Return to search

Die invloed van kapitaalwinsbelasting op boedelbeplanning en boedelbelasting en die toepaslikheid van trusts in boedelbeplanning na die inwerkingtreding van Kapitaalwinsbelasting

Thesis (MAcc)--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die bekendstelling van kapitaalwinsbelasting in 2000 was belastingpligtiges en
belastingadviseurs bekommerd oor die invloed daarvan op belasting- en
boedelbeplanning. Om die volle impak daarvan te verstaan moet die werking van
kapitaalwinsbelasting ondersoek word.
Paragraaf 10 van die Agste Bylae definieer die belasbare kapitaalwinste vir die jaar
van aanslag. Hiervolgens word kapitale winste in die hande van verskillende
belastingpligtiges teen verskillende “koerse” belas. In die algemeen word daar na
Paragraaf 10 verwys as die insluitingsartikel wat op kapitaalwinste van toepassing
is. Aangesien slegs ‘n “gedeelte” van kapitaalwinste onderhewig is aan normale
belasting is een van die grootste faktore in die huidige belastingomgewing steeds
om te onderskei tussen inkomste van ‘n kapitale of nie-kapitale aard.
Deur die toepassing van Paragraaf 10 word kapitaalwinste gerealiseer deur Trusts
en Maatskappye teen hoër koerse belas, as in die geval van individue. Dit het tot
gevolg dat belastingpligtiges en belastingadviseurs die gebruik van trusts as ‘n
effektiewe hulpmiddel vir boedelbeplanning begin bevraagteken het. Die effektiewe
belastingkoers van toepassing op kapitaalwinste gerealiseer deur individue is egter
die laagste van al die verskillende belastingpligtiges. Wanneer ‘n individue te
sterwe kom is sy boedel onderhewig aan boedelbelasting, wat ‘n verdere belasting
las tot gevolg het. Indien ‘n trust effektief toegepas word tydens die opstel van ‘n
boedelplan vir ‘n individu sal die bates van die trust nie onderhewig wees aan
boedelbelasting nie.

Deur die verskeie opsies wat beskikbaar is vir ‘n belastingpligtige, wanneer hy ‘n
besluit moet neem watter beleggingsvoertuig hy moet gebruik vir die belegging,
kan die effektiewe belastingkoerse vergelyk word. Deur die uitkomste van die
verskeie opsies teenoor mekaar te vergelyk bewys dit dat indien ‘n trust korrek
aangewend word, dit steeds as ‘n effektiewe hulpmiddel in ‘n boedelplan kan
aangewend word.
Tydens die uitvoer van die vergelyking van die verskillende opsies wat vir die
belastingpligtige beskikbaar is, is die tydwaarde van geld buite rekening gelaat.
Indien die lewensverwagting van ‘n individu in berekening gebring word kan die
uitkoms van die vergelyking moontlik anders wees.
Deur dit alles in ag te neem bevestig dit weereens dat elke individue se boedelplan
uniek sal wees indien sy persoonlike finansiële omstandighede in ag geneem
word. / ENGLISH ABSTRACT: With the introduction of capital gains taxation in 2000, taxpayers and their advisors
feared the impact thereof on tax planning and estate planning. To determine the
impact thereof the taxation of capital gains must be understood.
Paragraph 10 of the Eight Schedule define the taxable portion of capital gains for
the year of assesment. Paragraph 10 is also commonly known as the inclusion
clause applicaple on capital gains. This application of paragraph 10 has the effect
that capital gains realised by different types of taxpayers are taxed at different
rates. Due to the application of paragraph 10 only a portion of the capital gain
realised by the taxpayer is subject to normal taxation. Therefor one of the biggest
concerns for taxpayers still is to determine if income are of a capital nature or not.
The inclusion rate, according to paragraph 10, applicable on capital gains realised
by trusts and companies is higher than that of a individual and gives rise to a
bigger tax burden relating to capital profits for trusts and companies. Therefor
taxpayers and their advisors doubt wether a trust could still be used as an effective
tool for estate planning. The effective tax rate on caiptal gains for individuals is the
lowest for all types of taxpayers. But when an individual dies his estate is subject to
estate duty, which leaves an additional burden for an individual to take into
account. When a trust is effectively utilised in preparing an estate plan for an
individual, the assets of the trust should not be subject to estate duty.
By evaluating the effective tax rates applicable to the different options available to
a taxpayer when he needs to determine which investment vehicle to use when
making an investment, a comparision can be made. By comparing the effective tax
rates a conclusion can be drawn that a trust can still be used as an effective tool
for estate planning when utilised properly.

When the comparison was made the time value of money was ignored. If the life
expectancy of a individual are taken into account the outcome could be different.
When everything is taken into consideration the conclusion is that the estate plan
for every individual is unique and determined by his or her personal financial
circumstances.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/15522
Date03 1900
CreatorsKotze, Jan Harmse, Van Wyk, E.
ContributorsUniversity of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Accountancy.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format87 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0019 seconds