Return to search

The child's right against exploitation in the form of pornography on the Internet : a South African perspective

Thesis (LL.M.) -- University of Stellenbosch, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: With the arrival of the Internet, the availability of pornography, and especially
child pornography, has increased tremendously. This rapidly developing
technological wonderworld has brought the dark syndicate of sexual exploitation
of children to the living room of each home equipped with a computer.
In South Africa the right of the child to not be sexually exploited or abused is
enshrined in section 28 of the Constitution, 108 of 1996, as well as in several
international documents. This thesis analyses the legislative framework in this
regard and comes to the conclusion that South African legislation concerned
shows much room for improvement. Legislation concerning sexual offences
against children makes use of archaic terms that are outdated in the present
context. It is also vague, inconsistent and provides insufficient protection to
children in this regard. The sexual exploitation of children does not, despite
promises made by the South African government in ratifying several international
documents, receive high priority in the South African community.
This finding is made in view of the examination of certain key concepts to the
subject, international documents such as the United Nations Convention to the
Rights of the Child, 1989, and the activities of international organisations
combating the sexual exploitation of the child. An analysis of the manner in which
countries such as the United States of America, Canada, the United Kingdom,
Germany and Japan has implemented protection measures against this form of
abuse, is also made. Proposals to increase the protection of children in South
Africa are submitted in conclusion.
Although this new domain needs urgent measures of regulation, it is not an
impossible task to govern the Internet. Formulating comprehensive, consistent
and effective legislation is a fundamental part in the battle against the sexual
exploitation of children. The co-operation of all relevant sectors, including the government, the Internet industry and members of the community, however,
remains essential. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die beskikbaarheid van pornografie, en veral kinderpornografie, het met die
koms van die Internet onrusbarend toegeneem. Hierdie vinnig ontwikkelende
tegnologiese wonderwereld het die seksuele eksploitasie van kinders vanuit die
donker onderwereld na die voorkamer van elke huis met 'n rekenaar gebring.
In Suid-Afrika word die reg van die kind om teen seksuele uitbuiting en
mishandeling beskerm te word in artikel 28 van die Grondwet, 108 van 1996,
asook verskeie internasionale dokumente verskans. Hierdie tesis ondersoek die
wetgewende raamwerk rakende die groeiende probleem van seksuele
eksploitasie op die Internet en vind dat Suid-Afrikaanse wetgewing in hierdie
verband nog ver te kort skiet. Wetgewing met betrekking tot seksuele misdade
teen kinders maak tans gebruik van arqaise terme wat glad nie meer in vandag
se konteks relevant is nie. Dit is voorts ook onsamehangend, onduidelik en
verskaf onvoeldoende beskerming aan kinders in hierdie verband. Ten spyte van
beloftes deur die Suid-Afrikaanse regering, gemaak tydens die ratifisering van
verskeie internasionale dokumente, geniet die aangeleentheid van beskerming
van die kind teen seksuele uitbuiting op die Internet nog nie prioriteit in die Suid-
Afrikaanse samelewing nie.
Hierdie bevinding word gemaak in die lig van die bestudering van definisies van
sekere kernbegrippe, internasionale dokumente soos die Verenigde Nasies se
Konvensie van die Regte van die Kind, 1989, en die werksaamhede van
internasionale organisasies bemoeid met die bekamping van seksuele
eksploitasie van die kind. Daar word ook veral aandag gegee aan die wyse
waarop lande soos die Verenigde State van Amerika, Kanada, die Verenigde
Koninkryk, Duitsland en Japan te werk gegaan het om kinders in die onderskeie
lande te beskerm. Voorstelle ten einde die beskerming van Suid-Afrikaanse
kinders teen seksuele eksploitasie op die Internet te verbreed, word ter konklusie
gegee. Alhoewel die nuwe terrein dringend regulering benodig, is dit nie In totaal
onmoontlike taak om die Internet te kontroleer nie. Die formulering van
omvattende, eenvormige en effektiewe wetgewing in die verband is In
fundamentele proses in die stryd om kinders te beskerm. Die samewerking van
relevante rolspelers en veral die regering, die Internet sektor en lede van die
gemeenskap is egter van uiterste belang.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52493
Date January 2001
CreatorsVan der Westhuizen, Lize
ContributorsHuman, C.S., Stellenbosch University. Faculty of Law. Dept. of Public Law .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format137 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds