Return to search

Prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers in welsynsorganisasies

Text in Afrikaans, abstract in Afrikaans and English / Prestasiebeoordeling is van kritiese belang vir die effektiewe bestuur van 'n welsynsorganisasie.
Prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers word dikwels afgeskeep, foutiewelik uitgevoer en met
groot negatiwiteit bejeen.
Hierdie verkennend-beskrywende studie het ten doel om wetenskaplik gefundeerde riglyne daar te
stel vir die implementering van prestasiebeoordeling ten opsigte van maatskaplike werkers. Die doel
is nie om volledige riglyne vir elke aspek van prestasiebeoordeling daar te stel nie, maar om probleme
en leemtes vir toekomstige navorsing te identifiseer.
Agt en dertig maatskaplike werkers en vier maatskaplikewerkbestuurders se belewenisse van
prestasiebeoordeling is deur middel van vraelyste getoets en beskryf.
Dit het geblyk dat prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers ontwikkelingsgerig is en dat die
maatskaplike werkers en maatskaplikewerkbestuurders baat vind by prestasiebeoordeling. Die
maatskaplike werkers is van mening dat prestasiebeoordeling aangewend behoort te word vir die
identifisering van leemtes en ontwikkelingsareas in die professionele toerusting van maatskaplike werkers. Aanbevelings ten opsigte van aspekte wat vir verdere navorsing oorweeg kan word, is
gemaak. / Performance appraisal is critical to the effective management of a welfare organisation. Performance
appraisal of social workers are often neglected, implemented incorrectly or regarded within a negative
light.
This exploratory/ descriptive study aims to set scientifically grounded guidelines for the implementation
of performance appraisal with regard to social workers. The aim is not to provide
comprehensive guidelines regarding every aspect of perforance appraisal, but to identify gaps and
problems which may be studied in future research.
Through questionnaires the perceptions of performance appraisal by 38 social workers and four
social work managers were tested and described.
It seemed that performance appraisal of social workers is geared towards development, and that
social workers and social work managers do benefit from performance appraisal. Social workers
were of the opinion that performance appraisal should be employed to identify gaps and development
areas in equipping social workers professionally.
Recommendations are made regarding aspects for further research / Social Work / M. Diac. (Maatskaplike Werk-rigting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17246
Date11 1900
CreatorsLouw, Karen Louise
ContributorsMalherbe, Blanche Regina
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (x, 170, 20 leaves)

Page generated in 0.0752 seconds