Return to search

'n Leksikografiese model vir 'n elektroniese tweetalige grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: This study proposes a concept model for an electronic bilingual dictionary of sign
language and Afrikaans (or English, or any other spoken language) that can be
applied in practice by the De la Bat School for the Deaf in Worcester – or any school
of similar organisation – to compile a bilingual dictionary in which it is not only
possible to look up a sign via a written word but also to look up a sign even if the user
does not necessarily know the written equivalent. This is important as it will mean
that, for the first time in South Africa, a Deaf user would not have to be literate in any
written language to use a dictionary in his or her own language. At the same time a
hearing user would be able to look up a sign of which the meaning is unknown, for
example when a sign is noticed in a conversation or an unknown context. The sign
language dictionaries currently available in South Africa are little more than
alphabetically arranged (or sometimes thematically arranged) lists in which the
written language offers the only access to the content.
As per introduction the first four chapters provide general discussions of sign
language, the Deaf in South Africa, lexicography and sign language dictionaries. The
discussions which follow in the remaining chapters focus on the decisions which
have to be made in terms of the proposed dictionary’s content and design. These
chapters contain recommendations regarding equivalent relations between sign
language and Afrikaans, several outer texts which could be included in the frame
structure, the characteristics of the electronic database from which the dictionary will
be generated, as well as decisions that have to be made about the microstructure. In
the last chapter the lexicographic model for an electronic bilingual Foundation Phase
dictionary of South African Sign Language and Afrikaans is provided with complete
examples. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie stel 'n konsepmodel voor vir 'n elektroniese tweetalige woordeboek
van gebaretaal en Afrikaans (of Engels, of enige ander gesproke taal) wat deur die
De la Bat Skool vir Dowes in Worcester – of enige ander skool of soortgelyke
instansie – in die praktyk aangewend sou kon word om 'n tweetalige woordeboek
saam te stel waarin dit nie slegs moontlik is om 'n gebaar via 'n geskrewe woord op
te soek nie, maar ook om 'n gebaar op te soek sonder dat die gebruiker noodwendig
die geskrewe ekwivalent ken. Dit is belangrik aangesien dit die eerste keer in Suid-
Afrika sal beteken dat 'n Dowe gebruiker nie in enige geskrewe taal geletterd hoef te
wees om 'n woordeboek in sy of haar eie taal te gebruik nie. Terselfdertyd sal 'n
horende gebruiker wat gebaretaal leer in staat wees om 'n gebaar op te soek
waarvan die betekenis onbekend is, soos wanneer 'n gebaar in 'n gesprek of
onbekende konteks opgemerk word. Die gebaretaalwoordeboeke wat op die oomblik
in Suid-Afrika bestaan, is weinig meer as alfabetiese (of soms tematiese) lyste
waarin die geskrewe taal die enigste toegang tot die inhoud bied.
Ter inleiding word algemene besprekings van gebaretaal, Dowes in Suid-Afrika,
leksikografie en gebaretaalwoordeboeke in die eerste vier hoofstukke verskaf. Die
besprekings wat in die hoofstukke daarop volg, fokus in meer besonderhede op die
besluite wat t.o.v. die voorgestelde woordeboek se inhoud en ontwerp gemaak moet
word. Dié hoofstukke bevat aanbevelings rakende ekwivalentverhoudings tussen
gebaretaal en Afrikaans, verskeie buitetekste wat in die raamstruktuur gebruik sou
kon word, die eienskappe van die elektroniese databasis waaruit die woordeboek
gegenereer word asook besluite wat oor die mikrostruktuur geneem moet word. In
die laaste hoofstuk word die leksikografiese model vir 'n elektroniese tweetalige
grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans met
volledige voorbeelde uiteengesit. / Nasionale Navorsingstigting / Harry Crosleystigting

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/79928
Date03 1900
CreatorsFourie, Hanelle
ContributorsGouws, R. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format446 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0054 seconds