Return to search

Die Kaapse meubelmakers, 1652-1900

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986. / INDLEIDING: Ten spyte van die belangrike bydrae wat die meubelmakers oor meer as drie
eeue gelewer het t.o.v. die vervaardiging van een van die belangrikste gebruiksartikels in die Kaapse huishoudings, is daar nag min aandag aan die
onderwerp bestee. Slegs enkele navorsers soos H. Aucamp (1971), M. Baraitser en A. Obholzer (1971), J.L.M. Franken (1940) en J. Hoge (1946) verwys na enkele meubelmakers, timmermans, draaiers, voeërs en beeldsnyers
wat meubels gemaak het. Daar is egter nog geensins 'n geheelbeeld saamgestel
oor die herkoms van die Kaapse meubels en die vakmanne wat dit plaaslik
vervaardig het nie.
Die doel van hierdie studie is om vas te stel wie die mense was wat die
Kaapse meubels sedert die volksplanting plaaslik vervaardig het. Die studie
het ook ten doel om, waar moontlik, te onderskei tussen die verskillende
soorte vakmanne wat meubels gemaak het, nl. kabinetmakers, stoelmakers,
draaiers, voeërs, beeldsnyers en timmermans.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/65134
Date12 1900
CreatorsGeldenhuys, Hugo Amos
ContributorsGrobbelaar, P. W., Van der Merwe, Hennie, Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of History.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format442 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0177 seconds