Return to search

Kritiese suksesfaktore vir entrepreneursukses in klein- en mediumsakeondernemings met spesifieke verwysing na die Weskusstreek van Suid-Afrika

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: At present the population in South Africa continues to grow at a higher rate than
the rate of job creation. Traditional sources of job creation, such as large
enterprises and state departments, are unable to provide enough jobs to combat
the increasing rate of unemployment. An important component of the
government's effort to address the unemployment problem, should be the
emphasis on the development of entrepreneurship. In a study done in Bulgaria by
Bartlett and Rangelava the contribution of small business to job creation became
clear. Bulgaria, like South Africa, is also plagued by a high rate of unemployment
(1997: 330). As the small business is seen as the natural port of entry for the
entrepreneur to the business world, it would only be logical if efforts to encourage
entrepreneurship are focussed on small business development.
In essence entrepreneurial activity can be regarded initially as a local
phenomenon which then spreads to the larger economy. In this regard research
suggested that a mega event in a local context might result in an increase in
entrepreneurial activity. The development of the Saldanha Steel project could be
seen as an example of such a mega event in the West Coast region. This event
inevitably led to an increase in entrepreneurial activity, which manifested in the
establishment of many formal and informal businesses.
At the completion of the project, however, few businesses survived. This raises
the question whether the opportunity perceived by the mega event rather than the
market on the long term initiated the decision to start-up. In this study it will be
argued that the businesses that survived the so-called mega event were started
as a result of long-term market considerations characterized by the critical
success factors underlying an entrepreneurial decision. The objective of this
research is to prove that the critical factors for entrepreneurial success play a
more important role in eventual success and survival of the enterprise than the opportunistic entrepreneurial behavior sparked by a mega event only.
Consequently the critical success factors for entrepreneurial success of
businesses established in anticipation of the mega event that survived and
surviving businesses established in the ten year period prior to the mega event,
will be compared in order to test the hypothesis. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Tans is die bevolkingsaanwas in Suid-Afrika hoër as wat die toename in die
skepping van werksgeleenthede is. Tradisionele bronne vir werkskepping, soos
groot sakeondernemings en staatsdepartemente, kan nie voldoende
werksgeleenthede skep om die toename in werkloosheid teë te werk nie. 'n
Belangrike komponent in die regering se poging om die werkloosheidprobleem
aan te spreek, behoort 'n fokus op die ontwikkeling van entrepreneurskap te
wees. 'n Studie wat deur Bartlett en Rangelova in Bulgarye gedoen is, toon
duidelik dat klein- en mediumsakeondernemings 'n bydrae tot werkverskaffing
lewer. Bulgarye, soos Suid-Afrika, is ook die prooi van 'n hoë werkloosheidsyfer
(1997: 330). Kleinsakeondernemings word beskou as die natuurlike deurgang vir
die entrepreneur tot die sakewêreld en dit sou net logies wees om pogings om
entrepreneurskap aan te moedig, op die ontwikkeling van klein
sakeondernemings te fokus.
In wese kan entrepreneursaktiwiteite beskou word as 'n aanvanklike plaaslike
verskynsel wat geleidelik uitbrei na die groter ekonomiese sektor. Navorsing
suggereer, derhalwe, dat 'n grootskaalse gebeurtenis binne plaaslike konteks kan
lei tot 'n toename in entrepreneursaktiwiteite. Die ontwikkeling van die Saldanha
Staal-projek kan beskou word as sodanige gebeurtenis in die Weskusstreek.
Hierdie projek het onvermydelik tot 'n toename in entrepreneursaktiwiteite gelei
wat in die vestiging van verskeie formele en informele sakeondernemings
gemanifesteer het.
Na voltooiing van die projek het min van die ondernemings egter bly
voortbestaan. Dit laat die vraag ontstaan of dit die potensiële geleentheid van
hierdie grootskaalse gebeurtenis, eerder as die langtermyn mark is wat hierdie
ondernemingsbesluite geïnisieer het. In hierdie studie sal daar van die standpunt uitgegaan word dat die ondernemings wat die grootskaalse gebeurtenis oorleef
het, die is wat die resultaat van langtermyn markoorwegings was en gekenmerk is
deur kritiese suksesfaktore onderliggend aan 'n entrepreneursbesluit. Die doel
van hierdie navorsing is om te bewys dat die kritiese suksesfaktore vir
entrepreneursukses 'n belangriker rol in die uiteindelike sukses en oorlewing van
'n onderneming speel as die opportunistiese entrepreneursgedrag wat slegs deur
'n grootskaalse gebeurtenis aangevuur is. Om die hipotese te toets sal daar 'n
vergelyking getref word tussen die kritiese suksesfaktore vir entrepreneursukses
van ondernemings wat in afwagting van die grootskaalse gebeurtenis begin is en
nog bestaan, en dié van ondernemings wat in die tien jaar periode voor die
verwagte gebeurtenis begin is en nog bestaan.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51815
Date12 1900
CreatorsStrydom, Gizelle
ContributorsO'Neill, R. C., Stellenbosch University. Faculty of Economic & Management Sciences . Dept. of Business Management .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format98 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.003 seconds