Return to search

Basisteorie vir familiepastoraat

Met die oog daarop om 'n basisteorie vir familiepastoraat te ontwerp, word verskeie basisteoretiese konsepte geidentifiseer en bespreek. Dit is veral die relasionele definiering van families - eerder as die tradisionele biologiese definiering - wat van fundamentele belang vir basisteoretiese besinning is. Hierdie 'ekologiese' verstaan van families, sluit familiesisteme van alle vorms in en hou rekening met huidige sosiologiese realiteite sowel as bepaalde teologiese perspektiewe. In aansluiting by die relasionele definiering van families, het familiepastoraat 'n verhoudingsfokus en werk dit met 'n
multidimensionele perspektief wat op al die dinamiese verhoudingsprosesse en -fases binne familiesisteme gerig is. In verbondenheid met die gemeente, benader familiepastoraat families as ekologiese geloofsisteme en funksioneer dit in die lig van die
evangelie asook doelbewus binne koninkrykskonteks. In die slothoofstuk word al die sentrale basisteoretiese konsepte geintegreer tot 'n teoretiese geheel. Die basisteorie vir
familiepastoraat, wat hier ontwerp word, kan kemagtig soos volg geformuleer word: Familiepastoraat is gesprekmatige verhoudingsorg van die ekologiese familie en dit geskied binne koninkrykskonteks. / For the purpose of developing a basic theory for family pastoral work, several basic theoretical concepts are identified and discussed. The defining of families in terms of relations - rather than the traditional biological defining - is of fundamental importance for basic theoretical reflection. This 'ecological' understanding of families includes
families of all shapes and forms, whilst it also reflects sociological realities and it takes into account certain theological perspectives. The aim of family pastoral work is synchronised with the relational defining of families and focus, therefore, on the multiple dynamic relational processes and phases within family systems. For this manifold
relational focus, family pastoral work operates with a multidimensional perspective. The basic theory developed for family pastoral work, can be formulated as follows: Family pastoral work is dialogical care of the relationships of ecological families and it operates within context of the Kingdom. / Philosophy, Practical and Systematic Theology / M.Th. (Practical theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16305
Date11 1900
CreatorsVan Heerden, Leon Johan
ContributorsDe Jongh van Arkel, Jan
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (v, 116 leaves)

Page generated in 0.0101 seconds