Return to search

The development of a knowledge management model to improve the effectiveness of project management organisations

Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The new economy of the world has shifted the emphasis of organisations away from
the traditional view that land, labour and capital is needed for competitive advantage,
to a view that the knowledge inherent in people is the greatest driver for economic
success. This shift from the industrial economy to the information or knowledge
economy has prompted an increase in the study of the role knowledge plays in
determining organisational success.
The management of this knowledge is of great importance to all organisations
competing in the knowledge economy. An organisation that uses the managementby-
projects approach is presented with additional challenges. The people who create
and use knowledge in project management organisations move from project to
project, and project teams are formed temporarily for the duration of the project. In
global project management organisations, the impact of the diverse cultures, values
and ideals of people is an even greater challenge than in non-project management
organisations. People need to co-operate on projects without much time to adjust to
these differences.
This has lead to this research study on the management of knowledge in
organisations that use the management-by-projects approach. The first aim of the
study was to review the relevant literature on knowledge management and project
management. A model was developed from the literature that comprises the most
important components needed to ensure that all organisational knowledge is used to
establish a competitive advantage. This general model was refined to satisfy the
needs of a project management organisation.
As mentioned in a previous paragraph the greatest challenge for a project
management organisation is harnessing the diversity in project teams and using it to
the advantage of the organisation. The diversity in project teams stems from the
diversity in value systems of team members and groups within project teams. This
also leads to diversity in the cultures within the organisation. These cultures can be
racial or national cultures, professional cultures, or functional cultures that are
developed when individuals interact within groups. This thesis aims to emphasise the importance of people, as individuals and groups,
and the organisational culture that is formed through the shared values and ideals of
such groups. People will be motivated to change their way of work by focussing the
implementation of an initiative such as knowledge management on the culture of the
organisation. This is because the change is then rooted in their shared values.
The purpose of this study is therefore not only to develop a model, but also to stress
the relative importance of the components of the model. The model consists of three
enablers: culture, people and technology. These enablers will prepare the
organisation to adopt and use the process of knowledge management effectively.
The knowledge management process will not be very effective, if the enablers are not
implemented successfully.
Implementers of a knowledge management initiative must understand that the
organisational culture is of primary importance. The other enablers and the
knowledge management process should be supported by the organisational culture.
The model for knowledge management that is developed in this thesis is compared to
the implementation plan of a South African technology company that uses the
management-by-projects approach. The model that is being implemented at Sasol
Technology is critically compared to the model proposed in this thesis.
Conclusions are reached on the gap between the model that is being implemented at
Sasol Technology and the model that is developed in this thesis. From this it will be
evident that the proposed model could be used as a frame of reference for the
implementation of knowledge management in project management organisations. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is tans 'n klemverskuiwing in die wêreldekonomie, weg van die tradisionele idee
dat grond, arbeid en kapitaal benodig word vir kompeterende voordeel. Die nuwe
fokus is op mense se kennis as drywer vir ekonomiese sukses. Hierdie verskuiwing
vanaf die industriële ekonomie na die inligting- of kennisekonomie het tot gevolg dat
die rol van kennis in die sukses van maatskappye ondersoek word.
Die bestuur van kennis is baie belangrik vir alle organisasies wat kompeteer in die
kennisekonomie. Vir 'n organisasie wat die bestuur-deur-projekte
bestuursbenadering volg, is daar egter nog meer uitdagings. Mense wat binne
hierdie omgewing werk word gereeld tussen projekspanne rondgeskuif, dié spanne
word ook net gevorm vir die leeftyd van die projek. In internasionale organisasies
moet mense van verskillende kulture, met verskillende waardes en ideale, saamwerk
op projekte, sonder dat hulle baie tyd het om gewoond te raak aan hierdie verskille.
Dit het gelei tot hierdie navorsingstudie van die bestuur van kennis binne
organisasies wat die bestuur-deur-projekte bestuursbenadering gebruik. Hierdie
navorsing is begin deur 'n oorsig te neem van die relevante literatuur oor
kennisbestuur en projekbestuur. Uit die literatuur is 'n modelontwikkel wat bestaan
uit al die belangrikste komponente wat bestuur moet word om te verseker dat al die
kennis in 'n organisasie gebruik word. Die kennis binne die organisasie moet gebruik
word om nuwe waarde te skep wat 'n kompeterende voordeel kan bewerkstellig.
Hierdie algemene model is verfyn om die behoeftes van 'n projekbestuursorganisasie
te bevredig.
Soos reeds genoem is die grootste uitdaging vir projekbestuursorganisasies om die
diversiteit in projekspanne in te span tot die voordeel van die organisasie. Hierdie
diversiteit is afkomstig van die diverse waardestelsels van spanlede en groeperings
binne projekspanne, en daarom ook die diverse kulture in organisasies. Dit kan
etniese of nasionale kulture, professionele kulture of funksionele kulture wees, wat
ontstaan uit die interaksie van individue wat in groepe werk.
Hierdie tesis beklemtoon die belangrikheid van mense, beide as individue en groepe,
en ook die organisasiekultuur wat ontstaan as gevolg van die gemeenskaplike
waardes en ideale van sulke groepe. Mense kan gemotiveer word om hul manier van werk te verander deur tydens die implementering van 'n inisiatief soos
kennisbestuur te fokus op die kultuur van die organisasie. Dit is moontlik omdat die
verandering geanker is in die waardes van die mense.
Die doel van hierdie studie is daarom nie net die ontwikkeling van 'n model vir
kennisbestuur nie, maar ook om die relatiewe belangrikheid van die komponente van
die model uit te lig. Die model bestaan uit drie bemagtigers (engels: "enablers"):
organisasiekultuur, mense en tegnologie. Hierdie bemagtigers berei die organisasie
voor sodat die kennisbestuur proses aanvaar en effektief gebruik kan word. Die
kennisbestuur proses sal egter nie baie effektief wees as die bemagtigers nie
suksesvol geimplementeer is nie.
Die persone wat gemoeid is met die implementering van kennisbestuur moet
verstaan dat die organisasiekultuur van primere belang is. Die organisasiekultuur
moet ook ondersteun word deur die ander bemagtigers en die kennisbestuur proses.
Die model vir kennisbestuur wat in die tesis ontwikkel is word vergelyk met die
implementeringsplan van 'n Suid-Afrikaanse tegnologie maatskappy. Sasol
Tegnologie gebruik die bestuur-deur-projekte benadering en daarom kan die model
wat in hierdie tesis voorgestel word krities met die maatskappy se model vergelyk
word.
Gevolgtrekkings word gemaak oor die gapings tussen die model wat by Sasol
Tegnologie gebruik word en die model wat in hierdie tesis ontwikkel is. Hieruit is dit
duidelik dat die voorgestelde model gebruik kan word as 'n verwysingsraamwerk vir
die implementering van kennisbestuur in projekbestuursorganisasies.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53097
Date03 1900
CreatorsLiebenberg, Vanwyk
ContributorsVon Leipzig, K., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Industrial engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format137 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0025 seconds