiteit uit te leef, aangesien tradisionele geestelike dissiplines nie noodwendig hul behoefte genoegsaam aanspreek nie. In hierdie studie is daar ondersoek ingestel na die gebruik van terapeutiese kuns as geestelike dissipline in die uitlewing van spirituele identiteit by die jong volwasse vrou. Terapeutiese kuns, wat as 'n hibried van tradisionele kunsterapie beskou kan word, het anders as kunsterapie 'n estetiese eindproduk ten doel nie, maar sou ook terapeuties van waarde kon wees. Die effek van 'n estetiese eindproduk op die skepper van die werk kan nie onderskat word nie. Estetika kan 'n belangrike element wees in die ervaring van God. Die estetiese aard van terapeutiese kuns staan daarom in diens van die uitlewing van spirituele identiteit. Dit is juis hierdie blootstelling aan skoonheid en ander estetiese ervarings wat 'n persoon se emosies kan transendeer en blootstel aan die groter, aangrypende realiteit van God. Die teologiese vertrekpunt waarvan hierdie navorsing uitgaan is gegrond in postfundamentele teologie met klem op bemagtigende, profeties-bevrydende, feministies-kontekstuele praktiese teologie. Die werkswyse wat die navorsing onderlê is die narratiewe benadering wat tuiskom binne sosiaal konstruksionisme. Daar word spesifiek gefokus op kwalitatiewe, feministiese, deelnemende navorsingsmetodologie. Die navorsing handel oor die verhaal van die Vyf Dogters van Eva, ek en vier mede-navorsers, wat deur die gebruik van terapeutiese kuns gesoek het na 'n manier om kuns in te span in die uitlewing van ons spirituele identiteit. Die waarde van hierdie navorsing is veral geleë in die feit dat dit gehandel het oor die werklike lewensverhale van vyf vroue en hul belewenis van terapeutiese kuns in die uitlewing van hul spiritualiteit. Die uitkoms van die navorsing is dus allesbehalwe 'n blote hipotese. Dit is "ervaarde werklikheid", wat hopelik ook vir ander van waarde sal kan wees. Alhoewel dit in hierdie studie duidelik word dat kuns en spirituele identiteit allesbehalwe onversoenbare terme is, bestaan daar steeds die persepsie in die kerk dat daar spanning tussen die kerk en kuns bestaan. Om hierdie rede word daar aandag gegee aan die verhaal van kuns in die kerk sedert die vroegste tyd, om sodoende te probeer verstaan waar hierdie spanning vandaan kom. Daar word ook gesoek na nuwe maniere om die verhouding tussen kuns en die kerk te beskou. Die veld van kunsterapie word ondersoek en daar word ondersoek ingestel na die treffende verband tussen kunsterapie en die narratiewe benadering. Daar word ook aandag gegee aan die vrou se unieke belewenis van haar spiritualiteit en geloofsontwikkeling, asook na spirituele identiteit, om sodoende verdere Iig te werp op die potensiele verhouding tussen kuns en geloof. Die belang van die ontwikkeling van 'n unieke simboolsisteem vir elke individu bestaande uit simbool, metafoor en ritueel in die beoefening van kuns as geloofsdissipline geniet ook aandag. ENGLISH: Recently there has been a worldwide revival in spirituality. People increasingly perceive themselves as spiritual beings. Yet lots of people, especially Christians, find it difficult to realise their spirituality. Traditional spiritual disciplines do not address this need sufficiently. In this research the use of therapeutic art as spiritual discipline in the realisation of spirituality in the young adult woman has been investigated. Therapeutic art, which can be seen as a hybrid of traditional art therapy, differs from art therapy in that it aims to achieve an aesthetic end product - yet it can be experienced as therapeutic. Although therapeutic art underlines the importance of aesthetics, it does not undermine the therapeutic process. The effect of an aesthetic end product on its creator can not be under estimated. Therapeutic art enhances the realisation of spiritual identity as its aesthetic quality serves as a means of experiencing God. It is this exposure to beauty and other aesthetic experiences that transcends an individual's emotions and exposes him/her to the greater, poignant reality of God. The theological basis of the research is grounded in postfoundational theology, focusing on empowering, prophetic-liberating, feministic-contextual practical theology. The research method is rooted in the narrative approach as found in social constructionism. Specific emphasis is placed on qualitative, feministic and participatory action research methodology. The research tells the story of the Five Daughters of Eve, myself and four co¬researchers, who use therapeutic art in search of the realisation of our spiritual identity. The research is not aimed at generalising outcomes. The outcome of the research is of specific value, due the fact that the true life stories of five women and their experience of therapeutic art in the realisation of their spirituality is highlighted. The outcome of the research is not only a hypothesis - it is based on 'experienced reality' that aims to serve as a contextual framework for others in search of the realisation of their spiritual identity. Research findings clearly support the fact that art and spiritual identity are not irreconcilable ideas. The relationship between the church and art are often perceived as strenuous. As point of departure, it is attempted to create an understanding for the narrative of the church and art. A common basis of understanding is required to fully comprehend the reason for this tension. As far as the relationship between the church and art is concerned, a search is undertaken towards new ways of understanding. The art therapy field is examined and used as basis for explanation. Research focuses on the connection between art therapy and the narrative approach. The unique experience of women's spirituality and faith development, as well as spiritual identity in relation to the potential relationship between art and faith are exposed. Inquiry is conducted in the importance of a unique system of symbols, consisting of symbol, metaphor and ritual in the pursuit of art as spiritual discipline. / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2010. / Practical Theology / unrestricted
2

A gestalt approach in using music with the emotionally traumatized child

Joseph, Rowena Yasmin 30 June 2004 (has links)
Many of the sources indicated in this work are classical and not updated due to the fact that the origins of Gestalt Philosophy are found in classical works / Verskeie van die geraadpleegde bronne in die literatuurhoofstukke verteenwoordig klassieke werke wat nie binne die erkende periode vir relevante wetenskaplike navorsing val nie. Die oorsprong van die Gestalt Filosofie wat in hierdie studie benut is, word in hierdie klassieke werke gevind en is ook in hierdie werke geraadpleeg / The Gestalt approach was used as the contextual framework to explore how music can be used as a therapeutic medium in the treatment of the emotionally traumatized child. Music as a sensory experience was used during the therapeutic process with each case study, to facilitate the child's process towards healing. The conceptual framework of music as a therapeutic medium was researched in depth to bring clarity to the influence it has on the emotional well-being of the child. The child who entered into therapy was selected according to specific criteria, with the experience of emotional trauma being priority. The researcher also studied the concept of emotional trauma in depth and the consequences it has on a child's overall functional ability. Music was used as an expressive technique during the therapeutic process with each child. The conclusion drawn from this study indicated that the gestalt approach can be applied effectively in using music as a therapeutic medium in the treatment of the emotionally traumatized child. / Die Gestalt benadering is gebruik in hierdie navorsing ten einde 'n kontekstuele raamwerk daar te stel waarbinne musiek as terapeutiese medium in die behandeling van emosionele trauma in kinders gebruik kon word. Musiek kan beskryf word as 'n sensoriese ervaring. Hierdie sensoriese ervaring is binne die terapeutiese proses toegepas ten einde die kind se herstelproses te fasiliteer. Die studie is binne die navorsingskonteks van gevallestudieprosedures gedoen. Musiek is binne die konseptuele raamwerk bestudeer en nagevors ten einde die terapeutiese waarde daarvan in diepte te ondersoek. Hierdie in-diepte ondersoek het aan die navorser 'n duidelike beeld gegee hoe dit toegepas kon word in terapie. Deur dit toe te pas in terapie is die invloed van musiek op die emosionele welsyn van die getraumatiseerde kind gedokumenteer. Die navorsingskriteria vir insluiting in die ondersoek was gegrond op die literatuurondersoek en het onder meer die belewing van trauma ingesluit. Die belewing van emosionele trauma en invloed op die kind se geheelfunksionering was dus 'n verdere eenheid van ontleding en is in diepte deur die navorser bestudeer. Musiek is dus gebruik as 'n ekspressiewe tegniek tydens die terapeutiese proses met elke gevallestudie. Die gevolgtrekking waartoe in hierdie studie gekom kon word is dat musiek binne die konteks van die gestalt benadering suksesvol in die hantering van emosionele trauma by die kind gebruik kan word. / Practical Theology / M.Diac. (Play Therapy)
3

A gestalt approach in using music with the emotionally traumatized child

Joseph, Rowena Yasmin 30 June 2004 (has links)
Many of the sources indicated in this work are classical and not updated due to the fact that the origins of Gestalt Philosophy are found in classical works / Verskeie van die geraadpleegde bronne in die literatuurhoofstukke verteenwoordig klassieke werke wat nie binne die erkende periode vir relevante wetenskaplike navorsing val nie. Die oorsprong van die Gestalt Filosofie wat in hierdie studie benut is, word in hierdie klassieke werke gevind en is ook in hierdie werke geraadpleeg / The Gestalt approach was used as the contextual framework to explore how music can be used as a therapeutic medium in the treatment of the emotionally traumatized child. Music as a sensory experience was used during the therapeutic process with each case study, to facilitate the child's process towards healing. The conceptual framework of music as a therapeutic medium was researched in depth to bring clarity to the influence it has on the emotional well-being of the child. The child who entered into therapy was selected according to specific criteria, with the experience of emotional trauma being priority. The researcher also studied the concept of emotional trauma in depth and the consequences it has on a child's overall functional ability. Music was used as an expressive technique during the therapeutic process with each child. The conclusion drawn from this study indicated that the gestalt approach can be applied effectively in using music as a therapeutic medium in the treatment of the emotionally traumatized child. / Die Gestalt benadering is gebruik in hierdie navorsing ten einde 'n kontekstuele raamwerk daar te stel waarbinne musiek as terapeutiese medium in die behandeling van emosionele trauma in kinders gebruik kon word. Musiek kan beskryf word as 'n sensoriese ervaring. Hierdie sensoriese ervaring is binne die terapeutiese proses toegepas ten einde die kind se herstelproses te fasiliteer. Die studie is binne die navorsingskonteks van gevallestudieprosedures gedoen. Musiek is binne die konseptuele raamwerk bestudeer en nagevors ten einde die terapeutiese waarde daarvan in diepte te ondersoek. Hierdie in-diepte ondersoek het aan die navorser 'n duidelike beeld gegee hoe dit toegepas kon word in terapie. Deur dit toe te pas in terapie is die invloed van musiek op die emosionele welsyn van die getraumatiseerde kind gedokumenteer. Die navorsingskriteria vir insluiting in die ondersoek was gegrond op die literatuurondersoek en het onder meer die belewing van trauma ingesluit. Die belewing van emosionele trauma en invloed op die kind se geheelfunksionering was dus 'n verdere eenheid van ontleding en is in diepte deur die navorser bestudeer. Musiek is dus gebruik as 'n ekspressiewe tegniek tydens die terapeutiese proses met elke gevallestudie. Die gevolgtrekking waartoe in hierdie studie gekom kon word is dat musiek binne die konteks van die gestalt benadering suksesvol in die hantering van emosionele trauma by die kind gebruik kan word. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Diac. (Play Therapy)
4

Fasiliteringsvaardighede vir T2-Afrikaansonderrig / Fasiliteringsvaardighede vir Tweedetaal-Afrikaansonderrig

Dilrajh, Kamla Moonsamy 30 June 2002 (has links)
Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / This study aims to investigate and explain how the L2 -facilitator can effectively employ the various facilitation skills of language teaching in Afrikaans Second Language within the Outcomes Based Education framework in the learner-centred classroom. The facilitator is critical in providing an opportunity for multicultural learners to develop the necessary language learning skills to enjoy Afrikaans Second Language/Additional Language learning as an interesting learning experience within a positive learning milieu. In the learner-centred U -classroom, learners too must accept responsibility for their own and their peers' learning within the co-operative learning group. This study reveals how the L2 -facilitator can develop the necessary knowledge and skills concerning groupwork, such as the strategies enhancing L 2 -learning, effective group facilitation skills, learner attitudes towards the facilitator, problem-solving skills, co-operative learning as a control technique, communication, learners' behaviour and the advantages of groupwork. Furthermore, elements of classroom negotiation and the facilitator's methods of working in this negotiated partnership are also discussed. Since language learning is integral to lifelong learning, multicultural learners must be motivated to learn Afrikaans Second/ Additional language with greater enthusiasm. This necessitates the L2 -facilitator creating an interesting, challenging and authentic language learning environment where mutual respect and trust are emphasised. This study reveals how the L2 -facilitator could develop his/her knowledge of task-based L2 -teaching and use it with the effective techniques of facilitation and negotiation skills in the taskorientated second language classroom to lead learners to effective Afrikaans L2 -learning. The new National Language Standardisation Policy 200112002 necessitates the facilitator of Afrikaans L 2 -teaching/learning within the Outcomes Based Education framework and the revised Curriculum 2005 to be aufait with assessment and his/her role in assessment. Being knowledgeable on the various criteria and strategies regarding assessment is therefore imperative. Finally, chapter five illustrates practically how the facilitator could plan, organise, base, integrate and present authentic Afrikaans L 2 -lessons/work based on the theoretical knowledge and aspects of facilitation skills, group-work, task-based learning and assessment discussed in chapters two to four. / Daar word in die studie gepoog om te ondersoek en te verduidelik hoe die T2-fasiliteerder die verskillende fasiliteringsvaardighede ten opsigte van T2 -Afrikaansonderrig binne die UGO -raamwerk in die leerdergesentreerde T2-klaskamer effektief kan gebruik. Die fasiliteerder behoort sy multikulturele leerders die geleentheid te gun om die nodige taalleervaardighede te ontwikkel sodat hulle Afrikaans Tweedetaalleer/ Addisionele Taalleer as 'n interessante leerervaring binne 'n positiewe leerklimaat kan geniet. In die leerdergesentreerde T2 -klaskamer moet die leerders ook die verantwoordelikheid vir bulle eie leer, en vir die leer van ander leerders binne kooperatiewe leergroepe kan aanvaar. Die wyse waarop die fasiliteerder van T2-leer die nodige kennis en vaardighede ten opsigte van groepwerk kan ontwikkel, word deur die studie aan die lig gebring. Die verskillende strategiee wat die aanleer van die tweedetaal binne groepwerk bevorder, effektiewe groepsfasiliteringsvaardighede, leerders se gesindhede teenoor die fasiliteerder, die probleemoplossingsvaardighede, kooperatiewe leer as beheertegniek, kommunikasie, leerdergedragswyses en die voordele van groepwerk kom aan bod. Elemente van klaskameronderhandeling en die fasiliteerder se werkswyse in die onderhandelingsvennootskap word ook bespreek. Aangesien taalleer 'n integrale faset van lewenslange leer vorm, moet multikulturele leerders gemotiveer word om Afrikaans Tweedetaal/ Addisionele Taal op 'n meer entoesiastiese wyse te kan leer. Die T2 -fasiliteerder moet 'n interessante, uitdagende, outentieke taalleeromgewing skep waarin wedersydse respek en vertroue beklemtoon word. Die studie toon die wyse aan waarop die T2 -fasiliteerder sylhaar kennis in verband met taakgerigte T2 -onderrig kan ontwikkel en dit met die effektiewe fasiliteringstegnieke en onderhandelingsvaardighede in die taakgeorienteerde T2-klaskamer kan kombineer en gebruik om leerders tot effektiewe T2 -Afrikaansleer/ Addisionele Taalleer te kan lei. Die nuwe Nasionale Taalstandaardiseringsbeleid 2001/2002 vereis dat die fasiliteerder van T2-Afrikaansonderrig/-leer binne die UGO -raamwerk en die hersiene Kurrikulum 2005 deeglike kennis moet dra van assessering en sylhaar rol in assessering. Deeglike kennis ten opsigte van die verskillende assesseringskriteria en assesseringstegnieke is dus noodsaaklik. Daar word in hoofstuk vyf aangetoon op watter wyse die fasiliteerder outentieke praktiese T2-Afrikaanslesse/-werk, kan beplan, organiseer en dit op die teoretiese kennis en aspekte ten opsigte van fasiliteringsvaardighede, groepwerk, taakgerigte leer en assessering wat in hoofstukke twee tot vier bespreek word, kan toepas en geintegreerd kan aanbied. / Afrikaans and Theory of Literature / D.Litt. et Phil. (Afrikaans)
5

Page generated in 0.4592 seconds