Return to search

Die invloed van organisasiekultuur op kreatiwiteit en innovasie in 'n universiteitsbiblioteek

Text in Afrikaans / Summaries in English and Afrikaans / In die vinnig veranderende omgewing waarin universiteitbiblioteke funksioneer is daar besorgdheid oor die vermoe van universiteitbiblioteke om tred te hou met die verandering ten einde suksesvol te kan bly
voortbestaan. Kreatiwiteit en innovasie speel 'n rol in die veranderingsproses. Organisasiekultuur het 'n invloed op die mate waarin kreatiwiteit en innovasie in 'n organisasie gestimuleer word. 'n Voorlopige model wat op die literatuur gebaseer is, het getoon dat strategie, organisasiestruktuur, ondersteuningsmeganismes, innovasiegedrag en kommunikasie die organisasiekultuurdeterminante is wat kreatiwiteit en innovasie in organisasies beinvloed. In die onderhawige empiriese studie is bestaande data, wat ingesamel is om
die organisasiekultuurvan 'n universiteitbiblioteek te beskryf, gebruik om die voorlopige model te toets. 'n Faktorontleding het getoon dat strategie, doelgerigtheid, vertrouensverhouding, innovasiegedrag, werkomgewing, klientgeorienteerdheid en bestuursondersteuning 'n invloed het op die mate waarin kreatiwiteit en innovasie in die universiteitbiblioteek gestimuleer en bevorder sal word. / In the rapidly changing environment in which university libraries function there is concern about the ability of such libraries to keep pace with change in order to be able to survive. Creativity and innovation have a role to play in the change process. Organisational culture has an influence on the degree to which creativity and innovation are stimulated in an organisation. A preliminary model which is based on the literature, has shown that strategy, organisational structure, support mechanisms, innovation behaviour and communication are the organisational culture determinants that influence creativity and innovation in organisations. In the empirical study, existing data which were collected to describe the organisational culture of a university library, were used to test the preliminary model. A factor analysis showed that strategy, purposefulness,
trust relationship, innovation behaviour, work environment, customer orientation and management support influence the degree to which creativity and innovation are stimulated and promoted in the university library. / Information Science / M.Inf.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/18137
Date06 1900
CreatorsMartins, Ellen Caroline
ContributorsTerblanche, Fransie, Watkins, M. L
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
Format1 electronic resource (xiv, 253 leaves) : illustrations

Page generated in 0.0024 seconds