Return to search

The State, Federalism, non-state actors, and conflict : the Mexican drug war

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This research study analyzes the Mexican drug war’s impact on the state’s federal
political system of shared sovereignty. Transnational criminal organizations (TCOs) such
as drug cartels have grown in strength due to shifting dynamics of the global drug trade.
This growth in power, both in relation to the use of physical force and the influence over
Mexican society, has challenged the state’s authority and monopoly of violence. After the
inauguration of President Felipe Calderón in 2006, the government launched an all-in
offensive, dedicating the entire state system to ridding the country of the drug cartels.
Results of the offensive have been mixed and vary from area to area. However, trends
indicate that the offensive has caused power vacuums and increased rivalry among the
drug cartels. National homicide statistics show the government offensive has distorted the
balance of power among the drug cartels, causing increased competition in an already
hypercompetitive market.
The majority of Mexico’s modern history consists of the era of single-party
dominance, where the Institutional Revolutionary Party (PRI) dominated the political
system on both vertical and horizontal levels. The recent growth of federal executive
power during Calderón’s administration has caused concern about whether the democratic
progress made during the last decade could be reversed – returning the country back to
former autocratic practices of governance. This reversal also involves the concentration of
power in the center. For the last few decades, the country has been decentralizing its
political system in accordance to federal principles laid down by its Constitution. The
involvement of the military, a federal instrument of security that has in some cases taken
over jurisdiction from state and local authorities, has been causing debate on whether the
executive power is violating its constitutional limits of power. With this, the primary
research question of this study uses theoretical concepts and is formulated thusly: How do
violent non-state actors (VNSAs) impact federalism in Mexico? Mexico was chosen as a case study because of its growing struggle against the
drug cartels, a sub-branch of non-state actors (NSAs). The Westphalian state order has changed dramatically with globalization, changing realities with regard to the use of
physical violence. This is especially the case in reference to VNSAs, where the use of
violence maintains an informal system of order. With the rise of the powerful drug cartels,
a direct result of the global drug trade that hides in the shadows of globalization, Mexico’s
case is not unique. Colombia struggled with a similar scenario during the 1980s and
1990s. However, the security situation in Mexico has proven to be constantly evolving and
very intense during a time of political transition.
This study shows that the federal executive branch of the Mexican government has
not violated its constitutional limits of the use of power, although the Mexican
Constitution of 1917 has proven to be vague in reference to the use of the military in
peacetime. This vagueness could undermine regional sovereignty and federal principles
laid down by the Constitution. The study also indicates that the increasing levels of
violence are affecting the functionality of regional governance, as well as freedom of the
press. Homicide statistics show that since the government launched its offensive in 2006,
there has been a significant increase in assassinations targeting both mayors and
journalists. Overall, there is no indication that the drug war has influenced federalism in
Mexico. Rather, the drug war has exposed institutional weaknesses, causing increased
demand for and investment in professionalizing state institutions. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie analiseer die impak van die Meksikaanse dwelmoorlog op
Meksiko se federale politieke stelsel van gedeelde soewereiniteit. Transnasionale
kriminele organisasies (TKO’s), byvoorbeeld dwelmkartelle, se mag het toegeneem as
gevolg van die verskuiwende dinamika in globale dwelmhandel. Die staat se gesag en
magsmonopolie word uitgedaag as gevolg van hierdie toename in mag, beide met
betrekking tot die owerhede se gebruik van fisieke mag en hul gesag oor die Meksikaanse
gemeenskap. Na die inhuldiging van president Felipe Calderón in 2006, het die regering ’n
alles insluitende offensief van stapel gestuur om van die land se dwelmkartelle ontslae te
probeer raak. Hierdie offensief toon wisselende vordering en die impak daarvan verskil
van area tot area. Ten spyte van hierdie mate van vordering, het die offensief egter
aanleiding gegee tot magsvakuums en ’n toename in wedywering tussen dwelmkartelle.
Nasionale moordsyfers dui daarop dat hierdie regeringsoffensief die magsbalans tussen
dwelmkartelle versteur het, wat gelei het tot ’n toename in kompetisie in ’n reeds uiters
kompeterende mark.
Meksiko se moderne geskiedenis bestaan hoofsaaklik uit ’n era van
eenpartydominansie, waar die Institusionele Rewolusionêre Party (Institutional
Revolutionary Party, IRP) die politieke stelsel op beide vertikale en horisontale vlak
gedomineer het. Die onlangse opkoms van die federale uitvoerende mag tydens die
Calderón-administrasie wek kommer dat die vordering wat in die laaste dekade gemaak is
ten opsigte van demokratisering van die politieke stelsel, omvergewerp sal word en dat
Meksiko die gevaar sal loop om terug te keer na sy voormalige outokratiese en
gesentraliseerde regeerpraktyke. Oor die afgelope paar dekades het die land juis pogings
aangewend om sy politieke stelsel te desentraliseer na aanleiding van federale beginsels
soos neergelê in die grondwet. Die weermag – ’n federale instrument vir sekuriteit – het
alreeds op sekere plekke jurisdiksie by staats- en plaaslike owerhede oorgeneem. Dit het
gelei tot debatte oor of die uitvoerende mag sy grondwetlike magsbeperkinge oorskry. Na
aanleiding van Meksiko se huidige politieke situasie, asook teoretiese konsepte soos die
staat, federalisme, nie-staatsakteurs en globale dwelmhandel, word die primêre navorsingsvraag vir hierdie studie soos volg geformuleer: Hoe beïnvloed gewelddadige
nie-staatsakteurs federalisme in Meksiko? Om hierdie vraag te beantwoord, word daar
gebruik gemaak van sekondêre bronne, (beperkte) insig oor die dwelmkartelle se
handelspraktyke en ’n ondersoek na die linguistiese beperkinge op die gebruik van
amptelike Meksikaanse regeringspublikasies.
Meksiko is as gevallestudie vir hierdie navorsingsprojek gekies vanweë die land se
toenemende stryd teen dwelmkartelle, ’n subvertakking van nie-staatsakteurs. Die
Westfaalse staatsorde wat eeue lank die wettige gebruik van fisieke geweld beheer het, het
dramaties verander met die opkoms van globalisering. Dit is veral die geval by
gewelddadige nie-staatsakteurs, waar die gebruik van geweld tans ’n informele stelsel van
orde handhaaf. Die opkoms van Meksiko se magtige dwelmkartelle, ’n direkte gevolg van
globale dwelmhandel (wat in die skadu van globalisering skuil), is egter nie enig in sy
soort nie. Alhoewel Colombië byvoorbeeld in die 1980’s en 1990’s ’n soortgelyke
probleem ondervind het, het die sekuriteitstoestand in Meksiko getoon dat dit steeds
ontwikkelend van aard en hewig ten tye van politieke oorgang is, wat dit toepaslik vir
hierdie studie maak.
Die gevolgtrekking waartoe daar in hierdie studie gekom word, is dat die federale
uitvoerende tak van die Meksikaanse regering tot dusver nie sy grondwetlike beperkinge
ten opsigte van die uitoefening van mag oorskry het nie. Die Meksikaanse grondwet van
1917 is egter vaag oor die weermag se bevoegdheid om gesag af te dwing tydens
vredestye. Hierdie vaagheid kan moontlik die streeksoewereiniteit en federale beginsels
wat deur die grondwet verskans word, ondermyn. Daar is ook bepaal dat die toenemende
geweld sowel die funksionaliteit van die streeksregering as die vryheid van die pers,
beïnvloed. Moordsyfers in Meksiko dui daarop dat daar sedert 2006 ’n beduidende
toename in sluipmoordaanvalle op burgemeesters en joernaliste was. Alles in ag genome,
is daar egter geen aanduiding daarvan dat die dwelmoorlog wel federalisme in Meksiko geraak het nie. Die impak wat dit wel gemaak het, is om institusionele swakheid in die
regering te openbaar, wat tot ’n toename in die aanvraag na en investering in die
professionalisering van staatsinstellings gelei het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80059
Date03 1900
CreatorsCrane, Shawn R.
ContributorsLambrechts, Derica, De Jager, Nicola, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Political Science.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
Formatxiii, 116 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0032 seconds