Return to search

Vooruitsigte, ervarings en probleme met opleiding onder werkers in die Oos Vrystaat : ‘n studie oor opleiding in die VKB

Thesis (MPhil (Sociology and Social Anthropology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH SUMMARY: This study focuses on the shortage of labour in the rural areas of the Free State and, in direct contrast to
the high unemployment figures and great demand for jobs. The upskilling of unskilled labour is one of
South Africa’s biggest social problems. It is becoming ever more pressing given the increasing demand
for skilled labour to adapt to technological advancement and the new information era. The South African
government has created various initiatives and policies to accommodate and provide previously
disadvantaged groups with opportunities for training and better life prospects. Viewing South Africa’s
rural areas from a historical perspective may result in scepticism about the success of these training
initiatives and question the commitment of private business towards these policies. Policies and
regulations increasingly place greater administrative pressure on workplaces, which could lead to the
expectation that training in companies would merely be regarded as an extra burden. The VKB, a local
agricultural co-operative in the Free State, challenges this assumption. This study investigates the
experiences and expectations of employees to determine the impact of training on individuals. Interviews
with employees and management in the company show that training plays a crucial role in producing
solidarity in a stable workplace environment. For both groups, government-proposed education and
training are regarded as very important in their own lives and for the future development of South Africa. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die tekort aan arbeid wat in die plattelandse gebiede van die Vrystaat ondervind
word, in teenstelling met die hoë werkloosheidsyfer en behoefte aan werksgeleenthede in dié gebied. Die
verdere opleiding van ongeskoolde arbeid is een van Suid-Afrika se grootste maatskaplike probleme. Dié
kwessie raak al hoe meer relevant gegewe die groter aanvraag na geskoolde arbeid om aan te pas by
tegnologiese vooruitgang en die eise van die inligtingsera. Die Suid-Afrikaanse regering het verskeie
inisiatiewe en beleide ingestel om opleidingsgeleenthede en beter vooruitsigte vir voorheen benadeelde
groepe daar te stel. As die Suid-Afrikaanse platteland vanuit ’n historiese perspektief beskou word, kan ’n
mens skepties staan teenoor die wyse waarop sakeondernemings hierdie beleide sal aanvaar en toepas.
Hierbenewens plaas beleide en wetgewing ook geweldige administratiewe druk op ondernemings, wat
aanleiding kan gee tot die vermoede dat maatskappye opleiding slegs as ’n ekstra las sou beskou. Die
VKB, ’n plaaslike landboukoöperasie in die Vrystaat, bewys egter die teendeel van hierdie aanname. Dit
bring hierdie studie tot die punt van ondersoek, waar die ervaring en verwagtings van werknemers
ondersoek word om vas te stel watter impak opleiding op individue het. Persoonlike onderhoude met
werknemers en die bestuur dui daarop dat opleiding ’n belangrike faktor is wat samehorigheid in ’n
stabiele werksomgewing in die hand werk. Albei groepe beskou opleiding en onderrig, soos voorgestel
deur die regering, as uiters belangrik in hulle eie lewens en vir die algehele ontwikkeling van Suid-Afrika.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4287
Date03 1900
CreatorsDe Villiers, Anell
ContributorsDubbeld, Bernard, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Sociology and Social Anthropology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format88 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0032 seconds