Return to search

Volwasse onderwys deur die landlike stigting in die ontwikkeling van landelike gemeenskappe

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Die Landelike Stigting poog om deur die proses van gemeenskapsontwikkeling die
lewenstandaard en ontwikkelingspeil van die plaaswerkergemeenskap te verhoog.
Binne hierdie proses word volwasse onderwys as belangrike instrument
aangewend. Vervolgens is die probleem wat nagevors is die toepassing van
volwasse onderwys deur die Landelike Stigting binne landelike ontwikkeling.
Eerstens is ondersoek ingestel na die doelstellings en filosofiese orientasies
van volwasse onderwys. Binne hierdie kognitiewe raamwerk het hierdie studie
tweedens die bepaling van die Landelike Stigting se filosofie en doelstellings
behels.
Die Landelike Stigting se volwasse onderwysprogram toon duidelike ooreenkomste
met radikale volwasse onderwysdenke. Die teoretiese onderbou van die program
is vereenselwigbaar met kontemporere ontwikkelingsdenke wat mensgesentreerde,
deelnemende en handhawingsontwikkeling beklemtoon en fokus op ontwikkeling as
'n leerproses. Met hul teoretiese uitgangspunte slaag die Landelike Stigting
daarin om 'n volwasse onderwysprogram daar te stel wat nie-rassige, nieseksistiese
en demokratiese leerbeginsels ondersteun. Hierdie uitgangspunte
manifesteer egter tans nie in die praktyk nie. / The Rural Foundation strives to promote the living standard and level of
development of the farm worker community through the process of community
development. Adult education is an important instrument within this process.
Consequently the problem researched is the application of adult education in
rural development. Firstly, the objectives and philosophical orientations of
adult education were explored. Following from this cognitive framework this
study secondly determined the objectives and philosophy of the Rural
Foundation.
The adult education programme of the Rural Foundation closely corresponds to
radical adult education thinking. The theoret i ca 1 substructure of the
programme is comp at i b 1 e with contemporary deve 1 opment thought which emphasises
people-centred, participatory and sustainable development and focuses on
development as a learning process. With their theoretical premises, the Rural
Foundation succeeds in establishing an adult education programme which
supports non-racial, non-sexist and democratic learning principles. However,
these premises do not manifest in practice. / Development Studies / M.A. (Development Administration)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17125
Date11 1900
CreatorsKotze, Derica Alba
ContributorsCornwell, Linda
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (xii, 278 leaves), application/pdf

Page generated in 0.0034 seconds