Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: Overberg District Municipality is required by law to develop and implement a
organisational performance management system. This requirement by law is in
recognition of the need for government to take real steps to ensure that municipalities
effectively deliver on their constitutional mandate.
The transformation of local government ushered in a pertinent focus on developing and
implementing performance management systems. The researcher experienced that
municipalities are at this stage primarily focusing on developing systems for
organisational performance management, resulting in minimum attention to individual
performance management.
The purpose of this research is to develop an individual performance management
instrument, integrating the strategic objectives as identified in the Integrated
Development Plan of the Overberg District Municipality with the objectives of the
individual. The proposed instrument should enhance integrated human resource
management and be commensurate with applicable labour legislation.
A literature review of performance management and related human resource
management practices was conducted in order to gain better insight into the topic.
Further to this, legislation and policy documents were analysed with specific reference
to performance management. After gathering the information through the literature
review, a proposed individual performance management instrument was developed and
submitted to subject matter experts for their input.
The research is concluded with a presentation of recommendations for implementation
at Overberg District Municipality. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Overberg Distriksmunisipaliteit moet volgens wet 'n organisatoriese
prestasiebestuurstelsel ontwikkel en implementeer. Hierdie wetlike vereiste erken die
vereiste dat die regering doelgerigte stappe moet doen om te verseker dat munisipaliteite
hul grondwetlike mandaat doeltreffend uitvoer.
Die transformasie van plaaslike regering het 'n besliste fokus op die ontwikkeling en
implementering van prestasiebestuurstelsels meegebring. Die navorser het ondervind
dat munisipaliteite op hierdie stadium hoofsaaklik op die ontwikkeling van stelsels vir
organisatoriese prestasiebestuur ingestel is, en dus die minimum aandag aan individuele
prestasiebestuur gee.
Die oogmerk van hierdie navorsing is om 'n individuele prestasiebestuursinstrument te
ontwikkel, en daardeur die strategiese doelwitte wat in die Geintegreerde
Ontwikkelingsplan van die Overberg Distriksmunisipaliteit geidentifiseer is, met die
individu se doelwitte te integreer. Die voorgestelde instrument moet geintegreerde
menslikehulpbronbestuur versterk en in ooreenstemming met toepaslike
arbeidswetgewing wees.
'n Literatuuroorsig van prestasiebestuur en verwante menslike hulpbronbestuurspraktyke
is gedoen ten einde 'n beter begrip van die onderwerp te kry. Verder is
wetgewing en beleidsdokumente ontleed met spesifieke verwysing na prestasiebestuur.
Nadat die inligting by wyse van die literatuuroorsig versamel is, is 'n voorgestelde
individuele prestasiebestuursinstrument ontwikkel en aan kundiges op hierdie gebied
voorgelĂȘ vir hulle insette.
Die navorsing is afgesluit met aanbevelings vir implementering by die Overberg
Distriksmunisipaliteit.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/49909 |
Date | 12 1900 |
Creators | Prins, Henry F. |
Contributors | Schwella, E., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences. School of Public Leadership. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 v. (various pagings) ; ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0021 seconds